kategorieë: Sukses en geld

Jou gids na ’n versekerde finansiële toekoms

’n Ontwerpersonbril en die regte belt kan enige voorkoms in iets buitengewoons omskep, maar dit bly maar net bykomstighede – jy het steeds ‘n kas vol klere nodig om daarby te dra. Jou finansies kan in dieselfde lig gesien word. Hier is ‘n klompie wenke vir vroue wat wil seker maak dat hul droom van ’n versekerde finansiële toekoms werklikheid word

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Waarde en weelde: Jou vermoë om ’n inkomste te verdien is een van jou belangrikste bates en moet daarom verseker word. Daar is niks beter as die vryheid wat finansiële standvastigheid jou bied nie – onthou net dat rykdom alleen jou nie gelukkig kan maak nie. Dit is finansiële bestendigheid wat jou sal toelaat om tevrede te wees met watjy het sodat jy sal jy weet wat jy werd is en nooit van sukses sal wegskram nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gesondheid: Ernstige kwale en infeksie(s) kan op ‘n vroeë stadium geïdentifiseer en behandel word indien jy gereelde doktersondersoeke ondergaan. Die volgende ondersoeke is minstens eenkeer per jaar noodsaaklik: ’n papsmeer, mammogram, toetse vir velkanker, MIV/vigs, diabetes en beendigtheid. Jou liggaam is ’n geskenk en jy behoort die lewe te vier deur jou gesondheid ’n prioriteit te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Spaar en begroot: Maak dit ’n gewoonte om te spaar. Werk eerstens jou maandelikse begroting uit deur alles neer te skryf watjy bestee sodat jy kan tred hou met hoeveel jy uitgee en waarop. Op die manier kan jy behoorlik sien waarop jy moet bespaar sodat jy maandeliks ’n persentasie van jou salaris in ‘n spaarrekening kan wegsit. Die spaarrekening word‘n uitweg in noodgevalle en vir onvoorsiende uitgawes.
Toekomsdenke: Volgens navorsing deur StatisticsSouth Africa leef vroue in die algemeen vier jaar langer as mans. Hierdie inligting beklemtoon hoe belangrik dit vir vroue is om toekomsplanne te beraam ingeval ’n geliefde sou sterf. Lewensversekering gee jou daardie gemoedsrus dat alle skuld betaal sal wees indien jou familie so ‘n verlies ly. Die maandelikse premie is bekostigbaar en jy kan besluit watter opsie pas jou leefstyl en behoeftes die beste.

Onafhanklikheid: Om ’n onafhanklike vrou te wees is beslis die kosbaarste besitting wat jy kan koester. ’n Vrou wat weet waarheen sy oppad is en hoe sy daar gaan uitkom, het selfvertroue en is gelukkig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maak hierdie stappe deel van jou lewe – dit sal jou stres verlig!

Inligting verskaf deur 1st For Women

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

9 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.