kategorieë: Bekendes

Jennifer Lawrence: Op die kruin

Hoe sien jy die toekoms? Is jy optimisties of pessimisties?
Nie een van die twee nie. Ek is hoopvol. Ek hoop die volgende geslag kan al ons foute regmaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

American Hustle is die tweede fliek waarin jy saam met regisseur David O. Russell en Bradley Cooper werk. Vertel ons van jul dinamika.
Ek het soveel van myself geleer sedert ek saam met David werk. Hy haal die beste uit sy akteurs. Ek kan dit net ’n ondervinding noem. Ek is glad nie die enigste akteur wat heeltyd saam met hom wil werk nie. Hy is die kreatiefste oopkopmens wat ek tot nog toe ontmoet het. Ek en Bradley is ewe lief vir hom. Hoewel ek en Bradley nie saam in enige tonele in American Hustle verskyn nie, was hy heeltyd op stel, besig om ligte rond te dra en te help. Hulle werk goed saam. Ek en David kan maklik op hol gaan met ’n idee, maar Bradley hou ons in toom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Watter rol speel mode in die fliek?
Die klere maak die voël. Dis die eerste ding wat jy van iemand raaksien. Dis ’n belangrike element as jy ’n karakter skep. Vir my het dit nie regtig oor die sewentiger-era gegaan nie, maar eerder om Rosalyn se persoonlikheid uit te beeld.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy het ’n sterk teenwoordigheid …
Sy het! Soms wanneer ek ’n draaiboek lees, sien ek die karakter voor my. Ek en David het haar saam geskep. Nadat ek die draaiboek gelees het, het ek die rol dadelik aanvaar, maar ek het vir David gebel en gesê ons moet die karakter effens verander. Toe ons eers haar fisieke voorkoms bepaal het, het die dialoog gevloei. Net soos in die werklike lewe, loop jy anders as jy hoëhakskoene dra. Jou houding verskil wanneer jy ’n sweetpak dra of ’n mooi rok aanhet. Baie van haar fisieke veranderinge het haar karakter geraak.

Hoe slinks is jy?
Ek voel altyd asof ek almal flous. Elke keer as ek ná ’n nuwe fliek goeie resensies kry, voel dit vir my asof ek met nog iets weggekom het. Dis seker die naaste wat ek ooit aan slinks sal voel. Dis nie asof ek almal ’n rat voor die oë draai nie, ek verstaan dit net nie. As ek daarna kyk, dink ek dis oukei, en dan is die resensies vol lof. Maar ek dink nie ek is andersins slinks nie, my senuwees sal dit nie hou nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In American Hustle is jou karakter ’n huisvrou. Sal jy ’n goeie huisvrou wees?
Ek dink so. Ek hou van kook en skoonmaak.

2013 was vir jou ’n groot jaar …
2013 was ’n warrelwind van ongelooflike goeie en slegte dinge. Niemand gaan deur ’n hele jaar sonder dat iets slegs met jou gebeur nie. Ek sal 2013 altyd onthou as ’n jaar waarin ek baie moeg maar ook opgewonde was. Ek sien uit daarna om in 2014 ’n bietjie rustiger te leef en minder aandag te trek. Ek wil graag ’n huis koop en ’n bietjie bedaarder leef.

Het jy al enige vreemde ervarings met jou aanhangers gehad?
Eenkeer het twee of drie meisies my in ’n restaurant se badkamer in gevolg en toe ek uitkom vir ’n foto gevra. Ek was uit die veld geslaan. Julle agtervolg my badkamer toe, wag buite die deur en verwag ’n guns wanneer ek uitkom? Hoe werk dit?

Jy is altyd baie vars en eerlik in onderhoude. Hoe berei jy jou voor?
Ek doen niks nie. Ek kyk na die klere-opsies en kies iets waarin ek gemaklik voel. In dié uitrusting wys my maagrolletjie nie as ek sit nie.

In The Hunger Games is jy ’n ervare jagter. Het jy ’n jagtersinstink?
Nee, ek het nie regtig enige vaardighede nie. Ek is te lawaaierig en lomp. Ek sal nie daarin slaag om ’n bokkie te bekruip nie, ek sal tien teen een op iets trap wat ’n geraas maak of neerslaan.

Is jy voorbereid op die veranderinge wat roem in jou lewe gaan bring?
Ek is so gereed soos wat ’n mens kan wees. Met The Hunger Games het ek geweet wat om te verwag en het tyd gehad om my daarop voor te berei.

Is jy bang?
Ja.

Hoekom?
Want ek hou van my lewe soos dit is. Ek wil nie hê iets moet verander nie. Ek weet nie of die veranderinge beter of slegter gaan wees nie. Ek is bang sommige dinge in my persoonlike lewe sal moet plek maak vir goed wat laag op my prioriteitslys is, soos roem of my loopbaan. Ek is bang dit gaan die dinge verander wat regtig belangrik is.

Het sukses jou lewe verander?
Ek is baie besiger. ’n Oscar-benoeming doen baie vir ’n mens se loopbaan. Maar my persoonlike lewe het nie regtig verander nie. Ek word net heeltyd agtervolg en afgeneem, wat nuut is.

Hoekom kies jy sulke sterk vroulike rolle?
Ek weet nie. Jodie Foster het vir my gesê ek sal eendag terugkyk na die keuses wat ek gemaak het toe ek jonger was, die konneksie sien en verstaan hoekom ek daardie flieks gekies het. Ek weet nie hoekom hou ek van moederlike vroue wat in die wildernis bly nie (lag). Dalk het dit iets met eekhorings of bome te doen (lag). Ek hou van sterk karakters wat deur die fliek groei en verander. Ek hou van goeie draaiboeke. Ek hou van goeie regisseurs. Miskien sal ek dit eendag verstaan.

Kry jy ooit tyd om saam met vriende te kuier?
Ek het die beste vriende in die wêreld. Hulle kom kuier vir my op stel, een het die afgelope paar jaar by my gebly. Ek bly vanaand by nog een oor terwyl ek in New York is. Hulle verstaan hoe holderstebolder my lewe is.

Hoe hanteer jy struikelblokke?
Ek sou graag wou dink dat ek dapper is, maar die grootste struikelblokke wat ek nog teëgekom het, was om te besluit watter fliek ek moet aanpak. Jy kan dit nie met regte struikelblokke vergelyk nie.

Jy is baie na aan jou ma. Wat bewonder jy van haar?
Sy is die perfekte ma. Ek het nog nooit iemand teëgekom wat so min aan haarself dink nie. Wanneer ek besef ons het sekere dinge gemeen, of ek betrap my dat ek iets doen wat sy sou doen, is ek verlig, want ek weet ek sal oukei wees as ek eendag soos sy is.

Vertaal deur Hannelie Diedericks

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.