kategorieë: Nuut & NouKos

Is organiese kos te duur vir SA?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Is die prys van organiese kos die enigste maatstaf ?

Volgens Glenda Moore van die Bryanston Organiese en Natuurlike Mark, is die werklike koste van om NIE organies te eet nie (as jy voedsel eet wat aan chemikalieë blootgestel word), verskuil.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hier is ’n paar voorbeelde:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• Chemikalieë wat gebruik word om die grond te bemes en om onkruid en peste te elimineer, bly as giftige oorblyfsels in en op ons kos en dit veroorsaak verskeie gesondheidsprobleme. “Die werklike vraag is nie of organiese kos te duur is nie, maar of ons kan bekostig om nie organies te eet nie” sê Moore.

• Kos wat aan chemikalieë blootgestel is, is minder voedsaam. In ’n onlangse studie wat in die British Journal of Nutrition gepubliseer is, is 343 studies ontleed en bevind dat konvensionele gewasse aansienlik laer vlakke van voedingstowwe en anti-oksidante bevat as organiese gewasse.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Plaagdoders en insekdoders maak voor die voet peste asook hul natuurlike vyande dood. En hulle maak die insekte dood wat nodig is om die wêreld se kos te bestuif, soos bye en skoenlappers.

• Die wêreld het nou super-onkruid en super-gogga-onkruid en goggas wat weerstand toon teen chemikalieë wat in die industriële landbou gebruik word. Dit gebeur op dieselfde wyse as wat mens bakterieë kry wat besig is om weerstand teen antibiotika op te bou.

• Chemikalieë put die grond uit wat homself andersins natuurlik self sou herstel. Dit dwing boere om toenemende hoeveelhede chemiese kunsmis te gebruik om die grond vrugbaar te hou.

• Die Amerikaanse Departement van Landbou het daarop gewys dat die gemiddelde groente wat nou op plase gekweek word byna geeneen van die noodsaaklike minerale bevat wat groente 50 jaar gelede bevat het nie. Dit word veroorsaak omdat die spoorminerale uit die grond verwyder is en deur chemikalieë vernietig is.

• Industriële vleis- en suiwelboerdery dra nie net by tot lugbesoedeling en klimaatsverandering nie, maar ook tot die mens se swak gesondheid weens antibiotika, groeihormone en ander dier-byprodukte wat uiteindelik in die dieet beland.

• Industriële landbou het katastrofiese gevolge op die watergehalte wêreldwyd en bedreig ook ’n wye verskeidenheid van wild, insluitend voëls, visse en insekte.

• Industriële plase groei een gewas op ’n keer – en gewoonlik slegs dié met die hoogste opbrengs. Dit staan bekend as mono-verbouing. Die gevolg, volgens die Voedsel- en Landbou-organisasie, het ’n verlies van sowat 75% aan plant-genetiese diversiteit in die geïndustrialiseerde wêreld in die laaste 100 jaar veroorsaak.

• Industriële, chemiese-gebaseerde landbou het baie klein plase uitgeskakel wat nie met ’n groot landbou-besigheid kan meeding nie.

Dit is die industriële stelsel van voedsel-verbouing wat gebaseer is op tegnologie wat in wese chemiese maatskappye in beheer van ons voedselproduksie geplaas het. “Laat dit vir ’n minuut insink,” sê Moore.

“Dit het met ’n suksesvolle onkruiddoder begin. Sade is daarna geneties gemanipuleer om toenemende dosisse van die onkruiddoder te weerstaan. Dit is die basis van die huidige GMO voedsel wat deur chemiese maatskappye ontwerp is. Boere wat by hierdie stelsel ingeskakel is, moet ’n portefeulje van chemikalieë koop: onkruiddoders, insekdoders, pesbestryders en swamdoders. Dit is ’n briljante sakemodel wat nie die mensdom dien nie.”

Die aktiewe bestanddeel van hierdie spesifieke onkruiddoder bevat glifosaat, wat in Maart 2015 deur die World Health Organization as ’n waarskynlike menslike karsinogeen geïdentifiseer is.

“Dit is ’n stelsel wat uit voeling is met die natuur. Wat ons nodig het, en wat in SA moontlik is, is kleiner skaal regeneratiewe boerderye wat in harmonie met die natuur werk, en nie daarteen nie.”

“Wat ons nodig het is om voedsel te verbou sonder chemikalieë. ’n Manier wat alle elemente van die web van die lewe sal respekteer – insluitend werkers, insekte en diere. En wat die reëls gehoorsaam waarvolgens die natuur homself regenereer. Dit hoef nie noodwendig organies gesertifiseer te wees nie. As dit natuur-gebaseerd is, sal die beloning voedsaamheid wees wat die lewe onderhou.

n Aantal internasionale studies toon dat klein, organiese plase hektaar vir hektaar, groot, chemiese-intensiewe plase oortref in terme van opbrengs, voedingswaarde en bewaring – veral wanneer daar te veel of te min reën is, wat die nuwe norm blyk te wees.

“In teenstelling met die algemene opvatting produseer klein familieplase, wat meesal organiese boerderymetodes gebruik, tussen 70 en 80% van alle voedsel in die wêreld, aldus die U.N. se verslag oor die stand van kos en landbou in 2014. Suid-Afrika sal in staat wees om sy kosvoorraad te verseker, selfs in die aangesig van klimaatsverandering, as ons almal klein, plaaslike, organiese boere ondersteun.

“In ’n 2015-studie het die Verenigde Nasies en die Landbou-organisasie daarop gewys dat nie net kan organiese landbou die wêreld voed nie, maar dit is die enigste manier waarop ons die wêreld gaan voed,” meen Moore.

Sommige stalletjiehouers by die Bryanston Organiese en Natuurlike Mark verkoop derdeparty-gesertifiseerde organiese produkte. Die sertifisering-proses is egter onbetaalbaar vir klein en opkomende boere wat nogtans hul gewasse organies en in harmonie met die natuur verbou.

Om hierdie probleem te bowe te kom, het die mark ’n deelnemende waarborgstelsel (PGS) geïmplementeer. Dit is ’n bekostigbare organiese versekeringstelsel vir kleinboere wat die mark met organiese produkte voorsien. IFOAM Organics International – ’n sambreel-organisasie wat rofweg 800 organiese landboubewegings in meer as 100 lande verteenwoordig – ondersteun hierdie stelsels. PGS is plaaslik gefokusde gehalte-stelsels wat produsente sertifiseer gebaseer op die aktiewe deelname van belanghebbendes en is gebou op ’n fondament van vertroue, sosiale netwerke en die uitruil van kennis.

“Wanneer jy kies om natuurgebaseerde kos te eet wat eties verbou is, wat geen GMO bevat nie, wat op ’n volhoubare wyse sonder chemikalieë geproduseer is deur boere wat die gesondheid en welstand van die grond, plante, insekte, diere, die mens en die planeet, respekteer, dan sal die prys van organiese produkte daal weens die groter aanvraag

Intussen moet jy besef dat die paar rand wat jy spaar deur goedkoper nie-organiese koes te koop, neem nie die groot prys in ag wat jy en jou gesondheid en die planeet betaal nie.

*Bryanston Organic and Natural Market is geleë by 40 Culross-weg in Bryanston.
Tel: 011 7063671
Webblad: www.bryanstonorganicmarket.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.