kategorieë: Sukses en geld

Jenna Clifford se wenke vir die sakevrou

Toe ek in 1959 gebore is, was die wêreld ’n heel ander plek. Barbie is in dieselfde jaar gebore. Vroue was in hul loopbaankeuses beperk en die meeste is deur die gemeenskap en hul opvoeding “gekondisioneer” om loopbane in die onderwys en verpleging te kies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Gelukkig is dit nie meer die status quo nie en het vroue meer keuses in die werkplek as tevore. Vroue word wetenskaplikes, presidente en vlieg na die ruimte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek was opgewonde toe ek lees dat Lego onlangse vroulike wetenskaplike speelgoed bekendgestel het. Sulke progressiewe denke maak my opgewonde. Vroulike wetenskaplike speelgoed mag nie na groot voortuitgang klink nie, maar dit alles help in die stryd teen die subtiele maniere waarop die samelewing seine uitstuur dat meisies nie in tegnologie, wetenskap, ingenieurswese en wiskundige velde belangstel nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit lyk of die beinvloeding van meisies in sommige lande verskuif. Dit is noodsaaklik vir die skep van ’n front vir vroulike bemagtiging voor -en middelpunt in 2015 en daarna om meer maatskappye, gemeenskappe en lande aan te moedig om in vroue se entrepreneurskap te belê.

In my eie besigheid was dit die afgelope 25 jaar duidelik dat harde werk die grondslag van sukses is. Maar om ’n vrou in die sakewêreld te wees, is nie altyd maklik nie en elkeen se reis is anders. As ’n passievolle kampvegter vir die bemagtiging van vroue en geslagsgelykheid is dit my strewe om vroue in Suid-Afrika te help om hul potensiaal te bereik en om geslagsstruikelblokke te oorkom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek deel graag ’n paar sentimente uit my ervaring, om jou te bemoedig en om te help met jou reis as vrou in die sakewêreld.

Self-geloof en selfvertroue

Die meeste vroue sukkel met die vermoë om hulself te bevorder en baie onderskat hul vermoëns. Selfvertroue kan ’n bepalende faktor wees vir die vrou wat haar drome wil verwesenlik.

In 1588 het Koningin Elizabeth I selfvertroue getoon toe sy haar troepe by Tilbury aangemoedig het om hulle op die aankomende mag van die Spaanse Armada voor te berei: “Ek het die hart en durf van ’n koning, en is die koning van Engeland”.

Met haar selfvertroue en ysere wil het sy die respek van die troepe verdien. Die voormalige Britse premier Margaret Thatcher, was bekend vir haar weerstand om ’n “U-draai” uit te voer toe haar liberalisering van die ekonomie geopponeer is. “Die vrou kan nie gedraai word nie” het ’n “Thatcheristiese” leuse geword wat verband hou met haar reguit manier van praat en haar selfvertroue om besluite te neem en by dit te hou.

’n Gebrek aan selfvertroue is ’n doodsteek vir vroue se sukses. Om jou loopbaan te bevorder, moet jy gemaklik wees met jouself en ’n leier wees. Jy moet kan vra vir bevordering. Jy moet kan onderhandel. Maak ook seker dat jy ’n vrou van jou woord is en dat jy kan lewer wat jy beloof (daar is ’n baie lippediens in hierdie wêreld).

Volharding en passie

Ek is gebore as die enigste kind van ’n patriargale, eens mishandelde pa en ’n onpartydige depressiewe ma. Van sewe jaar af was ek verplig om ses dae ’n week gemiddeld vier uur elke dag swem en atletiek te oefen.

Die slagoffer mentaliteit was ’n maklike hoed om op te sit. Maar my opvoeding was fundamenteel in die vorming van die mens wat ek vandag is. Dit het my geleer van dissipline en volharding en hoe hierdie eienskappe ’n mens kan help om te bereik wat ander nie kan nie.

As jy kyk na die lewe van ’n suksesvolle entrepreneurs, soos Oprah Winfrey, Coco Chanel of Estee Lauder sal jy vind dit is dikwels omstandighede wat veroorsaak dat hulle meer wil hê en in hulle ’n passie en vasberadenheid kweek wat nie deur enigiets verhinder kan word nie. Moenie toelaat dat jou verlede ’n hindernis vir jou sukses word nie. Laat jou pyn jou aanspoor en energie gee. Vul jou lewensverhaal met passie. Maak die bitter van die lewe soet.

Effektiewe rolmodelle

“Dit lyk my die feit dat ek vrou is, is ’n groter probleem as die feit dat ek uit die Ooste kom. Dis nie vir my belangrik nie. Ek ken myself nog altyd as ’n vrou, “sê die Duitse kanselier, Angela Merkel, die vrou wat Duitsland vir ’n derde termyn lei as die vierde grootste ekonomie in die wêreld. Ek bewonder Angela omdat sy haar nie van stryk laat bring deur geslag of die stereotipiese persepsies wat daarmee saamgaan nie.

