6 Maniere om langer en lekkerder te lewe

6 Maniere om langer en lekkerder te lewe  deur Anet Schoeman. Hooffoto: iStock/wundervisuals

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit maak nie saak hoe jy walgooi en regtrek nie, die ouderdom haal almal in. Tans is die gemiddelde lewensverwagting wêreldwyd 71,4 jaar, teenoor die 47 jaar wat die gemiddelde Amerikaner in 1900 sou haal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Mediese vooruitgang, beter voeding en entstowwe het ’n groot rol gespeel om die kersies op ons verjaarsdagkoek te vermeerder. Is die geheim ’n veilige lewe met ’n ellelange lys moets en moenies? Klaarblyklik nie. Wetenskaplikes sê ons leef langer as ons gelukkig is en ’n positiewe uitkyk het. En dat balans ’n beter maatstaf as die wette van die Mede en Perse is vir ’n langer en lekkerder lewe.

iStock/Halfpoint

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1 Maak kos jou vriend

As jy kers opsteek by gemeenskappe wat die oudste word, is gesonde eetgewoontes en ’n gesonde gewig ’n gemene deler. Tog sê Kathryn Green, kliniese dieetkundige in Morningside, Johannesburg, dis selde die kos wat mense vet maak, eerder die ongesonde verhouding wat hulle met kos het.

“Ek vra dadelik vir mense wat hul stokperdjies is en kry hulle om hul fokus van kos te verskuif na iets wat hulle geniet. ’n Onverbiddelike eetplan is selde op lang termyn suksesvol en deur die leisels effens te verslap, kry mense beter resultate. Wanneer jy lewensgehalte inboet, hou mense nie met ’n eetplan vol nie. Kyk holisties na wat jy eet, eerder as om vreemde mode-diëte te volg en ’n ongesonde verhouding met kos te hê. Deur jou van sekere kos te onthou, raak jy behep daarmee en wanneer jy oortree, het jy skuldgevoelens en negatiewe verbintenisse met kos.”

Kathryn sê daar is geen verbode eetgoed nie, maar dat mense moet ligloop vir verfynde suiker en versadigde vette. “Dis ’n goeie riglyn om te fokus op regte, eerlike kos wat nie geprosesseer is nie. As jy nou en dan ’n wegneemete kry, of sjokolade en soetgoed eet, is dit nie die einde van die wêreld nie. Wees realisties oor die energiewaarde van kos. Die ironie is dat sekere restaurantslaaie 3 500 kJ bevat, drie keer soveel as ’n wegneem-hamburger (1 100 kJ).”

Eet ontbyt. Dié goeie gewoonte gee jou genoeg energie vir die res van die dag. Dit keer ook dat jy heeltyd moeg en honger voel en later in die dag swak koskeuses maak omdat jy desperaat van die honger is.

As dit ’n gestoei afgee om by jou ideale gewig te bly moet jy weer dink. Ons almal is verskillend en daar bestaan nie iets soos ’n vasgestelde “ideale gewig” nie. Kathryn sê dat klimtol-gewigsbeheer (yo-yo dieting) ’n euwel is wat vermy moet word. Die mikpunt is ’n gesonde, gelukkige en vervulde lewe.

Uit navorsing wat gedoen is onder ’n groep vyftigplusser-vroue wat binne die raamwerk van normale gewig geval het, het dit geblyk dat dié wat meer as drie keer 4,5 kg verloor en weer aangesit het, sowat drie keer meer geneig was om skielik aan hul hart te sterf.

#rrWenk: Doen dit:

  • Bly weg van mode-diëte, duur kosfoefies wat die ewige lewe belowe, en geprosesseerde kos.
  • Moenie kos as straf en beloning gebruik nie.
  • Eet ontbyt.
  • Kry ’n gewig wat jy kan handhaaf, eerder as om gedurig klimtol-gewigsbeheer toe te pas.

iStock/gilaxia

Lees ook: 41 ander woorde vir suiker op kosetikette

Kry jou onderbewuste aan jou kant

2 Oefening bly die beste medisyne

Oefening is die belangrikste komponent wat onafhanklikheid en gesondheid in jou goue jare verseker. Uit ’n studie aan die Yale-universiteit het dit geblyk dat onaktiewe bejaardes ná ’n oefenprogram wat stap en kragoefeninge ingesluit het, 25% minder tyd deurgebring het met beserings en beperkings as dié wat nie geoefen  het nie.

En die goeie nuus is dat jy nie ’n driekampatleet hoef te wees om hierdie gesondheidsvoordeel te geniet nie. Inteendeel, matigheid is die wagwoord.

“Die beginsels vir goeie gesondheid en oefening is matige en gereelde oefening, en om ekstreme oefening te vermy,” sê Steve Saunders van Performance through Science, ’n man wat al menige SA fietsrykampioen afgerig het. “Ons kyk met bewondering na topdriekamp-atlete, maar eintlik is hulle net die gelukkiges wat besering en ooroefening van ’n ekstreme sport oorleef het. Gereelde stap bly jou heel beste oefening.”

Ekstreme oefening verhoog die spanning op jou liggaam wat tot die vrystelling van die streshormoon kortisol lei. Dit kan verskeie prosesse in jou liggaam versteur en die moontlikheid van talle gesondheidsprobleme vergroot.

“Dis wel nodig om uit jou gemaksone te kom as jy wil vorder en dit is goed om jou hartklop met oefening matig op te stoot. En die ander belangrike element? Maak seker jy het pret.

