kategorieë: Leef gesondGesondheid

Vinnige feite oor endometriose

Deur Salomé Delport. Foto: Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wat is dit?

Die endometrium is die binnevoering van die uterus en dit word met jou maandelikse menstruasie onder beheer van jou hormone vanself “afgeskil” en uitgewerp. By vroue met endometriose kom hierdie voeringselle ook buite die uterus voor, soos byvoorbeeld rondom die blaas, derms en ander organe. Hulle word hier óók afgeskil – met die verskil dat die dooie endometriumselle nêrens natuurlik afgevoer word nie. Jy sit dus met ligte, inwendige bloeding rondom jou organe en derms en inflammasie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die simptome

  • Erge pyn voor menstruasie oor die bekken en lae rug, en later van tyd aanhoudende pyn, selfs al menstrueer jy nie.
  • Pyn wanneer jy urineer
  • Pyn tydens seks
  • Bloeding tussen maandstondes
  • Infertiliteit

Die oorsake

Dokters verstaan steeds nie hoekom endometriose ontwikkel nie, maar vermoed dit het te make met hoë estrogeenvlakke. Dit word as ’n outo-immuunsiekte beskou, en as vroue in jou familie daaraan ly, is jou risiko daarop ook hoër.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die diagnose

Daar is geen spesifieke toets nie. Jou dokter diagnoseer dit aan die hand van jou simptome.

Die oplossings

Geen raad werk vir almal nie, maar jou dokter sal moontlik prostaglandiene voorskryf en kyk of hy jou estrogeenvlakke kan verlaag, deur jou byvoorbeeld die Pil of estrogeenplakkers so te laat gebruik dat jy nooit menstrueer nie (jy slaan dus die suikerpilletjie of die plakkervrye week oor). Dit help skynbaar om koffie en alkohol uit te skakel, en baie vroue vind ook dit help om koring en/of melk uit te skakel. Omdat prostaglandiene van die omega-vette vervaardig word, kan jy gerus meer sade en neute eet, olyfolie gebruik en aanvullers soos lynsaadolie en nagkersolie probeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Tekens van lae vitamien B12-vlakke

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.