kategorieë: KalenderOntspanning

Jozi Boekefees 2017

Die negende Jozi Boekefees is hier! Dié fees sal tussen 31 Augustus en 3 September 2017 plaasvind by Mary Fitzgerald-plein in Newtown, Johannesburg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Jozi Boekefees is ’n opvoedkundige en kulturele fees vir jonk en oud, akademies en die publiek. Hierdie jaar se program is propvol met meer as 150 afsonderlike geleenthede vir mense van alle ouderdomme en met alle belangstellings.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vanjaar se tema is Women and Literature en om dit te vier bring die boekefees twee letterkundige reuse bymekaar: Kopano Matlwa, outeur van romans soos Coconut, Spilt Milk en Period Pains, asook Shailja Patel, die internasionaal-erkende Kenyaanse digter, dramaturg, teaterkunstenaar, politiese aktivis en outeur van die topverkoper Migritude. Die tema beklemtoon verder dié fees se inhoud waar die fokus spil om die uitbeelding van vroue deur manlike en vroulike skrywers en kunstenaars.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Waarna kan jy uitsien?

Outeure by die boekefees:
Mohale Mashigo, Marah Louw, Malebo Sephodi, Reneiloe Malatjie, Jayne Bauling, Dumisani Sibiya, Ashwin Desai, Pregs Govender, Christa Kulijan, Lindsey Collen (Mauritius) en Malin Persson Giolito (Swede). Die twee feesgaste, Kopano Matlwa en Shailja Patel, sal gesels oor hul werk tydens paneelgesprekke. Legendes en feesbeskermhere sluit in Zakes Mda, James Mathews, Keorapetse ‘Bra Willie’ Kgositsile en Diana Ferrus.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Outeursgesprekke:
Mediapersoonlikheid Penny Lebyane sal gesels met Marah Louw oor haar boek It’s me, Marah en Mohale Mashigo praat met Malebo Sephodi oor haar boek Miss Behave. Reneilwe Malatji kyk dieper na hoe verhoudings verander soos vroue meer onafhanklik raak in haar boek Love Interrupted en die joernalis Thandeka Gqubule sal insig lewer oor haar boek No Longer Whispering to Power: the Story of Thuli Madonsela.

Werkswinkels:
Die fees sal meer as 20 vaardigheidswerkswinkels behartig. Dit sluit in skryfwerk (kortverhale, digkuns), fotografie, sosiale medie, filosofie vir tieners, meditasie vir die jeug en dansmeditasie.

Boekbekendstellings:
Boeke wat bekend gestel sal word, sluit in die tweede uitgawe van Batjha Kaofela – ’n bundel van 10 kortverhale deur tieners van verskillende townships en drie boeke wat handel oor #FeesMustFall deur LeighAnn Naidoo, Oliver Metho en Crispen Chungo.

Round Table-gesprekke en paneelgesprekke:
Gesprekke wat sal plaasvind, sluit in temas soos Women in Literature, White Monopoly Capital: What future for SA? en Crisis of Feminism. Paneelgesprekke sal gehou word oor die Mining Charter met Oxfam.

Kunsuitstallings:
Die Market Photo Workshop se vrouefotograwe se werk sal uitgestal word, en Mazwi Mdima se beeldhouwerke, getiteld Imbali Yo Mfazi/ The Legend of Woman, sal uitgestal word by die Werkersmuseum.

Musiek:
Musiekopvoerings sluit in skoolorkeste en musikante van die Moses Molelekwa-stigting.

Toneel:
Inner City Youth sal drie ikoniese tonele opvoer: Sizwe Bansi Is Dead, The Island and For Coloured Girls en Bootoo. Die Jozi Boekefees is ook trots om die film, Whale Caller (deur regisseur Zola Maseko), vir die publiek te vertoon. Dié film is gebaseer op die naamgewende boek deur Zakes Mda.

Meer inligting

Toegang is gratis.

Datums: 31 Augustus – 3 September 2017.

Bosoek ook die Jozi Boekefees se webblad vir meer besonderhede

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

10 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.