kategorieë: Ons menseBekendes

Jo Black voel die genade!

Jo Black voel die genade! Deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jo Black, gebore Jo Engelbrecht, het in Pretoria-Noord grootgeword en ná skool begin werk. Op daardie stadium het hy iets van alles gedoen: chauffeur, lyfwag, restaurant- en nagklubbestuurder en later het hy selfs sy eie konstruksiemaatskappy begin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maar Jo het gevoel dat daar meer in die lewe moet wees as net werk, rekeninge betaal en ure in die stadsverkeer deur te bring. Jo wou nog altyd mense bemagtig om die beste weergawe van hulself te wees, en dis toe dat hy die Be That Guy/Girl–beweging geloods het. Dié beweging het onmiddelik aandag getrek en byna oornag sukses bereik!

Maar vandag is Jo meer as net ’n inspirerende motiveringsspreker, hy is boonop ook ’n bekroonde musikant. Met 7 Ghoema-toekennings, hope vertonings en meer as 90 000 verkope agter sy naam, is Jo Black vandag een van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy nuwe album, Voel Jy Die Genade, is op 15 Februarie 2019 vrygestel en ons  het met Jo oor dié album gesels.

Hoe verskil dié album van jou debuutalbum Skepe?

Ek weet nie of daar eintlik ’n verskil is nie. Al waarvan ek beslis seker is, is dat ons dieselfde egtheid as met Skepe behou het – ons wou die rou storie en rou lirieke behou! Ons het uit die hart uit geskryf.

Vertel vir ons van die enkelsnit, “Voel Jy Die Genade”, wat ook die naam van jou album is. Wat het dit inspireer, en waarom is dié liedjie spesifiek vir jou belangrik?

Dit som eintlik die hele laaste twee en ’n half jaar van my loopbaan perfek op. Ek voel dat ek niks spesiaals gedoen het om al die sukses te verdien nie. Ek sing nie anders as wat ek vyf jaar gelede gesing het nie. En ek lyk ook nie anders as wat ek vyf jaar gelede gelyk het nie. Al die sukses wat ek nou beleef, is bloot net genade!

Maar dan is dit ook half ’n motivering om vir luisteraars te sê dat hulle nie net in die oggend moet wakker word en alles as vanselfsprekend aanvaar nie, maar dat hulle moet dankbaar wees vir die alledaagse dinge in hulle lewe.  Wees dankbaar vir nóg ’n dag, vir die feit dat jy kan asem haal, jou gesondheid …

Kyk gerus hier na Jo se enkelsnit, Voel Jy Die Genade:

Wat het die musiekbedryf jou tot dusver geleer? Is daar dalk iets spesifieks van dié bedryf waarby jy moeilik aangepas het?

Ek dink die heel moeilikste deel is om jouself so “ontbloot” te vind.  Jou hele lewe lê oop vir die publiek – almal weet alles van jou of wíl alles van jou weet. Jy het geen privaatheid nie. Ek dink dit was vir my die moeilikste deel, veral as jy soos ek gewoond was daaraan om maar net ’n Average Joe te wees en skielik deel jy alles van jou lewe met ander.

Nog iets wat moeilik is om te aanvaar en waarmee ek moes vrede maak, is die feit dat jy nie altyd almal gelukkig kan maak nie. Daar sal altyd mense wees wat nie met jou sal saamstem nie, of iemand wat nie van jou hou nie. Daar is altyd twee kante, en ek dink dit maak dié loopbaan nogal interessant.

Maar die musiekbedryf het vir my geleer om nee te sê, en dis iets wat ek nie voorheen kon doen sonder om skuldig te voel nie.

Behalwe vir “Voel Jy Die Genade”, watter ander liedjie lê na aan jou hart, en hoekom?

Beslis “Spring”, die tweede liedjie op die album. Dis half ’n uitdaging waarmee ek mense aanmoedig om ’n kans te vat, die sprong te waag. Want ons almal kan later iets berou wat ons te bang was om te probeer.

Hoe betrokke was jy by hierdie album?

