kategorieë: InspirasieJou lewe

Mike Dooley, die man

Mike Dooley van Orlando in die VSA lyk dalk na ’n doodgewone ou. Goed gemanierd, nederig, bedagsaam en so aan, maar moenie dat dit jou ’n rat voor die oë draai nie. Sy lewensverhaal is ’n opeenvolging van onverwagshede.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Na sy studiejare het hy as geoktrooieerde rekenmeester by PriceWaterhouseCoopers gewerk, maar dié gerekende pos gelos om ’n T-hempbedryf saam met sy ma en broer te begin. Sy grootste plesier tydens die bedryf van hierdie onderneming was … die skryf van inspirerende spreuke wat op die T-hemde gedruk kon word!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ná een miljoen T-hemde en jare van twaalf- tot dertien uur skofte by die depot moes ons ons onderneming laat likwideer. Ek was 39 en doodbang. Geen rekenmeestersfirma het op my CV gereageer nie. Ek het met e-kaartjies en ander idees probeer geld maak, maar verniet.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lang storie kort: Mike het Notes from the Universe, gereelde e-posse wat kamma van die Heelal af kom, begin uitstuur. Dit het gewerk. Daarby het hy sy eerste selfhelp-oudioprogram saamgestel, en die eerste dag $5 000 daarvan verkoop. Nóg ’n vrees wat Mike met die hulp van die Toastmasters die nek ingeslaan het, was om voor mense op te tree. “Ek sou liewer ’n stadige dood sterf as om voor mense te praat …”

Vandag is Mike ’n internasionale topverkoperskrywer, motiveringspreker en – soos hy graag sê – ’n avonturier wat mal is daaroor om te reis en met mede-avontuurlustige geeste oor die lewe, drome en geluk te gesels. Die spilpunt van alles is sy filosofiese TUT Adventurer’s Club™ by tut.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Rondom die wêreld

Mike is juis besig met sy vierde wêreldreis, en Johannesburg en Kaapstad kom onderskeidelik op Saterdag, 26 Augustus en Sondag, 27 Augustus 2017 aan die beurt. Mike sal sy Playing the Matrix-werkswinkel aanbied. As persoonlike groei en pret hoog op jou prioriteitslys is, kan jy gerus by hom aansluit. Jy sal nie spyt wees nie. Bespreek hier: Playing the Matrix and Getting What You (Really) Want

Die volle opbrengs van die werkswinkels gaan aan Daily Bread en Philippi Childrens Centre, twee plaaslike organisasies wat hulle op kinders toespits.

Lees ook: Die krag van jou denke

Die mooi Meksikaan

Mike was jare lank ’n doodgelukkige oujongkêrel wat sy werk geniet en sy familiebande en vriende gekoester het. Cupido – daardie ondeunde knaap met die dodelike pyltjies – het egter ander planne vir hom gehad. In 2008, tydens een van Mike se optredes in Meksiko, het ’n pragtige vrou sy oog gevang. En hy hare: liefde op die eerste gesig.

“Marisol is in Meksiko gebore en was nooit buite die landsgrense totdat sy my ontmoet het nie. Sy het nie ’n woord Engels gepraat nie, en ek weer geen Spaans nie.

“Dit was eenvoudig bisar hoe goed ons sonder taal oor die weg gekom het. Daar was nie een enkele keer ’n ongemaklike stilte nie. Wanneer oogkontak, gebare of prentjies nie die ding wou doen nie, moes ons ’n conscierge by ’n hotel of ’n taxidrywer gaan soek wat Spaans én Engels verstaan, sodat ek byvoorbeeld kon vra of sy die aand na ’n balletuitvoering wou gaan.

“Vriende het gespot oor die ‘woordlose taal van die liefde’, met die insinuasie dat alles om die liggaamlike gedraai het. Dit was eenvoudig nie so nie! Ek soek nou nog na woorde wat kan beskryf hoe goed dit werk wanneer twee mense op dieselfde golflengte is. Vandag praat Marisol Engels, hoofsaaklik omdat ons in die VSA woon, en ons spot dat ons mekaar gelukkig nog net so goed verstaan.”

In 2011 is Mike en Marisol getroud, en drie jaar gelede het hy die eerste keer pa geword. ”Dit voel elke liewe dag of ek die Lotto twee keer gewen het – eers met my vrou, en toe met ons klein Rebecca. Maar ons het ook besluit genoeg is genoeg; geen verdere babas nie, one and done!

“Ek was nog altyd ’n werkolis wat heeldag op kantoor kon werk en na aandete verder gewerk het in my tuiskantoor. Werk het vir my soos speel gevoel. Maar nou is ek daarop bedag om beskikbaar te wees vir die twee vroue tuis. Sedert Rebecca daar is, is my ure met die helfte gesny. Sy het geen konsep van tyd nie en is nooit haastig nie. Dit is verfrissend om die lewe deur haar oë te ervaar. En die aanpassing by korter werksure is ’n klein prys om vir al die seëninge te betaal!”

Suid-Afrika

Mike skeduleer sy wêreldreise só dat hy meer tyd tuis deurbring as op die pad. “Ek besoek net ’n paar lande op ’n slag en slegs een of twee stede in elke land. Tussendeur gaan ek vir drie weke huis toe.”

Hoe voel hy oor Suid-Afrika?

“Dis nou my derde besoek, en een van my gunstelingbestemmings! Hier ervaar ek ’n warmte onder die mense wat ek nie elders teëkom nie. Daar is natuurlik ook die natuurskoon – in een woord mind-boggling! Ek sluit dikwels ’n toer by my wêreldreise in, en direk na my werkswinkels in Johannesburg en Kaapstad vanjaar besoek ek en ’n groep van 50 mense Kaapstad, die Krugerwildtuin en die Victoriavalle in Zambië. Die meeste van die toerlede is Amerikaans. Ek kan nie wag om alles saam met hulle te beleef nie.“

Een karaktertrek van Mike wat ek wens ek hier kon weergee, is sy eiesoortige sin vir humor. Hy is een van die kreatiefste skrywers wat ek ken, en sy gratis “Notes from the Universe” weeksdae in my e-posmandjie vrolik my al jare lank op. Ek sien daarna uit om sy ligtheid van gees dié maand tydens sy Playing the Matrix-werkswinkel te beleef! En natuurlik na die nuwe dinge in my lewe wat die werkswinkel gaan inspireer …

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman
Tags: wellbeing

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.