kategorieë: Bekendes

Judith Jones sterf

Judith Jones is gisteraand in die ouderdom van 93 oorlede. Die oorsaak van haar dood is toegeskryf aan komplikasies van Alzheimer se siekte. Sy was bekend as redakteur van kookboeke en ander tekste wat ’n impak op ’n wêreldwye leserskap gehad het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jones het in die vroeë vyftigerjare as redakteursassistent in Parys by Doubleday Boekehuis gewerk. Sy het onder andere gewerk met die vertalings van boeke deur Jean-Paul Sartre en Albert Camus. Die 27-jarige Jones is eendag opdrag gegee om afkeuringsbriewe te skryf aan outeurs en ander uitgewers wat hul boeke aan hulle gestuur het. Die Dagboek van Anna Frank, wat op daardie punt net in Nederlands en Duits beskikbaar was, het op hierdie hopie gelê. Jones het dit raakgesien en besluit om dit eers te lees voordat sy dit sou afkeur, want die gesig van die meisie op die voorblad het haar aangegryp. Sy was dadelik oortuig dat dit gepubliseer moet word en het dit toe ook gedoen. Sedert die Engelse vertaling is dit in meer as 60 tale vertaal en meer as 30 miljoen kopieë is wêreldwyd verkoop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jones het daarna na Knopf, ’n ander boekehuis, geskuif in die Verenigde State en dis hier waar sy nog ’n boek gered het wat afgekeur sou word. Hierdie keer was dit ’n kookboek deur die toe onbekende Julia Child en twee ander mede-outeure, Simone Beck en Louisette Bertholle. Die boek was Mastering the Art of French Cooking, wat kosmaak in Amerika heeltemal verander het deur eenvoudige dog smaaklike resepte. Meer as 1 miljoen kopieë is wêreldwyd verkoop en Child het bekend geword en selfs haar eie TV-program aangebied waar sy Franse kookmaniere in die Amerikaanse huishouding gebring het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jones was self lief vir kos en kosmaak, en het konstant haar oë oopgehou vir nuwe en innoverende kookboeke en -style. Sy het self ook kookboeke geskryf, en memoirs oor haar liefde vir kos bekendgestel. Sonder Jones sou kookkuns vandag baie anders wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

17 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.