kategorieë: Sukses en geld

Ja, jy kan ’n werk kry!

Dis ’n wonderlike voorreg om ’n tuisbly-ma te wees as jou kinders klein is. Maar maak nie saak hoe kosbaar dit is om kinders groot te maak nie, daar kom ’n punt wanneer jy voel dat jy om ekonomiese redes, of bloot omdat jy die stimulasie van ’n werk mis, weer die arbeidsmark wil betree.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dis belangrik om jou vaardighede in ’n ewig veranderende wêreld te ontwikkel, maar dis net so belangrik om die kopskuif te maak na ’n wêreld waar jy jouself moet kan verkoop en besluite met selfvertroue neem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tog moet jy nie die mamma-skool onderskat nie; jy is dalk nie op die hoogte van die jongste ontwikkelings op jou gebied nie, maar jy leer baie van geduld, menseverhoudings en onderhandeling wanneer jy ’n huishouding behartig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

DOEN ’N KURSUS

# Raak rekenaarvaardig

Jy kan dalk ’n voorslag met e-pos en Facebook wees, maar jou rekenaarvaardigheid sal verder as dit moet strek om ’n werk te verseker. Dis ook goed om ’n kwalifikasie op jou CV te hê.
Basiese rekenaarprogramme soos Word, PowerPoint en Excel is ’n vereiste, ook e-pos-programme soos Outlook as jy om ’n administratiewe pos wil aansoek doen, sê Lawrence Wordon, besturende direkteur van Kelly.
Vir ’n beginner-rekenaarprogram wat ses maande duur en sowat R4 400 (registrasiekoste ingesluit) kos, bel Damelin by 0860 532 887 of gaan na www.damelin.co.za

# Knap jou Twitter- en Facebook-kennis op
Dit kan universele sosiale netwerke vir veral jongmense wees, maar moenie die waarde hiervan onderskat om bewusmaking van ’n produk te kry nie. Die netwerke word baie aangewend om produkte en dienste te adverteer. As jy nie tieners het om jou touwys te maak nie, kan jy stap vir stap aanwysings op google kry – tik bv. “how to create profile on twitter” in.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

# Verbeter jou kennis
By College SA kan jy ’n magdom korrespondensiekursusse doen om jou kwalifikasies te verbeter.
Daar is ook ’n toets op die webwerf waarmee jy kan vasstel watter beroepe by jou belangstellingsveld pas. Daar is ’n ellelange lys beroepe en elkeen daarvan gee al die kwalifikasies wat jy nodig het, en watter kursusse daarvoor beskikbaar is – van kindersorg en sportafrigting tot gevorderde besigheidskursusse. Bel 0800 21 23 22 of besoek www.collegesa.co.za

Damelin is ook ’n goeie opsie met deeltydse studie vir ’n graad, diploma en sertifikaat of korrespondensiekursusse. Bel 0860 532 887 of besoek www.damelin.co.za

# Watter kursus om te volg?
Jy wil nie geld bestee aan ’n kursus en dan agterkom dit is nie geskik vir die werk wat jy wil doen nie. Bel die bestuurder: menslike hulpbronne by die maatskappy waar jy wil aansoek doen en vra watter vereistes hulle aan die werk stel. Baie maatskappye bied indiensopleiding aan as jy nie die nodige vaardigheid het nie. Vind eers uit vóór jy jou sak vir ’n kursus skud.

Kry ’n voet in die deur

Waar begin jy as jy geen formele opleiding het nie?

#Kontak jou vorige werkgewer as jy in dieselfde veld wil werk. Hulle ken jou immers en weet waartoe jy in staat is. Dalk weet hulle ook van ander werkgewers wat in jou dienste sou belang stel as hulle jou nie kan akkommodeer nie.

# ’n Pos by administratiewe en oproepsentrums is gewoonlik die maklikste intreewerk omdat daar meer geleenthede in die soort werke beskikbaar is. Hierdie posisies word ook gewoonlik as ’n gulde geleentheid gesien om deel van ’n maatskappy te word. “Vra vir geleenthede om opleidingskursusse by te woon om jou vaardighede te verbeter,” sê Lawrence.

MAAK ’N KOPSKUIF

1 Verander jou houding
Maak seker dat jy jou met positiewe en realistiese mense omring. Jou familie mag eggo wat jy sê, en so word jy nooit bewus van jou foute nie. Praat met ’n mentor of buitestander en kry ’n realistieser beeld van jou tekortkominge.

2 Hou op om die slagoffer te wees

As jy jou gedurig as die slagoffer sien, gaan jy nooit die geleenthede om jou raaksien nie. Geluk val nie gewoonlik in ’n mens se skoot nie. Sogenaamde “gelukkige” mense is gewoonlik gefokus om nuwe oplossings en geleenthede te soek.

3 Poets daardie silwer randjie

# ’n Positiewe houding kan aangeleer word. Dis ’n definitiewe besluit en ’n keuse wat jy maak.

# Doen ’n oefenlopie vir ’n onderhoud met ’n buitestander en sê sy moet jou houding beoordeel. ’n Mens is selde bewus van jou eie foute. As jy baie desperaat vir die werk is, kan jy angstig lyk. Depressie en ’n siniese uitkyk kan ook as angstigheid voorkom.

