kategorieë: In die nuusJou lewe

Is jy uitgebrand?

“Daar is verskeie faktore wat tot uitbranding kan lei. Dit lyk of die werkplek die sleutel van uitbranding is,” sê dr Anthony Koller, spesialis psigiater by die Akeso Psigiatriese Kliniek Groep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Mense wat onder druk, en met ander mense werk het ’n hoë risiko. Interpersoonlike verhoudings is dikwels intens en emosionele stressors.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daar is ander werk-verwante veranderlikes wat verband hou met uitbranding, soos ’n baie groot werklading en lang ure. Moeilik of gespanne verhoudings met kollegas kan ook bydra. Die persoonlike eienskappe van die werknemer en die aard van sy persoonlike verhoudings speel ook ’n rol.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit is nie net stressors by die werk wat tot uitbranding lei nie. Dit hang af in watter stadium van uitbranding die werker self is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Simptome

Die klassieke simptome van uitbranding sluit in emosionele uitputting, sinisme en verminderde persoonlike vervulling.

Emosionele uitputting vind plaas as al jou emosionele reserwes uitgeput is en jy voel jy kan niks meer gee nie. Dit lei tot ’n gevoel van intense geestelike en fisiese moegheid. Sinisme verwys na die onverwags harde, emosielose en onverskillige wyse waarop ’n persoon met uitbranding begin om hul kliënte en/of geliefdes te behandel. Verlaagde persoonlike vervulling ontwikkel uiteindelik in die uitgebrande persoon en hy begin onbevoegd, ontoereikend en oneffektief voel om sy werk te doen,” sê dr Koller.

Effekte

’n Werknemer sal van nature probeer om sy situasie te verander en die eise van die werksomgewing kan hom emosioneel en fisiek uitbrand.

“Iemand met ’n groot werklading sal langer ure werk. Dit kan lei tot minder tyd vir fisiese oefening, om gesonde eetgewoontes te beoefen, om genoeg te slaap, om aan chroniese gesondheidstoestande aandag te gee, om aan verhoudings aandag te gee en dit kan ook lei tot misbruik van middels soos voorskrif-medikasie. Al hierdie dinge breek stadig die belangrike reserwes van die individu af en hy kan nie meer ’n gesonde geestelike toestand  handhaaf nie. ”

Beroepe

Uitbranding kom die hoogste voor by werkers in gesondheidsorg, mense wat ’n versorging-rol vervul, asook mense in onderrig.

“In dié beroepe is daar voortdurende emosioneel veeleisende interaksie met ander mense. Maar uitbranding kan ook voorkom in ander beroepe. Vyf beroepsektore wat ’n hoër risiko inhou, is onderrig, maatskaplike dienste, mediese- en geestesgesondheid en wetstoepassing, meen hy.

SA statistieke

“Dit is moeilik om die presiese getalle van uitbranding onder Suid-Afrikaanse professionele werkers vas te stel. Maar data van die gesondheidsorg-sektor dui aan die aantal Suid-Afrikaanse dokters wat aan uitbranding ly, is soortgelyk, en in baie gevalle erger, as hul mediese kollegas in die buiteland.

Behandeling

“Voorkoming is beter as genesing,” beklemtoon dr Koller.

Baie maatskappye, korporasies, hospitale en skole besef nou dat die werksomgewing wat hulle vir die werknemer skep, uitbranding kan voorkom. Dit is in hul eie ekonomiese belang om hul werksmag gelukkig te behou.

’n Positiewe werksomgewing bevorder werknemers se werk-lewe-balans.

Werkers met eindstadium-uitbranding moet mediese hulp soek. Dit kan soortgelyk wees aan erge depressie en ’n kombinasie van medikasie, psigoterapie en rus sal nodig wees.

Herstel en terugval

Behoorlike mediese behandeling is nodig, maar die herstel hang af van die gevorderdheid van die uitbranding.

Uitbranding is ’n waarskuwingsteken dat daar ’n gebrek is aan balans tussen ’n mens se werksomgewing en jouself. Ongelukkig keer werkers baie keer terug na dieselfde werksomgewing en kan uitbranding weer voorkom.

Soms is ’n loopbaanverandering nodig as jou werksomgewing jou benadeel, sê hy.

Wenke om dit te bestuur / om uitbranding te voorkom

• Maak seker jy slaap genoeg.

• Maak tyd vir gereelde kardiovaskulêre en gewigdraende oefening.

• Eet gereeld gesonde maaltye.

• Bestee tyd saam met geliefdes en kweek lonende vriendskappe.

• Moenie skaam wees om te erken wanneer dinge te moeilik geword het vir jou om te hanteer nie en vra vir hulp, vroeër eerder as later.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.