kategorieë: Leef gesondGesondheid

Is jy ’n suikerverslaafde?

Met soetgoed  bedoel ons: suiker, lekkergoed, sjokolade, koek, koekies, terte, beskuit, vrugtesap, versoete water, kraakskyfies, brood, pasta, pizza, beskuit, kondensmelk, fudge, klapperys, pasteitjies, souttert … al die wit en verfynde stysels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Antwoord die volgende 13 vrae (eerlik) en vind uit of jy ’n verslawing het

1 As jy soetgoed eet, ervaar jy ’n intense gevoel van plesier?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2 As jy terugdink, sal jy sê dat jy eens soetgoed in klein hoeveelhede gebruik het, teenoor nou?

3 Gebruik jy al meer suiker?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

4 Gebruik jy baie meer suiker as ander mense?

5 Maak jy of ander mense opmerkings daaroor dat jy regtig lief is vir soetgoed of soutgoed?

6 As jy afskaal met soetgoed (soos wanneer jy dieet), smag jy daarna?

7 Gaan die “verlange” na ’n paar weke weg?

8 As jy dan weer iets soet eet, is dit asof jy jou vergryp en net nie kan ophou nie?

9 Eet jy gewoonlik normaal maar soms vergryp jy jou totaal? Asof jy eet sonder dat jy werklik proe? Asof jy onbeheerbaar instop?

10 Sal jy aanhou soetgoed eet, selfs al voel jy naar en siek daarvan?

11 Eet jy skelm soetgoed sodat ander nie moet sien hoeveel jy eet nie?

12 Steek jy soetgoed weg, sodat jy altyd iewers ’n noodvoorraad het?

13 Voel jy paniekerig as daar geen soetgoed beskikbaar is nie?

Interpretasie

Hoeveel dui op ’n probleem?

Tyd en navorsing sal nog leer of ons werklik aan suiker verslaaf kan raak. Dalk is dit eerder ’n impulsbeheersteuring, of  ’n moderne variasie van eetsteurings, of dalk selfmedikasie vir depressie. Of dalk is jy maar net iemand met ’n sterk voorliefde vir soetgoed. As suiker jou lewe oorheers, moenie sommer net besluit jy is ’n suikerverslaafde nie. Gaan gesels met ’n sielkundige wat daarmee werk.

Kontak: Dr. Annelie van Breda 021 976 9211

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

10 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.