kategorieë: Reis

Jou bestemming vir gesinspret

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wanneer het jy en jou gesin laas piekniek gehou by ’n watergat in ’n wildtuin? Of om ’n vuurtjie onder die sterre gesit? Dis oomblikke soos dié wat kinders vir die res van hul lewens bybly. Kosbare herinneringe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die goeie nuus is dat die Wild Card dit bekostigbaar maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kyk net hoe voordelig is dit om ’n Wild Card vir die gesin aan te skaf. ’n All Parks Family Wild Card gee twee volwassenes en hul kinders ’n jaar lank gratis toegang tot meer as tagtig wildtuine en reservate in Suid-Afrika en Swaziland. Omdat jy nie op elke besoek bewaringsgelde hoef te betaal nie, kan jy dit bekostig om in te loer vir ’n vinnige wandeling of ’n piekniek wanneer jy ook al lus voel. Die Family Wild Card kos R745, en ná slegs vyf dae in die Krugerwildtuin het jy jou kaart se koste verhaal, gebaseer op ’n gesin van twee grootmense en twee kinders. ’n Gesinskaart maak voorsiening vir sewe gesinslede (twee volwassenes en vyf kinders, of een volwassene en ses kinders).

Tyd in die natuur gee jou kans om weer bande met jou gesin te smee, weg van die gejaagde lewe, selfone en toe kamerdeure. Die ontspanne gees van ’n wildernisvakansie maak dat gesinne spontaan kan wees. Dis waarom die Wild Card-program 2013 tot Wildernisjaar vir die Gesin verklaar het: ’n geleentheid vir die gesin om die buitelewe te geniet en herinnerings te skep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }


Foto: Bernard Jordaan

Die Wild Card het ervare reisigers en avonturiers gevra om ’n lys van heerlike wildernisaktiwiteite saam te stel. Op www.wildcard.co.za is daar allerlei gesinsvriendelike bestemmings en aktiwiteite vir elke tyd van die jaar. Hier is drie opwindende someravonture waarmee julle kan begin:

1. Verken rotspoele

Dit is so ongeveer die gesinsvriendelikste natuuraktiwiteit. Klouter oor rotse vol seewier (terwyl jy sorg dat jy geen klipmossels loswikkel nie) en verken die wonderwêreld onder die water se oppervlak. Onthou om die strand met laagwater te besoek – dis hoe jy by die grootste en beste rotspoele uitkom. Pak ’n net en plastiekhouer in vir jou vondste en ’n duikbril sodat jy jou kop onder die water kan insteek. Bind ’n spieëltjie aan die punt van ’n stok vas om onder rotslyste in te loer.

2. Soek naaldekokers en waterjuffers

Gaan op soek naaldekokers en raak vertroud met dié “wrede” roofdiere: Naaldekokers in alle kleure, van rooi tot smarag, waterjuffers, watersnuffelaars en glansnaaldekokers. Hou die aksie dop in dammetjies, modderpoele, riviere en damme. Sommige naaldekokers jag vanuit ’n rusplek, terwyl ander stadig rondvlieg op soek na iets om te eet. Let op die verskillende maniere waarop hulle vlieg, waar hulle besluit om te rus en op watter tye hulle aktief is.

3. Word ’n geesdriftige amateurfotograaf

Beplan daguitstappies en fotografeer die pragtige tonele, diere en dinge. Jy kan ’n tema soos boombaspatrone of ongewone hoeke kies. Hoe meer foto’s jy neem, hoe beter word jy. Gesinslede kan hul foto’s op afsonderlike digitale borde aanbring, en geesdrif laat opbou vir die volgende groot avontuur.

Skenk die gawe van spesiale oomblikke in die natuur aan jou gesin. Die herinnerings sal jou vir ’n leeftyd bybly.
Besoek www.wildcard.co.za vir nadere inligting.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

14 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.