kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Jou tuin: Vrolik en feestelik

Jou tuin: Vrolik en feestelik deur Cobus Smith. Foto’s: Lien Botha.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Span jou verbeelding in en herinterpreteer ou temas

Wanneer jy die feestyd se vierings beplan, hou dié wenke in gedagte: Wit blomme is altyd treffend in die aand. Bedags help die wit ook om die dag ’n bietjie koeler te laat lyk. Sterjasmyn se wit blomme en lekker geur, of jy dit nou laat oprank, as grondbedekker gebruik, in vorms snoei, of wat ook al, maak altyd ’n mooi prentjie. Dis maklik van die netjiesste plante wat daar is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As jy nie lus is vir ’n gedoente in die hitte nie, maak ’n ander plan. Gooi sommer die hele onthaalplek vol wit roosblare, of strooi roosmaryntakke oor die vloer vir ’n lekker geur. Emmers en ou wasbekers vol blomme en takke skep in ’n ommesientjie ’n vrolike atmosfeer. Selfs stokke, takke, wilde grasse of fyn stukke dryfhout met fyn wit rysliggies sal die ding doen vir ’n feestelike stemming. Hang sommer ’n paar kristalkrale daaraan as jy die prentjie ’n bietjie verder wil opklits. Hou dit nietemin eenvoudig.

Glasbakke of verweerde houers vol suurlemoene is altyd ’n goeie plaasvervanger vir blomme. Naby die braai is dit sommer byderhand vir die kok. Dit skep nogal ’n gesellige atmosfeer as alles nie so styf is nie en die “rangskikking” ook vir meer praktiese doeleindes gebruik kan word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Optelgoed

Op die strand kan jy baie goed raakloop wat jy as treffende versierings kan gebruik. ’n Verweerde silwerwit stuk dryfhout kan as Kersboom dien. Versier die boom met wit sterre uit stukke verweerde karton. Hang tradisionele blink balle (ons het bloues gebruik) saam met glaskristalle of spieëltjies en verweerde stukkies wit skulpe om die boom af te rond. Jy sal summier “Somerkersfees” van Koos du Plessis uit volle bors begin sing. Die beste van so ’n Kersboom is dat dit sommer buite op die stoep kan staan waar jy die wonderlike someraande van ons suiderland kan geniet.

Gee en gee

Gee tuingoed as geskenke. Gee skoonheidsprodukte gemaak van natuurlike produkte. Gee kruie en blomme. Gee tuinboeke en boeke oor die siel van plante (enige Pakenham oor bome) of een van Jane Griffiths se boeke oor kruie en groente. Gee tuingereedskap. Gee sout ontgin uit volhoubare bronne. Gee, gee, gee goed uit die tuin en die natuur. Los maar die massas toedraaipapier. Gebruik sommer ou koerante wat jy kalkwas of die kinders met aartappeldruk versier. Wanneer jy flou gegee is, gaan jy die grootste geskenk ontvang: die vreugde van gee!

Lees ook: Laaf jou voete met kruie uit die tuin

Foto: Lien Botha

Los die voorspelbare

Niks en niemand hoef ooit vervelig te wees nie. Dit verg soms net ’n bietjie verbeelding en toewyding om ’n saak uit ’n nuwe hoek te sien. Vars blomme uit die tuin kan ’n gesellige en feestelike atmosfeer skep. Ons het Heike van Fleur le Cordeur in die Paarl gevra vir ’n paar feestydplanne.

Verwelkom die gaste met ’n interessante voordeurversiering. Breek weg van die gewone en voorspelbare. Span jou verbeelding in en herinterpreteer ou temas.

Heike het takbokhorings gebruik en dit met tulpe, tolbosknoppe (goud gespuitverf), speldekussings, Geraldton-wasblomme, papawers en goue tou gebruik.

Foto: Lien Botha

Pleks van ’n gewone krans wat reg rondom eenvormig versier is, het sy ’n eenvoudige krans geskep met wit blomme (tulpe en Geraldton-wasblomme) en tolbosknoppe.

Lees ook: Somertyd is piekniektyd

Foto: Lien Botha

Hartlik

Alles hoef nie altyd so deftig te wees nie. En jy hoef nie die kameel se rug te breek en jou hele begroting te bestee om alles bymekaar te laat pas nie. Solank almal ’n glas het, is die wêreld mos reg. Vul die feestelike prentjie aan met ’n wilde bos blomme uit die tuin en ’n paar aangekooptes. Enige bessies of vrugte uit die tuin kan goud gespuit word en in ’n rangskikking gebruik word. Goue draad sit die goue tema subtiel voort en word in (sommige) van die glasrande herhaal. Papawers, banksia, goue lukwarte, petrea, tulpe, oudagse lekkerruikrose en gekleurde varkore (hulle blom in die somer) skep ’n hartlike feesgevoel.

Foto: Lien Botha

Hang varkore aan goue draad op by die kuierplek buite. Hulle bly redelik lank vars sonder water. Die goue draad gee net daardie ekstra tikkie feestelikheid.

Foto: Lien Botha

Vars blomme (rooi tulpe, waratah en ’n lekkerruikroos), vasgebind aan ’n goue doringtak op die servet, verwelkom die gaste by die fees.

Foto: Lien Botha

Lees ook: Maak jou eie Kerskrans

Geskenkwenk

Selfs ’n geskenk kry ’n ander gedaante in Heike se hande. ’n Vrolike bossie blomme wat aan die lint om die pakkie gebind is, maak dit net oorspronkliker en meer persoonlik. Die goue lukwarte, varkore, Geraldton-wasblomme en waratah sal etlike ure sonder water vars bly.

Kyk na Heike le Cordeur se werk op facebook.

Foto: Lien Botha

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.