kategorieë: Leef gesondGesondheid

Jou bril en rekenaarwerk: 6 wenke wat werk

Optometris Ilse Homan van IM Optical Optometrist se wenke:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1. Verdof die lig. Dit verminder skermweerkaatsing. Laat flouer gloeilampe en neonligte insit, draai jou skerm so dat die kantoorlig nie daarop weerkaats nie en sorg dat lig van die venster van jou sykant af inval, en nie van voor of van agter nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2. Laat ’n teenrefleksielagie (antiglare) op jou bril aanbring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3. Stel jou skerm dat dit net so helder soos die vertrek is.

4. Hou jou oë vogtig. Knip hulle doelbewus elke vyf minute, of vertroetel hulle met oogdruppels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

5. Kyk ver. Jou oogspiere gaan in ’n spasma as jy heeldag sonder enige onderbreking na jou skerm kyk. Gee die spiere ’n blaaskans deur elke uur of so vir tien sekondes op ’n voorwerp ses meter ver te fokus en dan weer op iets wat liniaallengte van jou af is, ook vir tien sekondes.

6. Nie so naby nie. Twee liniale tussen jou oë en die skerm is perfek.

Vyf voordele en vier nadele van kontaklense

Die gerief

• G’n rame

• Prakties vir sport en bestuur want jou hele sigveld is in fokus

• G’n weerkaatsings soos op brillense nie

• G’n wasem as dit drukkend is of as jy sweet nie

• G’n merk op jou neus weens die gewig van jou bril nie

• Dit val nie af as jy vorentoe buk nie

• En hulle reën nie nat nie

Die minusse

• Dit neem veral aan die begin lank om hulle in te sit en uit te haal

• Jy moet hulle elke aand baie getrou versorg

• Hulle kan jou oë irriteer

• Hulle kan heelwat meer as ’n bril kos. Jy moet ook spoelmiddels inreken

• Jy het steeds ’n bril nodig (al is dit ’n goedkoop een). Jy moet byvoorbeeld kan sien hoe om jou eerste lens in te sit of as jy saans jou lense vroeg wil uithaal.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

13 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

18 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

20 hours Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

22 hours Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 day Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.