Ek hou daarvan om baie betrokke te wees! Ek en Johan Vorster het saam aan die liedjies op die album geskryf, maar daar is ook twee snitte op die album wat Appel en Roan Ash saam geskryf het.  Ek en Jattie de Beer het “Spring” geskryf.

Ek was ook van dag een af saam in die studio gewees, want ek hou daarvan om deel te wees van die hele proses van ontwikkeling en om te sien hoe ’n liedjie vorder en vorm aanneem.

Die proses was ook vir my besonders lekker omdat Inhoud Huis Musiek my baie vryheid gegee het om my insette te deel, my kreatiwiteit uit te leef en getrou te bly aan mý styl.

Gaan jy toer met Voel Jy Die Genade?

Die Voel Jy Die Genade-toer is eintlik al aan die gang en sal die res van die jaar aanhou. Maar ek is vanjaar ook deel van die Optogtoer van 27 vertonings regoor die land en Namibië. Ek toer ook in Augustus saam met Steve Hofmeyer, Jak de Priester, Brendan Peyper en Saarkie na Australië en Nieu-Seeland. Tydens albei hierdie toere gaan ek my eie musiek sing.

Jy het verlede jaar ’n groot operasie ondergaan. Dink jy daardie ervaring (en die vrees wat dit voorafgegaan het) het jou musiek of die manier waarop jy die lewe aanpak, beïnvloed?

Definitief! Dit het alles tot stilstand geruk en ek moes skielik rus – iets wat ek vir twee jaar nie geken het nie. Ek het tyd gekry om net weer te besin oor alles wat ons doen. Wat was die hart waarmee ons alles begin het, en het ons steeds daardie selfde hart?

Ek sien dit eintlik net as ’n asemskep-tydperk , ’n tydperk om te reflekteer en weer van vooraf met nuwe energie alles aan te pak.

Het jy ’n spesifieke boodskap wat jy graag met die album aan jou aanhangers wil oordra? Iets wat jy wil hê hulle in gedagte moet hou wanneer hulle na die musiek op jou album luister?

Dis moeilik om ’n kort antwoord vir dié vraag te gee.

Verlede Vrydag het ek terug gevlieg van die Kaap af, en dit het mos die hele week hier in Gauteng gereën. Toe ons opstyg in die Kaap was daar die mooiste helderblou lug. En heeltyd tydens die vlug kon jy die mooi weer buite die venster en bo die wolke sien, maar toe ons in Johannesburg aankom en regmaak om te land was daar net pikswart stormwolke rondom ons.

Op daardie oomblik het ek net besef dat ons daar bo die wolke nie eers besef het dat dit ’n bewolkte nat dag onder ons is nie, want al wat ons kon sien was helderblou en sonskyn rondom ons. Net so besef die mense onder die donderwolke nie hoe ’n mooi dag dit daardie dag bokant die wolke was nie.

Dus, aan die ander kant van die donker stormwolke is daar dalk ’n mooi dag en helderblou lug. Dis nét die wolke wat ons persepsie van die dag verander, net soos dit net die wolke is wat reën en donkerte veroorsaak. En dit het my net laat besef dat ons so dikwels dink dat ons lewens sleg is, maar eintlik is dit nét  ’n slegte dag. Dat ons nie ’n slegte huwelik het nie, maar dalk net ’n moeilike week ervaar. Jy dink dalk jy is ’n slegte mens, maar eintlik bevind jy jouself dalk net in ’n slegte situasie. (Of dalk het jy net ’n slegte maand!) Die wolke verdwyn weer, en dan skyn die son!

En ek dink dit is die boodskap wat ek met die nuwe album wil oordra, dat mense moet besef dat dit nie die einde is nie, solank jy nog kan asemhaal en jou hart steeds klop, leef jy!

Wat is die uiteindelike droom met Voel Jy Die Genade?

Ek wil met dié album meer lewens aanraak as wat Skepe gedoen het.

Volg gerus vir Jo Black op sosiale media: Instagram, facebook en twitter

Lees ook: Jo Black se debuutalbum bereik goue status!

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.