Margaret se Wêreld: Omhels wie jy is

Margaret se Wêreld: Omhels wie jy is deur Margaret Gardiner. Hooffoto: Margaret Gardiner.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is die laaste dag van televisie-onderhoude voor my amptelike werk vir die jaar voltooi is. Die Golden Globe- stemming is vervroeg en dit voel of ek sedert Oktober volstoom aan die gang is. Meer as agt honderd onderhoude.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Margaret gesels met Charlize Theron, wat pas vir ’n Golden Globe genomineer is

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Oefening het uit my lewe verdwyn, nie net weens beserings nie, maar ook vanweë ’n tekort aan tyd. Iets moes bes gee. Ek wil regtig nie in die spieël kyk nie. Dit gaan nie oor ydelheid nie. Dit gaan oor uitputting. En verantwoordelikheid. Verpligting en toewyding. My lewe is vol. Elke deel van my lewe verdien aandag. Wat gee ’n mens op? Wat is regtig belangrik?

Lees ook: Margaret se Wêreld: My oggendroetine

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek hou daarvan om ’n maaltyd vir die gesin te kook om die dag af te sluit. Ek het nog altyd daarop aangedring. Geen fone nie. Geen televisie nie. Net gesels. Die lewe wag nie vir diegene wat besig is nie. Ek maak seker dat alles in my lewe aandag kry in my besige dag. Normaalweg maak ek tyd vir oefening, maar aangesien ek al meer as tien maande met ’n besering sukkel en voorgeskryf is om te rus, weet ek ek moet oefeninge opoffer om gesond te word. Ek is nie seker of dit werk nie, maar dit is hoe ek myself troos en my lewe probeer balanseer. Ek is nie vyf dae per week in die gimnasium nie, maar ek kry tyd om strekoefeninge te doen en in die Los Angeles-canyon saam met gesin te stap. Dit voel nie soos oefening nie, maar dit is en dit maak die kop skoon.

Lees ook: Ons almal het sulke dae …

Vandag moet ek video-onderhoude doen vir Vice en op kamera verskyn. In my sagte kamerjas toegewikkel en my hare in ’n handdoek toegedraai, kyk ek na myself. Ooo gaats! Visine vir die rooi oë. Dan bevogtiger. Vandag gebruik ek L’Oréal Paris RevitaLift Triple Power. Net die naam laat my voel dat ek ’n hupstoot kry. Volgende is die sonblok: Neutrogena Ultra Sheer SPF 70 met helioplex. Dan is dit Maybelline Fit Me Dewy + Smooth met Octinoxate Sunscreen. LA is hard op die vel. Die lug is byna altyd blou en die son skyn fel. Om in die LA-verkeer werk toe te ry, stel jou ook aan die son bloot. Sedert die neusoperasie is ek is soos Spiderman met ’n sesde sintuig wat die son op my vel voel. Die enigste goeie ding van grimering, is dat dit my herinner om sonskerm te gebruik. As ek nie in die spieël moet kyk nie, vergeet ek.

Lees ook: Sonslim met sonskerm

Ek wend ’n bietjie Frizz Ease van John Frieda aan die punte van my hare om te help met die glans. Dan maak ek my hare in kort sarsies droog. Ek smeer ’n bietjie bruin op my oë. Ek neem iets saam om my grimering op te knap voor ek op kamera gaan en gebruik Covergirl, ‘n sagte sjokoladekleur. Al die wimpers wat by die Emmys aangewend is, het uitgeval en ek wend Telescopic Mascara deur L’Oréal aan. Dis nie te swaar nie, maar skep ’n bietjie fokus op die oë. Omdat ek op kamera gaan wees, gebruik ek ’n geroosterde amandelblos en ’n helder rooi lipstiffie – ’n L’Oréal Classic # 402 Collection Exclusive Blake Red. Dit het die Chanel-kleur sonder die prys en is nie taai soos sommige rooi lipstiffies kan wees nie.

Ek dra my hare vandag met ’n kantpaadjie. Ek hou nie daarvan om met my hare te sukkel nie en maak dit tussenin droog terwyl ek iets anders doen. Dan bepaal ek wat ek met my hare gaan doen. As my hare voel dit moet vandag in ’n kantpaadjie lê, dan is dit so. Ek draai die langer stringe met my vingers sodat die punte egalig is. Ek is binne 15 minute klaar. Ek kan nie onthou wanneer ek laas soveel aandag aan my gesig gegee het nie. Hoe meer uitgeput ek is, hoe meer aandag gee ek aan my voorkoms om die uitputting weg te steek.

Maar as jy jou bes gedoen het, moet jy soms laat gaan.

Tyd om aan te trek. Vanweë my grootte is ek geneig om noupassende klere te dra. Ek is ’n groot meisie. Maar vandag wil ek niks styfs dra nie. Weens die gebrek aan oefeninge voel ek ongemaklik met my lyf. Ek voel soos ’n ballon wat sag geword het en sy vorm verloor het. Ek grawe agter in my kas. Ongeveer 15 jaar gelede het ek ’n gebreide rok gekoop wat sag om my lyf vou. Ek het dit nie uitgegooi nie. Dit is steeds perfek!

Ek trek dit aan en dit voel soos ’n mantel, gemaklik en gesofistikeerd.

Ek is uit by die deur, sit my Ralph Lauren-sonbril op en ek is in my motor op pad na Beverly Hills om met Christian Bale en Amy Adams te praat. Hulle beeld die Cheneys in die fliek, Vice, uit. Dit is een van daardie tour de force-vertonings vir albei  akteurs en vestig die aandag op hulle.

