kategorieë: OuerskapJou lewe

Jou kind en die dood: 9 waarskuwingstekens

Jou kind en die dood: 9 waarskuwingstekens deur Mariette Snyman. Hooffoto ovemelovemypic/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dié artikel sluit aan by ons artikel Jou kind en die dood: Wat ouers moet weet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ons leef in ’n samelewing wat die dood ontken,” sê Alta Bence, bestuurder van psigososiale steundienste by die CHOC Childhood Cancer Foundation SA. “Volwassenes weet dikwels nie hoe om hierdie onderwerp met kinders deur te praat of hoe om hul eie ervaring te verwoord nie. Kinders is fyn waarnemers en kom gou agter die onderwerp moet liewer nie aangeroer word nie. ’n Wedersydse “kontrak” om mekaar emosioneel te beskerm ontstaan, en die kind sowel as die volwassene vermy die onderwerp. Die kind worstel met talle onbeantwoorde vrae en met vrese wat nie aangespreek word nie. Dit isoleer ’n kind wat reeds swaarkry nóg meer.”

Lees ook: Die sterwensproses: 13 dinge wat jy dalk nie geweet het nie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waarskuwingstekens:

“Kyk uit vir die volgende rooi vlaggies wat wys ’n kind het dringend aandag nodig:

1. Gebrek aan sosiale steun

Daar is nie ’n volwassene met wie die kind ’n vertrouensverhouding het of iemand anders wat deurentyd sinvolle steun verskaf nie.

2. Verlies-oorlading

Soms verloor ’n kind meer as een geliefde gelyktydig, of binne ’n kort tydperk.

3. Sekondêre verliese of gepaardgaande stressors

Kinders kan verskeie verliese saam met ’n geliefde se dood beleef. As ’n pa sy eie besigheid gehad het en sterf, verloor die gesin dalk hul inkomste en hul huis en moet die kinders op ’n ander plek skoolgaan. Of as ’n enkelma doodgaan, moet die kinders by verskillende gesinne gaan bly en is hulle nie meer saam in die huis nie. Dit kan spanning en onsekerheid op verskeie lewensgebiede skep.

4. Persoonlikheidsverandering

Wees wakker wanneer ’n liefdevolle kind skielik kortaf raak of wanneer ’n kind gedrag toon wat nie in ooreenstemming is met sy of haar gebruiklike optrede nie. Dit kan byvoorbeeld gebeur dat ’n voorbeeldige kind se ouers deur die skool ingeroep word omdat hul kind in ’n geveg betrokke was; die kind druk psigiese pyn op ’n onaanvaarbare manier uit, en kort hulp. Agter woede skuil daar meestal ’n ander emosie soos vrees, angs, en hartseer, veral sover dit seuns betref. In ons gemeenskap mag mans nie huil of kwetsbaar voorkom nie, maar aggressie is aanvaarbaar. Iemand het gesê: Boys don’t cry tears, they cry bullets.

Kinders kan verskeie verliese saam met ’n geliefde se dood beleef

5. Verandering in sosiale gedrag

Wanneer ’n uitgaande kind haar skielik aan die gesin en maats onttrek en haar in haar kamer toekokon, moet waarskuwingsligte flikker. Dit geld ook wanneer ’n stil kind oornag in ’n party animal verander.

6. Verandering in akademiese prestasie

Dis nie net beduidend swakker uitslae wat kommer moet wek nie, maar wanneer ’n kind hom skielik in sy skoolwerk “begrawe” en hoë punte behaal, beteken dit nie alles is pluis nie.

7. Verandering in gesondheid

Wees op die uitkyk vir skielike asma, diabetes, en so meer.

8. Riskante optrede

Gedrag soos die misbruik van alkohol of ander middels of onvanpaste seksuele gedrag is ’n hulpkreet om aandag. Dieselfde geld oormatige rebelsheid.

9. Verwysings na selfmoord

As ’n kind na selfmoord verwys of besittings begin uitdeel, is daadwerklike optrede nodig.

Lees ook: Selfdood onder kinders

Lig jou kind uit depressie

“Die boek Being Chris Hani’s daughter deur Lindiwe Hani en Melinda Ferguson (Jacana Media, 2017) verbeeld die effek van onverwerkte trauma uistekend. Lees dit gerus as jy ’n kind wat rou beter wil verstaan.”

Hoe jy jou kind kan help:

Klop aan by ’n sielkundige of maatskaplike werker wat in dié veld werk; by ’n pastorale terapeut wat spesialiseer in die proses van rou, soos ds. Braam Klopper – www.braamklopper.co.za; by Family Life Centre met kantore landswyd – 011 788 4784; bel The South African Depression and Anxiety Group, SADAG, se gratis hulplyn: 011 234 4837, 8.00 tot 20.00 daagliks, of besoek www.sadag.org

CHOC Childhood Cancer Association SA: 086 111 3500 of www.choc.org.za

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.