Hy was al akteur, draaiboekskrywer, vervaardiger en regisseur, maar in 2018 maak Ivan Botha reg om sy skoene as aanbieder vol te staan. Dié man wat die Suid-Afrikaanse loket behoorlik aan die prut gehou het met films soos Bakgat!, Pad na jou hart en Vir Altyd gaan vanaf Februarie 2018 fliekliefhebbers op hul tone hou in die nuwe vasvra-kompetisie; FliekNET Foendies.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Dié nuwe 13 episode-reeks toets deelnemers se kennis van beide die plaaslike- en internasionale silwerskerm. Die reeks spog ook elke week met ’n bekende gas soos Leon Schuster, Regardt van der Bergh, Dann-Jacques Mouton en Franci Swanepoel. Dit is egter in die Breinbreker-rondte wat deelnemers te staan gaan kom teen mede-aanbieder, legendariese fliekkenner en resensent, Leon van Nierop.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Foto: kykNET
Die reeks is vervaardig deur Green Planet Productions (Varsity Sing! en kykNET Top 20) en is die konsep van regisseur Francois Nolte. Leon van Nierop was ook agter die skerms betrokke by die navorsing en samestelling van die vrae.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Wat sê Ivan oor hierdie nuwe uitdaging? Klik hier vir die eerste onderhoud met Ivan oor sy nuwe rol.
FliekNET Foendies word vanaf Februarie 2018 op kykNET DStv-kanaal 144 uitgesaai.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.