kategorieë: Gesondheid

Is jou noodhulptassie gepak?

10 noodsaaklikhede vir jou noodhulptassie

1. Bewegingsiek – of naarpille
Hierdie is baie belangrik aangesien daar niks erger is as om jou vakansie met ’n naar gevoel op jou maag te begin nie. Hierdie tipe medikasie is beskikbaar in tablet- en stroopvorm.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees ook: Die beste raad vir reisnaarheid

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2. Antiseptiese rome, verbande en pleisters
Vir kleiner sny- en skaafwonde is hierdie drie items noodsaaklik. Pak ’n botteltjie antiseptiese sproeimiddels of -lappies wat maklik is om te gebruik wanneer jy aan die gang is. Enige noodhulptassie moet altyd ’n versameling pleisters, steriele gaasverbande, verbande, mediese kleefband en natuurlik ook handskoene bevat. Vra ’n apteker om jou te help om hierdie items te kies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Die regte noodhulpkissie kan ’n lewe red

3. Brandwondstelletjies en -dekverbande
Dis belangrik om jel vir brandwonde in jou noodhulptassie te hê. Hierdie jel is steriel en baie strelend vir minder ernstige brand- of skroeiwonde. Moet nooit botter aan ’n wond smeer nie en moenie brandblase bars nie. As die brandwond oor ’n groot area op jou liggaam strek of diepliggend is, kry dringend mediese hulp.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: 5 slim truuks met ’n teesakkie

4. Skêr, haakspelde en haartangetjie
’n Skêr en haakspelde is ideaal om verbande te knip en vas te bind. Haartangetjies help om splinters te verwyder. Indien jy vlieg, onthou dat hierdie items nie in jou handbagasie aanvaar sal word nie, so pak dit eerder in jou tas wat in die bagasieruim gestoor word.

5. Sonroom en aftersun-produkte
Dit is noodsaaklik om jou vel behoorlik van die son te beskerm. Gebruik ’n room wat ’n SBF van minstens 20 bevat en onthou ’n nasorgproduk (aftersun) indien iemand sonbrand opgedoen het.

Lees ook: Kies die regte sonbrandroom vir jou kinders

Lees ook: Sonroom-wenke vir die somer

6. Rehidrasie-sakkies en teen-diarreetablette
Dehidrasie gebeur vinnig en skielik en kan verswakkend wees, veral by klein kindertjies of as jy diarree het en naar is. Teen-diarree-medikasie wat oor die toonbank beskikbaar is kan die simptome van diarree en ’n ontstelde maag verlig, maar jy word aangeraai om dit slegs as volwassene te gebruik. Kinders wat diarree of naarheid ervaar se simptome moet eerder bestuur word met rehidrasie. Indien hierdie simptome vir ’n geruime tyd aanhou of baie ernstig ervaar word, moet jy by ’n dokter uitkom.

Lees ook: Alles wat jy van dehidrasie moet weet

7. Pynmedikasie
Pynmedikasie kom voor in baie vorms en is geskik vir gevalle wanneer iemand pyn ervaar of koorstig is. Persone wat lewerprobleme, parasetamolallergieë of op chroniese medikasie is, moet hul dokter spreek om seker te maak dat die regte pynmedikasie gebruik word: parasetamol kan baie negatiewe reaksies ontlok.

Lees ook: Hoekom vroue makliker verslaaf raak aan pynpille

8. Insekweerder
Vermy insekbyte en muskietsteke deur insekweerder te dra, veral saans wanneer hulle meer geneig is om te byt. Alhoewel jy ook malariapille in malaria-gevaarareas moet neem, help insekweerders (veral dié met DET) om byte te voorkom.

Lees ook: Systap vakansieskete

Lees ook: Die tekens van malaria

9. Anti-histamien
Anti-histamien, wat oor die toonbank gekoop kan word in stroop- of tabletvorms, word gebruik om hooikoors te behandel en is ook effektief om die jeukerigheid en inflammasie te verminder wat veroorsaak word deur kontakallergieë en insekbyte.

Lees ook: 21 items vir jou noodhulptassie

10. Voorskrif- en chroniese medikasie
Indien jy chroniese medikasie, soos bloeddrukpille of ’n asmapompie gebruik, maak seker dat jy genoeg daarvan inpak vir die tyd wat jy weg sal wees. Dis belangrik om afskrifte van jou voorskrif saam te neem aangesien jy dit dalk nodig kan kry as jy oor landsgrense ry en sodat jy herhalings in die hande kan kry indien jou medisyne tydens jou vakansie opraak, of as die tasse waarin die medisyne vervoer word, wegraak. Dis ook ’n slim plan om foto’s van die verpakking van jou voorskrifmedisyne te neem sodat jy vir dokters en aptekers kan wys indien nodig. Om ’n apteker te vertel dat jy ’n wit pilletjie vir jou hart drink gaan nie veel help as julle medisyne probeer uitken nie.

5 dinge om in ag te neem wanneer jy reis

1. Onwettige medikasie
Indien jy internasionale reise meemaak is dit wys om op te lees oor die spesifieke lande se reëls rondom medikasie voordat jy medisyne in daardie land inneem. Sekere klasse van medikasie kan onwettig geag word in sekere lande, so jy sal ’n brief moet kry van jou dokter wat die voorskrif verduidelik.

2. Inentings
Voordat jy iewers heen reis, maak seker dat jy die nodige inentings het vir die streek wat jy betree. Sekere lande sal jou nie toelaat om hul grense te betree as jy nie die korrekte inentings binne die regte tydperk gekry het nie.

3. Reisversekering
Maak altyd seker dat jy reisversekering uitgeneem het indien jy buite die landsgrense reis. Dit sal verseker dat jy die bes moontlike behandeling ontvan indien jy siek raak of in ’n ongeluk beland wat behandeling in ’n hospitaal of mediese sentrum benodig.

4. Noodnommers
Doen navorsing oor jou reisbestemming en kry nommers van plaaslike dokters, hospitale, vergiftifingsnoodlynnommers, ambulanse, pediaters, ens.

5. Plaaslike apteke
Aptekers is altyd gretig om te help. In meeste Suid-Afrikaanse dorpe sal jy ’n plaaslike apteek vind met ’n apteker wat graag sal raad gee en jou help indien jy mediese raad benodig, voorskrifte moet optel en medikasie oor die toonbank wil koop.

Lees ook: Die regte noodhulpkissie kan ’n lewe red

Lees ook: Aspirien is wondermiddels, mits …

Inligting verskaf deur die Onafhanklike Gemeenskaplike Aptekersvereniging

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

31 mins Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

23 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.