kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Jou Geldsake: wanneer is doen-dit-self goed genoeg, en wanneer roep jy die kenners in?

Jou Geldsake: wanneer is doen-dit-self goed genoeg, en wanneer roep jy die kenners in? deur Anet Schoeman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dis lekker om doen-dit-self-projekte aan te pak. En as die koffietafel bietjie wankelrig is of die trui se een mou effens langer as die ander is, is dit nie juis ’n ramp nie. Maar soos die ekonomie knyp, doen ons noodgedwonge meer en meer goed self. Lee Hancox van Sanlam gee raad wanner dit veilig is om aspekte van jou geldsake self te behartig en wanneer dit noodsakklik is om by die kenners kers op te steek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Geld word aan emosies gekoppel. Hoe jy jou erflatings doen, hoeveel jy vir die toekoms spaar of watter besluite om te neem as die markte onvoorspelbaar raak. Dis wanneer jy ’n kenner soos ’n finansiële beplanner nodig het wat onafhanklik besluite kan neem en ook toesien dat jou unieke behoeftes in ag geneem word.”

Lees ook: Hoe om te verseker dat jou finansies nie in ’n vliegramp ontaard nie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat kan jy DIY en waanneer kort jy ’n kenner?

1. Skryf self jou troubeloftes, maar kry professionele hulp vir jou voorhuwelikse kontrak

Lee sê jy kan jou eie troubeloftes skryf, maar bly weg van die voorhuwelikse kontrak.

Hier is die bystand van ’n prokureer en finansiële beplanner noodsaaklik om seker te maak dat die kontrak  alle wetlike aspekte dek en albei partye regverdig behandel. Dis selfs nóg belangriker as dit ’n tweede huwelik is waar daar kinders uit vorige huwelike is.

Lees ook: Tref voorsorg vir jou kinders se onderhoud na ’n egskeiding

2. Jy kan self jou belastingopgawe doen, maar nie ingewikkelde belastingsake nie

Doen jou eie belastingopgawe, maar systap die meer ingewikkelde belastingstake.

Jou belastingopgawe is gewoonlik nie te ingewikkeld nie, maar dinge raak baie vinnig gekompliseerd:

  • Weet jy hoe om die beste uit jou belastingaftrekking te haal?
  • Weet jy hoe om die boedel te struktureer om nie onnodig belasting te betaal nie?
  • Weet jy hoe om ’n buitelandse en plaaslike testament op te stel vir buitelandse beleggings sonder om onnodig belasting te betaal?
  • Weet jy waarvoor jy aftrekkings kan eis as jy ’n eiendom besit wat jy verhuur?

3. Jy kan die idee vir ’n onderneming kry, maar kry hulp met hoe om dit te doen

Wat kan jy self doen? Kry self ’n blink idee vir ’n nuwe onderneming, maar kry hulp met die vele komplekse aspekte.

  • Soos wat is die mees efektiewe manier vir jou onderneming om belasting te bespaar?
  • Gaan jy ’n alleen-eienaar wees of skep jy ’n maatskappy?
  • Watter voordele bied jy die personeel?
  • Sien jy kans vir die rompslomp en verantwoordelikheid om die onderneming te registreer?
  • Gaan jy registreer vir BTW?
  • ’n Finansiële beplanner, “business coach”, boekhouer of prokureur gaan baie waarde toevoeg afhangend van wat jou behoeftes is, sodat jy kan fokus op die dinge waarmee jy goed is.

Lees ook: 10 kenmerke van ’n goeie bestuurder

4. Skryf jou eie kluitklaplysie, maar kry hulp met die beplanning van jou aftrede

Volgens Sanlam se 2019 Benchmark Survey is ongeveer 85% van mense met aftree-polisse nie in die posisie om met dieselfde lewensstandaarde wat hul tans geniet af te tree nie. Besef vroegtydig dat jy ’n ernstige langtermyn plan vir aftrede in plek moet hê wat jou unieke behoeftes en lewensomstandighede in ag moet neem.

Lees ook: Só verseker jy ’n sorgelose aftrede

5. Moenie jou eie egskeiding behartig nie

Dis ’n wrede werklikheid dat vier uit elke 10 huwelike in SA nie langer as tien jaar hou nie. Moenie in die versoeking kom vir ’n “quickie” egskeiding nie. Al gaan jul vreedsaam uit mekaar. Dis veral relevant as daar kinders is. Dink mooi oor jou kind se skool- en na-skoolse opleiding sowel as onderhoud wat in lyn met inflasie toeneem.

’n Prokureur en finansiële beplanner sal verseker dat die egskeiding vir beide partye regverdig is. Vir die hede en die toekoms.

Lees ook: Egskeidingmediasie: Goedkoper, makliker, vinniger

6. Moenie jou eie testament skryf nie.

Testamente is kompleks. Jy mag dalk iemand iets laat erf sonder om te onthou dat jy eers jou skulde moet delg.

Dis ook belangrik om te weet hoe jy die belastingsvoordele ten beste kan benut en vir jou kinders voorsiening kan maak.

Dis ’n wetlike dokument, so dis raadsaam om ’n prokureur en finansiële beplanner te raadpleeg. En oppas vir Google: Bloggers mag goeie raad hê, maar elkeen se situasie is uniek en algemene raad kan net so ver toegepas word. ’n Kenner gaan jou belange op die hart dra en seker maak dat jy die beste raad kry.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.