kategorieë: VerhoudingsGesondheid

Is hy (of jy) hiperseksueel?

Minder as tien uit elke honderd mense het ’n groot seksuele aptyt, en is meer as vier keer per week seksueel aktief. Die meeste van hulle is doodnormaal, doen niemand skade nie en verskaf hulself en hul maat baie seksuele genot. Maar ’n subgroep van die seksueel meer aktiewes is hiperseksueel – mense wie se groter aptyt ernstige probleme veroorsaak vir hulself en vir ander mense.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit kan dui op breinskade soos veroorsaak deur sekere breinsiektes waar die voorste breinlob aangetas is. Trouens, dit is van die vroeë tekens van Alzheimersiekte en Pick se Demensie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ander toestande waar oordrewe seksbewustheid ’n teken is, sluit in bipolêre depressie en epilepsie. Mense wat verslaaf is aan kokaïen of tik, is dikwels ook buitengewoon seksueel aktief.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Daarom is dit belangrik om uit te vind of jou maat se seksuele belangstelling – of joune – normaal is of probleme skep.

Toets met ons aftiklys.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nota
Dit is gerig op mense met ’n groter libido, met seks meer as vier keer per week in een of ander vorm, van werklike seks tot sexting, masturbasie, pornografie, foonseks, digitale seks, ontkleeklubs en so aan.

Vraelys vir hiperseksualiteit

Ons het dr Eloïse Reid, psigiater by die Akeso Kliniek in Milnerton, gevra om vir ons hierdie vraelys op te stel.

Antwoord eerlik op die volgende vrae:

_ Stel hy (of jy) deesdae meer as ooit vantevore in seks belang? Is dit ’n nuwe ding vir hom?
_ Is hy gediagnoseer met epilepsie, bipolêre depressie, Alzheimersiekte, Parkinsonsiekte, of enige ander siekte wat met die brein of gemoed verband hou?
_ Stel hy net met tye intens in seks belang?
_Gebruik hy medikasie en is jy meer seksueel terwyl jy daarop is, soos vir Parkinsonsiekte en hiperaktiwiteit (AAHS)
_ Neem sy aksies soveel tyd in beslag dat sy werk daaronder lei?
_ Veroorsaak dit spanning in sy verhoudings? Het ’n maat hom al hieroor verlaat?
_ Beskuldig sy maat hom van onvanpaste seks?
_ Steek hy sy seksuele aktiwiteite weg?
_ Is sy seksualiteit vir hom bevredigend of veroorsaak dit vir hom stres en angs?
_ Veroorsaak stres dat hy selfs meer seksueel is?
_ As hy baie stres het wend hy hom tot seks as verligting, eerder as om die probleem op te los?
_ Waag hy kanse met sy soort seks, soos dat hy hom bloot stel aan vigs of ander seksueel gedraagde siektes (STDs), of aangekla kan word van molestering of seksuele oortredings?
_ Het hy al probeer om minder seksueel aktief te wees maar hy kry dit nie reg nie?
_ Voel hy skuldig of skaam oor sy seksualiteit?

Die telling

Ja op enige van die vrae kan op ’n probleem dui. Laat ’n dokter of psigiater jou help om die situasie uit te sorteer.

Lees ook: Wat mans by ons oor seks wil weet

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.