kategorieë: KosNageregSomerkos

Jogurt-ysstokkies met nektarien en witsjokolade

Resep deur Teresa Ulyate vir Juicy Delicious

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

6 porsies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bestanddele:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

6 vorms vir ysstokkies

250 g ryp nektariens (ongeveer 2)

45 ml (3 e) water

10 ml (2 t) growwe suiker (Muscovado)

300 ml gewone volroomjogurt

5 mℓ (1 t) vanieljegeursel

15 mℓ (1 e) heuning

150 g witsjokolade, gesmelt (opsioneel)

Metode:

1. Sny nektariens in klein stukke. Gooi pitte weg. Plaas vrugte, water en suiker in klein pot en meng oor matige hitte tot suiker oplos. Laat liggies vir 10 minute prut of tot vrugte sag is. Haal af van hitte en laat toe om af te koel. Plaas in voedselverwerker (of handmenger) en verwerk tot ’n puree. As jy nie ’n verwerker het nie, kan jy die vrugte met ’n vurk fynmaak. Plaas opsy.

2. Plaas jogurt, vanielje en heuning in aparte bak en meng goed saam. Voeg nektarienpuree by en skommel dit een of twee keer in die rondte sodat strepies in die mengsel agterbly.

3. Skep mengsel in vorms vir ysstokkies. Plaas in vrieskas en laat staan vir ongeveer vyf uur or oornag tot heeltemal gevries. Wanneer dit gevries is, laat loop bietjie warm water oor die buitekant van elke vorm om ysstokkie los te maak. Verwyder en bedien.

Ander voorstelle vir bediening: Plaas gesmelte witsjokolade in glas en doop elke nektarienysstokkie halfpad in om te bedek. Plaas opsy om te stol en voor te sit.

Lees ook: Appelkoos-yskastert

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

21 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.