kategorieë: Ons menseBekendes

Jennifer Aniston: Die goedvoel-meisie

Jennifer Aniston: Die goedvoel-meisie deur Margaret Gardiner. Foto: Magnus Sundholm vir die HFPA – verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die fliek Dumplin’ gaan grotendeels oor oordeel. Deur die jare is jy al verskeie kere veroordeel en geoordeel. Hoe hanteer jy dit?
Die karakter Dumplin’ betree die wêreld van skoonheidskompetisies, en is geneig om haar ma en die ander deelnemers te veroordeel. Die lessie is dat ons almal vooropgestelde idees oor mense het wat ons nie regtig ken nie. Dit is eintlik net ’n projeksie van ons eie vrese. Wat die fliek so spesiaal maak, is dat dit die vooropgestelde idees oor skoonheid wegvee en op die individu fokus. Dit laat jou voel dat jy nie aan die gemeenskap se idee van wat skoonheid is, hoef te voldoen nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wanneer het jy opgehou om na ander mense se menings oor jou te luister?
Ek sou graag wou sê die eerste keer, maar soms kan jy dit nie help nie. ’n Mens hoor goed en dis onmoontlik om daardie koeëls te vermy. Wanneer jy regtig weet wie jy is en waarvoor jy staan, word dit makliker om die soort goed te ignoreer, want jy weet dat dit onwaar is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In Dumplin’ speel jy ’n oud-skoonheidskoningin, maar jy is ’n ware skoonheidsikon, en hoe voel jy nou oor skoonheid teenoor daardie jare toe jy in Friends verskyn het?
Ek dink die betekenis daarvan verander deur die jare. Toe jy sê ek is ’n skoonheidsikon het ek lag gekry, want ek het nog nooit so aan myself gedink nie. Toe ek klein was, het ek geglo ek skiet heeltemal tekort op daardie gebied, en dit het ’n invloed op hoe jy jou later in die lewe sien. Ek het nooit mooi genoeg of goed genoeg gevoel nie. Deur die jare het ek geleer om sterker te wees en te fokus op die dinge wat my mooi laat voel, soos die mense in my lewe.

Die meisie in Dumplin’ soek heeltyd haar ma se aandag en wil graag raakgesien word. Kan jy jou daarmee vereenselwig?
Waar sal ek begin (lag)?

Een van die redes waarom ek van die draaiboek gehou het, was omdat die ma-dogter-dinamika baie ooreenstem met my verhouding met my ma. My ma was ’n model, en sy was gefokus op hoe ’n mens lyk, en ek was nie ’n model-kind nie. Ek kon my met die meisie in Dumplin’ vereenselwig omdat sy so graag wou hê haar ma moet haar raaksien en liefhê, maar die ma was besig met ander, onbelangrike dinge, en het nie van beter geweet nie. In die loop van die fliek herontdek hulle mekaar.

Ek dink alle meisies wat op so ’n jong ouderdom aan skoonheidskompetisies blootgestel word, het soortgelyke ervarings, ongeag hoe hulle lyk.

Het jy as kind aan skoonheidskompetisies deelgeneem?
Nee, ek kon skaars op ’n reguit lyn loop. Ek was te lomp en  ongrasieus.

Kom ’n mens ooit daaroor as jy sonder ’n ondersteunende ouer grootgeword het? Hoe doen jy dit?
Jy moet, jy het nie ’n keuse nie. Dit verg baie terapie. Ek moes besef dat my ma haar gevoelens op my geprojekteer het, dit het eintlik niks met my te doen gehad nie.

In Februarie word jy vyftig. Gaan jy dit vier?
Elke dag wat ons hier is en gesond is, moet gevier word, maar ja, ek hou daarvan om hierdie mylpale te vier, hoewel dit ’n mens ook dwing om bestek op te neem van jou lewe. Daar is nog baie plekke in die wêreld wat ek wil besoek, so ek sal dalk vir my verjaarsdag iewers heen wil reis.

Waarheen wil jy gaan?
Ek wil op ’n safari gaan.

In Suid-Afrika?
Ja (lag)!

Dink jy daar sal ’n opvolgreeks vir Friends wees? Kyk jy ooit na Friends wanneer dit wys?
Ek hardloop weg (lag!). Nee, ek hou eintlik daarvan om daarna te kyk. Dit maak my gelukkig. Ek sal nie noodwendig na die hele episode kyk nie. Ek kan nie altyd onthou wat die storielyn was nie, en soms kyk ek om te onthou wat gebeur het. Dit was ’n wonderlike reeks en ’n voorreg om van deel daarvan te kon wees.

Sal jy ’n opvolgreeks doen as die vervaardigers jou sou vra?
Ja, ek is oop vir enige voorstelle. Ek sal altyd weer iets saam met daardie vyf mense wil doen.

Wat is die grootste wanopvatting wat mense van jou het?
Dit voel asof ek dié vraag in elke onderhoud moet beantwoord … Die antwoord is dat daar ’n wanopvatting is dat ek ongelukkig is omdat my verhoudings nie gelukkige storieboekeindes het nie. Maar dis nie waar nie.

Hoe voel jy oor roem?
Ek hou nie daarvan om beroemd te wees nie. Ek hou nie van die negatiwiteit wat daarmee gepaardgaan nie. Ek hou nie van die veroordeling nie. Maar ek hou van my werk, en ek werk hard om iets te skep waarvan mense hopelik sal hou. Maar dit voel asof die negatiwiteit die afgelope klompie jaar toegeneem het. Ek dink dis hoofsaaklik te wyte aan die Internet en omdat naamlose, ongelukkige mense voel hulle kan enige uitlatings maak en jou vir die wolwe gooi en dat dit hulle op ’n manier beter oor hulself sal laat voel.

Is jy ’n hond- of kat-mens?
Honde! Ek het drie. Ek het niks teen katte nie, behalwe dat ek allergies is vir hulle.

Van watter TV-reekse hou jy?
Ek is mal oor The Crown en Ozark. Ek het probeer om The Handmaids Tale te kyk, maar dis swaar om daarna te kyk. Dis te erg.

Saam met die honde?
Altyd. Waar ek is, sal jy hulle kry.

Hoe laat word jy soggens wakker?
My honde maak my sesuur wakker.

Hoe voel dit om Jennifer Aniston te wees?
Dis ongelooflik (lag)! Ek is so bly oor waar ek in my lewe is en dat ek steeds kan werk. Ek is so dankbaar dat ek my aktrise-droom kon bewaarheid en dat ek dit steeds kan doen, kreatief kan wees en opgewonde kan wees daaroor. Maar ek sal ook meer wil leer oor wat agter die kameras gebeur en aanhou groei.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

1 hour Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.