Die fliek wys hoe Dick Cheney – vise-president onder George W. Bush – die magskuif in die Wit Huis bemeester het. Sy opkoms van ’n jong man wat ’n bietjie te veel gedrink het, tot vise-president is ’n interessante verhaal. Dit is fassinerend om te weet dat sy vrou, Lynne, wat deur Amy Adams gespeel word, die ware krag agter hom was. Sy was Dick se dryfkrag en het sy gedrag en filosofie gevorm. Kyk na my onderhoud met Amy Adams.

As jy van die onderhoud hou, teken in op my kanaal, dit is gratis – hier is die skakel om al my onderhoude te kyk.

Ek doen onderhoude vir die gedrukte media met die twee sterre en gaan dan na ’n ander gedeelte van die hotel vir TV-onderhoude. Hierdie keer het ek grimering met my – ek vergeet dikwels. Ek verfris my lippe, en knap my hare op met L’Oréal Elnett Satin. Dit is te kry in ’n klein reisgrootte-houer. Ek weier om te veel aandag aan my hare te bestee. Met ’n paar spuite lyk my hare weer versorg. Ek wil professioneel en versorgd lyk en gaan nie met die res van my gesig sukkel nie. Ek het dit vier uur gelede by die huis gedoen. Dit gaan nie oor hoe ek lyk nie, dit is oor wat ek sê.

Ek het vrae voorberei wat verband hou met die karakter wat Amy uitbeeld, maar ook ’n bietjie oor die vrou self openbaar. Sy is so ’n plat-op-die aarde mens en deel dinge wat ek nie verwag het sy sal deel nie. Een van die dinge waaroor sy sterk voel, is die opvoeding van meisies en die invloed wat dit op hulle sukses het.

Dan is ek op pad na Sony vir hul geanimeerde Spiderman-film. Hulle het ’n foto-hokkie. Een kennisgewing sê: Slim.

Dit laat my dink aan die voormalige Mej. Suid-Afrika, Peggy-Sue Khumalo, wat pas bevorder is tot uitvoerende hoof van die rykdomafdeling vir Standard Bank, Suid-Afrika. Vir so lank het mense geniet om opmerkings oor skoonheidskoninginne te maak. Hulle het gedink jy het dan geen intelligensie nie. Dit is nie waar nie en ons onlangse vlaag van mej. SA’s bewys dit. So hier is ’n saluut vir Peggy-Sue. Ek neem die “Slim” teken en laat ’n foto neem. Gewoonlik het slim mense nie nodig om te sê hulle is slim nie, maar ek is moeg en speels, so ek doen dit in elk geval.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Mej. SA 2018

Dis nou laatmiddag en ek keer terug huis toe. Dit was ’n fassinerende dag. Ek dink na oor die gesprekke wat ek vandag gehad het. Christian Bale was warm en snaaks – hy is gereeld ernstig en inkennig, maar dit lyk asof hy oor die afgelope paar jaar baie oopgemaak het en sy Britse humor het vandag sterk uitgekom. Hy het my laat skaterlag tydens ons gesprek. Hy het dit duidelik gemaak dat hy nie enige oordeel oor die karakter van Dick Cheney wou spreek nie en dat hy nie sy persoonlike politieke sienings tydens die onderhoud wou deel of met die fliek geassossieer hê nie.

Christian Bale. Foto: Magnus Sundholm vir die HFPA.

Amy, wat ook in ’n TV-reeks genaamd Sharp Objects verskyn, is ’n inspirasie om net jouself te bly, maak nie saak wat nie. Soos ek is sy effe skaam en ek het dus gevoel ek verstaan werklik waaroor sy praat. Anders as ek, aan die ander kant, moes sy haarself verander van hoe sy grootgemaak is tot die sterk vrou wat ons nou sien. Terwyl ek hierdie skryf, stop ek en dink ek na vir ’n oomblik. Sy het my vertel dat sy grootgemaak is om ’n “good girl” te wees. Ek is ook so grootgemaak. Maar wie se definisie van “good” moet ons nou volg, hm? Sy vertel dat sy nie altyd aangemoedig is om haar stem dik te maak as kind nie. In my gesin was dit die teenoorgestelde. My ma was vreesloos vir haar dogters en sy het ons aangemoedig om die regte ding te doen en om terselfdertyd ons stemme dik te maak.

Lees ook: Margaret – ’n Ma soos myne

Ek was die jongste van drie susters, en my twee ouer susters het reeds sterk persoonlikhede as kinders gehad. Hulle het my onder hul vlerk geneem en my opgepas en my ondersteun. Dit het my toegelaat om die stil ene te wees. Ek sou kyk hoe ander uitblink. Dit was eers toe ek geforseer is om ’n openbare persoonlikheid te ontwikkel deur die toevallige sukses as internasionale model en toe as Mej. SA buite ons landsgrense, wat hierdie laggende persoon wat maklik gesels na vore gekom het. Nou sal my susters vir enigeen vertel dat ek nooit stilbly by die etenstafel nie! Maar dit is die ander kant van skaamwees: Wanneer jy met ander mense gesels en grappies maak sien hulle nie die broosheid aan die binnekant raak nie. Dit gaan oor persepsies: Dié van ander en van onsself. Dit is wat ons binne ons ronddra en te bowe moet gaan.

Die les waaraan ek vandag herinner is, is om nie te fokus op dit wat ander mense oor jou sê nie. Moenie jou bekommer oor hoe jy lyk verder as die beste jy nie. Gaan die wêreld in met positiwiteit en jou dag mag jou dalk net aangenaam verras!

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.