Kyk hoe kinders oefening kry terwyl hulle speel en hoe lekker en gelukkig dit hulle laat voel. Probeer dieselfde met jou oefening vermag. Kry iets waarvan jy hou, soos dansklasse sodat beweging lekker is. Oefening laat jou ook goed voel en bied die geleentheid om te sosialiseer as jy alleen is, of alleentyd as jy gedurig deur mense omring is.”

#rrWenk: Doen dit:

  • Raak meer aktief en moenie ure voor jou rekenaar en die televisie deurbring nie.
  • Vermy ekstreme oefening waar jou liggaam heeltyd onder spanning verkeer wat jou kortisolvlakke opjaag.
  • Stap elke dag of doen oefening wat jy geniet.
  • Stoot jou hartklop vir kort rukkies op om jou kardiovaskulêre fiksheid en gesondheid te verbeter.

iStock/FatCamera

Lees ook: Swem is uitstekende oefening

28-dag oefenprogram vir beginner-fietsryers

4 redes hoekom dit belangrik is om rugoefeninge te doen

3 Wat van ’n wyntjie?

Nie alle wetenskaplikes stem saam nie, maar uit sommige studies het dit geblyk dat negentigjariges wat matig alkohol gebruik, langer as geheelonthouers leef. Dieselfde geld koffie.

Dr. Claudia Kawas, ’n professor in neurologie, het die 90+Study gelei wat onder 1 800 negentigjariges gedoen is. “Ek kan dit nie verduidelik nie, maar ek glo vas dat matige alkoholgebruik met langlewendheid verband hou,” het sy vroeg in 2018 by ’n bespreking van die voorlopige resultate van die studie gesê. Onthou, die klem val op matigheid.

#rrWenk: Doen dit: Matige alkoholgebruik kan ’n voordeel inhou. Dit beteken nie dat jy nou moet begin drink as jy nie tot dusver gedrink het nie.

iStock/AleksandarNakic

Lees ook: Wanneer is nog een glasie wyn te veel?

Vonkelwyn-en-bessie-lollies

4 Wees lui

Ons is ’n samelewing wat beswaarlik kan stilsit en niks doen nie. Kyk maar hoe die selfone uitkom om nuus, e-posse en boodskappe te lees wanneer mense niks het om te doen nie.

Kenners sê ons is altyd gefokus – selfs wanneer ons ontspan – en ons gee ons brein selde ’n kans om tot rus te kom. Deur gefokus te bly, put jy jou prefrontale korteks in jou brein uit en ly jou besluitneming daaronder, wat jou swak keuses kan laat maak.

Deur jou brein ’n blaaskans te gee, verhoog jy jou kreatiwiteit en kan jy beter planne maak om probleme op te los wat jou magteloos en gestres laat voel. Dis alles dinge wat jou gesondheid negatief kan beïnvloed.

#rrWenk: Doen dit: Gee jou brein ’n blaaskans en klim van die hamsterwieletjie af.

iStock/MundusImages

Lees ook: 7 maniere om werklik te ontspan

10 wenke teen stres wat werk

70 topwenke vir geluk

Wees nou gelukkig

5 Word kwaad

Sielkundiges sê lankal dat onderdrukte emosies sy tol op jou geestesgesondheid eis. Hierdie chroniese stres lei tot verhoogde vlakke van die streshormoon kortisol en verlaag vlakke van serotonien en dopamien, jou goedvoel-neurogeleiers, wat op die lang duur die risiko op depressie verhoog.

Maar daar is goeie en slegte maniere om kwaad te word. Voete stamp, gil en skree lyk dalk indrukwekkend, maar dit kan jou net meer ontstel – en ander vermaak as dit in die openbaar geskied.

Aristoteles het eeue gelede gesê dit is maklik om kwaad te word, maar dis ’n kuns om kwaad te word vir die regte mens, in die regte mate, op die regte tyd, om die regte rede, en op die regte manier.

#rrWenk: Doen dit: Voor jy volgende keer jou hartklop en bloeddruk gevaarlik opstoot deur dramaties kwaad te word (of dit met bitterheid onderdruk), dink oor die Griekse filosoof se wyse woorde en doen dit anders.

iStock/struvictory

Lees ook: Kry stres jou onder?

6 Denkpatrone om voor versigtig te wees

Sit stres op sy plek!

Die gevaar van stres

6 Jy is so oud soos jy voel

Die sielkundige Ellen Langer het in 1979 ’n groep van agt mans in hul sewentigerjare vir ’n week na 1959 terugverplaas. Die studie is in ’n klooster gedoen waar die hele omgewing verander is met meubels uit dié era. Dit het televisies en radio’s ingesluit wat programme en musiek van twintig jaar tevore gespeel het. Daar was geen spieëls nie en hulle mag nie oor dinge gesels het wat ná 1959 gebeur het nie. Die mans is ook behandel asof hulle jonk is en geen hulp is aangebied om hul tasse te dra nie. Maak ’n plan, het dr. Langer gesê, al moet jy jou klere stuk vir stuk na jou kamer dra. Kort voor lank het die mans hul eie keuses begin maak en ook hul eie kos gemaak. Ná ’n week het van hulle se gehoor en oë verbeter, dié wat nie hul tasse kon indra nie, kon dit uitdra, en van hulle het sonder hul kieries geloop. Hulle het ook beter in byna elke fisieke en kognitiewe toets gevaar.

#rrWenk: Doen dit:

  • Moenie jouself oud dink en oorgee nie.
  • Sosialiseer ook met jonger mense.
  • Durf nuwe dinge aan en vergeet van jou ouderdom.

iStock/shapecharge

Lees ook: Te oud vir oefening? Dink weer!

Oefen jouself jonger

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

9 mins Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

17 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

21 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

1 day Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

2 days Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.