kategorieë: Skoonheid

Naelkuns-inspirasie

Die gradiënt: Speel met skakerings

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Foto’s verskaf

In plaas daarvan dat jy jou naels laat ombré is hierdie nuwe tendens baie meer gewild vir die volgende seisoen, sê Inedla Biela van Imbalie. Die gradiënt is nie van dieselfde kleur nie, maar eerder van verskillende kleure, soos rooi na swart.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Negatiewe spasies

Daar is beslis iets omtrent abstrakte patrone in of op ’n oop spasie, wat veral stylvol lyk op ’n klein kunsdoek. Jy kan eksperimenteer met kleur en patrone op ’n skoon nael om jou naels mooi te versier en ook stylvol te laat lyk. Verf klein kolletjies of driehoeke op strepe met verskillende kleure, stel Inelda voor. Onthou daar is geen reëls as dit kom by skoonheid nie, net riglyne.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Stap-vir-stap naelkuns

Die romantiese voorkoms

Die klassieke voorkoms wat amper soos kant lyk, gee jou naels ’n romantiese voorkoms. Kombineer dit met ’n skoon of natuurlike kleur en moet ook nie bang wees om ’n bietjie “glitter” by te voeg nie, stel Indela voor.

Die nuwe Franse manikuur

Die Franse manikuur is ’n staatmaker en ’n voorkoms wat vir lank nog in die mode gaan wees, maar wees braaf deur ’n onverwagse vorm en kleur in plaas van wit op die nael se punte, of selfs ’n ekstra lyntjie erens by te voeg.

Lees ook: Naelkuns

Die “glitter” streep

Nalkuns: Minell Nail Art, Kaapstad

Minder is meer met hierdie eenvoudige maar elegante styl. Die voorkoms is onderbeklemtoon en laat ons dink aan die moderne manier van grimering aanwend. Trek met ’n fyn kwassie vertikale strepies in die middel van jou nael en wend ’n bolagie aan.

Foto: Corné Greeff. Stilering: Bianca Jones

  • Avon Nail Wear Pro + in Rosie Gold (prys op aanvraag)
  • Mavala 358 Glam Chic (R86, beskikbaar by Dis-Chem)
  • Ice Box City Lights (R119,99, beskikbaar by uitgesoekte Edgars-winkels)
  • Essie Luxe Collection (R134,95)
  • Morgan Taylor in Give me Gold (R138)

Onthou

“Smeer ’n bietjie Vaseline Petrolium Jelly aan jou naelvliesies om naelgroei aan te help,” is Minell se raad. Smeer ook aan jelnaels voor jy skottelgoed was om die nael en kleur teen skottelgoedwater te beskerm en te keer dat dit lig.”

Lees ook meer oor dié oorspronklike wonderjellie

#rrwenk

Wanneer jou manikuur begin uitgroei, gebruik ’n “glitternaellak oor die gaping tussen die manikuur en jou naelvelletjie.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.