kategorieë: WenkeMode

Sorg so vir jou wit items

Was jou wit items so

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• Skei jou donker, grys en gekleurde klere van jou wit items en was alle wit klere afsonderlik. Selfs grys en pastelkleure se kleursel kan afgee en jou wit wasgoed laat verdof of verkleur.
• Meng 50 ml bleikmiddel met 3 x die water en voeg by jou wit klere gedurende die wassiklus. Gebruik die bleikmiddel spaarsamig, want dit kan die kleur van jou wit items laat vergeel/grys.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• ’n Alternatief (wat minder skade sal veroorsaak), is om bakpoeier en asyn by te voeg. Jy kan ook ’n halwe koppie suurlemoensap by ’n mediumgrootte bondel wasgoed voeg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• Was jou wit items elke keer nadat jy dit gedra het en onthou dat warm water altyd die beste opsie is as jy wit klere was.

• Die minerale in harde water (water met meer minerale as sagte water), kan jou klere grys laat vertoon. As harde water uit jou huis se krane vloei, voeg ’n halwe koppie asyn by die spoelwater tydens die wassiklus.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Moenie vergeet om jou wasmasjien uit te spoel nie. As daar kleursel of vuilheid in jou wasmasjien agterbly na ’n vorige was, sal dit jou volgende wit-bondel affekteer. Maak jou masjien elke 2-3 maande skoon deur 3/4 koppies asyn met warm water in ’n leë was te spoel.

Lees ook: Ken jou liggaamsvorm en vlei jou figuur

Wenke vir sorgvuldige wit items

• Behandel vlekke onmiddellik. Hitte en tyd is die twee grootste faktore as dit by vlekke kom. Spoel die merk dadelik af met water en was so gou moontlik. Herhaal die wasproses as die vlek nie dadelik uitkom nie.

• Ultravioletstrale het ’n impak op natuurlike stowwe. Hang jou wit t-hempe en ander items aan ’n skoon wasgoedlyn. Menige mens sê dat hul wit kledingstukke helderder word as dit buite in die son droogword.

Lees ook: 5 praktiese doen-dit-self modewenke

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.