kategorieë: WenkeMode

5 items wat elke vrou in haar werksklerekas moet hê

5 items wat elke vrou in haar werksklerekas moet hê deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: Witchery

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Algehele wenk:  Hou jou werksklere in een gedeelte van jou klerekas, en verhoed daardie nommer-99-angstigheid deur vooraf te beplan wat jy die week werk toe gaan dra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die netjiese broek

’n Netjiese broek was nog altyd ’n verstekitem vir die werk-klerekas. ’n Wyepypbroek met ’n netjiese hemp is ’n modieuse opsie. Jy kan selfs jou hemp met ’n t-hemp afwissel of tekkies daarby dra – mits jou werk dit toelaat. ’n Veilige opsie, aan die ander kant, is om hakskoene of plat, netjiese aanglipskoene te dra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Hoe om jou hakskoene gemaklik te maak

Bypassende broekpakke

’n Broekpak is ’n moet-hê-item vir 2018 en ’n stapeluitrusting vir enige professionele vrou. Kies ’n stylvolle swart pak of speelse pastelkleure. As jy iets nuuts wil probeer, is ’n geruite patroon baie gewild, maar steeds stylvol en bly hoogmode vir lente en somer 2018/19. Maak net seker die baadjie en broek pas bymekaar: Die skakerings van swart stukke kan van mekaar verskil en dit veroorsaak dikwels ’n onnet voorkoms.

Lees ook: Tartan: 3 maniere vir ’n informele voorkoms

Die oorvourok

Noupassende rokke is nie vir almal nie, maar ’n vloeiende oorvourok is een van die vleiendste rokke wat ’n vrou kan besit. Dié styl is tydloos en jy kan dit maklik meer formeel stileer vir werk of oor naweke saam met sandale dra.

Lees ook: 10 wenke wat jou figuur vlei

Alles-in-een

’n Eenstuk is ook ’n goeie alternatief vir ’n rok of broekpak. Indien jy groter heupe het, moet jy seker maak dat die eenstuk se middel hooggesny is en dat dit nie te styf sit om jou heupe nie. Kies ’n styl met regaf pype wat steeds jou kurwes beklemtoon; ’n noupassende snit is nie baie beweeglik nie.

Lees ook: Vermy hierdie 5 modeglipse

Belê in jasse

Jasse is ’n verstekitem vir die winter, en ’n soldatejas (trench coat) is ’n sleutelitem vir enige seisoen. Jasse is duur, maar jy sal baie jare daaruit voordeel kan trek. Kies luukse materiaal in ’n tydlose kleur en snit. Dra dit laag-op-laag in die winter en bo-oor ’n rok in die lente. ’n Slim spaarwenk is om elke jaar in een duur jas te belê en sodoende jou jasversameling stelselmatig te vergroot.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.