# Put inspirasie uit ander se sukses. Die skrywer van die Harry Potter-reeks, J.K. Rowling, se eerste Harry Potter-boek is deur twaalf uitgewers afgekeur voor ’n baie klein uitgewer, Bloomsbury, dit aanvaar het.

# Lees boeke en kyk flieks oor mense wat groot hindernisse moes oorkom soos Oscar Pistorius se Blade Runner, of Lewis Gordon Pugh (die uithouswemmer) se boek Achieving the Impossible.

# Moet nooit ná ’n paar terugslae tou opgooi nie. Henry Ford was vyf keer bankrot voor hy sukses met die Model T Ford gehad het.

4 Lyk professioneel
’n Netjiese voorkoms is baie belangrik. Kry ’n buitestander om jou te help om ’n uitrusting te kies wat gemaklik en professioneel lyk. Jou vriende en gesin is soms te hoflik. Dit hang natuurlik van die soort werk af, maar die algemene riglyne is: Hou by eenvoudige lyne en kleure en bly weg van ’n té kort soomlyn of ’n té lae hals. Hou by min bykomstighede. As jy om ’n baie kreatiewe werk aansoek doen, geld ander reëls.

5 Doen jou huiswerk
Google die maatskappy en kry hul jaarverslag van die Internet. Stel vas hoeveel takke hulle het, wie die kompetisie is en berei vrae voor. Maak seker jy weet presies waar die plek is en daag vroeg op sodat jy jouself rustig kan regkry. Dis onmoontlik om professioneel en verantwoordelik te lyk as jy natgesweet en laat by die plek inhardloop omdat jy verdwaal het, of in die verkeer vasgesit het.

6 Verkoop jouself

Jy was dalk die afgelope tien jaar ’n huisvrou, maar ’n huisvrou bestuur ook ’n huishouding. Gebruik dit as deel van jou ervaringsveld. Moenie sê jy het geen ervaring nie, verduidelik dat jy goed onder spanning kan werk ná jy ’n huishouding met twee kleuters moes bestuur. Om drie kinders betyds by buitemuurse bedrywighede te kry leer jou tydsbeplanning, en om saam met tieners te oorleef moet jy konflik kan hanteer en leer om te onderhandel. Dus: jy het baie vaardighede wat tot voordeel van enige maatskappy aangewend kan word, hoewel jy nie in ’n kantoor gewerk het nie. Maar maak seker dat jy jou eie identiteit het, en nie net deur jou huis en gesin gedefinieer word nie. So hou die praatjies oor die gesin op ’n besigheidsvlak.

Wat van die kinders?

Probeer weggaan en jy kom agter hoeveel reëlings is nodig om jou mamma-dienste vir een dag te vervang! Jy sal moet bontstaan om die huishouding op geoliede wiele te laat loop, maar wie kyk na die kinders? Baie vroue gebruik deesdae au pairs. Dis gewoonlik studente wat deeltyds studeer wat na babas en kleuters by die huis kyk, of skoolgaande kinders smiddae rondry en selfs help met huiswerk. Die gemiddelde salaris vir inwonende au pairs is R3 500 (ses uur per dag en twee naweke per maand) en jy voorsien al die kos, voertuig en brandstof.

Die uurlikse tarief vir nie-inwonendes wissel tussen R50 en R80. Daar is verskeie webwerwe vir au pairs en sommige werk deur agent-skappe. Een wat sonder ’n fooi werk, is www.au-pairsa.co.za en werk volgens ma’s se ervaring goed. Doen persoonlike onderhoude, volg alle verwysings op en toets bestuursvaardighede.

’n Onderhoud kan jou maak of breek

Vaardighede is uiters belangrik en as jy om ’n hoogs gespesialiseerde werk aansoek doen, moet jy aan die minimum vereistes voldoen. Tog is daar baie ander aanstellings waar werkgewers bereid is om jou vir opleiding te stuur as jou persoonlikheid en selfvertroue jou van die ander kandidate onderskei.

“Selfvertroue is nie persoonlikheid nie, en kan aangeleer word. Dit kan beslis jou geheime wapen wees as jy dit reg aanwend,” sê Lesley-Ann Pedlar, ’n voorligting- sielkundige van Greenside in Johannesburg. “Dis ’n gretigheid om te leer sowel as aan te pas. Namate ons ouer word, verloor ons maklik die geesdrif, nuuskierigheid en energie van ons jeug. Wend ’n bewuste poging aan om jou kop reg in te stel sodat die entoesiasme opval.”

Gee jouself ’n klein aanmoedigingstoesprakie voor jy by ’n onderhoud instap en oortuig jouself dat jy dit kan doen. Motiveringsprekers raai mense aan om die eerste vyf minute van ’n toespraak geesdrif en selfvertroue te veins, daarna oortuig jy jouself. Dis ’n geval van “fake it till you make it”.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.