Sy weier om deel te wees van die glans spel, sy is ’n hardwerkende, egolose, onselfsugtige, nie-politieke leier en iemand by wie ons almal kan leer.

Rolmodelle was nog altyd ’n bron van inspirasie vir my.

Ek het van kleins af dinge gedoen wat ek by ander inspirerende mense gesien het. Vind vir jouself ’n paar goeie rolmodelle en leer by hulle. Kies watter eienskappe jy in jou eie lewe wil gebruik.

Breek weg uit jou gemaksone

As jy nie jou grense wyer maak nie, loop jy die risiko om die sluier te trek oor ’n onopgeëiste self. Ek het onlangs ’n artikel vir my blog geskryf getiteld: “Twintig dinge wat ek wens ek in my twintigs geweet het”. Ek het vroue aangemoedig om in die openbaar te praat. Dit is iets wat die meeste mense bang maak, maar min besef dit breek deur hul gemaksone en vrees.

Die voordele is meer as die aanvanklike kwesbaarheid en angs. Openbare gespreksvoering is ’n goeie manier om vrees te bowe te kom en dit ’n geleentheid vir persoonlike groei en bemagtiging. Dit herdefinieer hoe groot jy is. Deur jou verse in die gesig te staar, maak jy jou onmiddellik vry om na heelheid vrou te reis. Marianne Williamson skryf in haar boek A Return to Love:” Ons diepste vrees is nie dat ons onvoldoende is nie. Ons diepste vrees is dat ons oneindig kragtig is.”

Ons lig maak ons banger as ons duisternis. Ons vra onsself, “Wie is ek om briljant, pragtig en talentvol te wees?” Maar hoekom nie? Jy is ’n kind van God. Deur klein te probeer wees, dien nie die wêreld nie. Daar niks bevrydend om klein te probeer wees sodat ander nie onseker rondom jou sal voel nie. Ons is almal veronderstel is ons lig te laat skyn, soos kinders. Ons is gebore om die heerlikheid van God in ons te openbaar. Dit is nie net vir ’n paar van ons nie; dit is in almal.”

Jy kan net een perd op ’n slag ry

Om ’n besigheid saam met ’n gesin te bestuur, is ’n uitdaging. As jy getroud is en beide man en vrou werk, is dit noodsaaklik dat jy en jou maat vennote is. Daar moet gelyke verdeling van verantwoordelikheid wees. Ek kon my besigheid laat groei saam met die eise van drie kinders deur die kuns van delegeer te bemeester en om die take van ouerskap met my man te deel. As jy loopbaan gefokus is en ’n enkelma is, maak seker jy bou vir jouself ’n sterk ondersteuning struktuur by die huis op. Professionele sukses en persoonlike vervulling is nie net ’n droom nie, dit is haalbaar, jy hoef net ’n plan na te streef.

Lees berei jou voor op die lewe

My oupa het altyd gesê: “lesers leiers”. Lees is ’n kragtige produktiewe aktiwiteit. Dit verbeter ons analitiese denke en help ons woordeskat en geheue groei. Ek hou van boeke wat my brein ontwikkel, eerder as fiktiewe storie, maar alles wat jy lees, is goed vir jou.

Rosalind Miles, die skrywer van die Women’s History of the World is een van my gunsteling skrywers. Sy skryf vir vroue wat op soek is na meer inligting oor die wêreld en waar haar plek in die wêreld is. Ek kan ook enigiets deur Marianne Williamson en Eckhart Tolle aanbeveel.

Mentorskap op alle vlakke

Niks gee my groter vreugde as om ander vroue te help om tot nuwe hoogtes in hul loopbane uit te styg nie. Mentorskap is net een van baie maniere om aan die gemeenskap terug te gee en dit is een wat my baie persoonlike vervulling gegee het oor baie jare. Ek het gekies om ’n aantal vroue uit verskillende agtergronde, nywerhede en gelowe te mentor omdat hulle my gevra het. Jy moet jouself beskikbaar stel om deur iemand gementor te word. Ons kan ander se lewens positief beïnvloed en ons eie lewens deur mentorskap verander. Moenie toelaat dat jou eie self-twyfel verhinder dat jy jou kennis met ander nie. Omgekeerd, moenie toelaat dat jou ouderdom jou weerhou om van ander te leer nie.

Laastens, onthou altyd dat die mense en houdings waarmee jy jouself omring, en die boodskap wat jy aan ander oordra die mag het om by te dra tot ’n kultuur van die vroulike prestasie wat ons sal help om in die toekoms uit te styg.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.