Genoeg vir 4
olyfolie
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
1 rissie, pitte verwyder en fyn gekap (opsioneel)
2 selderystokke, gekap
2 middelslagwortels, fyn gerasper
800 g (sowat 8) Italiaanse worsies
400 g pennepasta
500 ml (1 bottel) passata (Italiaanse tamatiesous)
hand vol basiliekruid
1 Maak ’n groot kastrol drie kwart vol water en geur met ‘n knypie sout. Bring tot kookpunt.
2 Verhit solank olie in ’n groot pan oor matige hitte en soteer die uie, knoffel, rissie, seldery en wortels tot sag en ligbruin. Geur na smaak.
3 Sny die een kant van die worsies se omhulsel oop en knyp happiegroottes van die vleis uit die sakkie en laat val direk in die pan. Braai vir 5 min.
4 Voeg die pasta by die kookwater en kook volgens die aanwysings op die pak.
5 Gooi die passata by die groente en kook vir nog 5-10 min.
6 Dreineer die pasta en meng deur die passatamengsel. Strooi basiliekruid oor.