kategorieë: Bekendes

Blinde SA-sangeres wen 7 medaljes in L.A.

Nie net hou sy Suid-Afrika se naam hoog nie, maar Robyn Waters is ook ’n inspirasie vir so baie mense regoor die wêreld. In Julie het Robyn en haar ma, Zuzette Waters, na Los Angeles gereis sodat Robyn aan die wêreldkampioenskappe vir uitvoerende kunste (WCOPA) kon gaan deelneem. Robyn was die enigste Suid-Afrikaanse sanger wat deurgedring het na die finale vertoning.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Robyn is baie ingestel op die energie van die gehoor, veral omdat sy hulle nie kan sien nie. Sy sê dit is eers wanneer jy die gehoor se intense energie voel, dat jy besef hoe groot die geleentheid werklik is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

En senuwees? Robyn sê dat sy aanvanklik eers senuweeagtig was, maar dat dit verdwyn sodra sy die eerste noot begin sing.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die WCOPA (Wêreldkampioenskappe vir Uitvoerdende Kunste) word jaarliks in Julie gehou by die Long Beach Perfoming Arts Centre in Los Angeles. Sy was deel van die Suid-Afrikaanse span wat die voorreg gehad het om ons land te verteenwoordig, waar daar ook 45 ander lande deelgeneem het. Die afdelings het onder meer Sang, Rolspel, Modelwerk, Dans en Instrumentaal ingesluit. Sy het in April gekwalifiseer vir Sang, nadat sy aangewys is as “Vocalist of the Year 2017” deur SACOPA, wat gehou word in Nasrec. Verder het sy ook vir Instumentaal gekwalifiseer nadat sy die algemene wenner was van klavierspel in haar ouderdomsgroep.

Die Suid-Afrikaanse span by die WCOPA

Robyn het 3 goue medaljes by WCOPA verower, 2 vir Opera en in die Ope-katagorie (waar deelnemers enigiets kon sing), en dan ook die hoogste goud wat jy kan ontvang in die finale vertoning. Sy het ook silwer vir country-musiek en wêreldmusiek ontvang, asook brons in die broadway en verskeidenheid-afdelings. Sy was ook die wenner van die bedryfstoekenning (industry award) wat toegeken word aan deelnemers met die belowenste talent. Die toekenings word deur mense van die Hollywood-vermaaklikheidsbedryf toegeken.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As jy vir Robyn vra hoe sy oor haar prestasies voel, bly sy nederig. “Ek was en is nog steeds baie verbaas dat ek gewen het. Die kompetisie was ongelooflik sterk, veral in die sangafdeling. Dit is ’n lang pad van voorbereiding en daar is soveel talentvolle SA-sangers soos Mart-Marie en Christine, wat dit ook verdien het om daar te staan,” sê Robyn.

Robyn verkies dit om opera te sing, aangesien dit baie uitdagend is en ook die mees ekspresiewe genre is. Sy vertel dat dit haar wegneem na ’n ander wêreld, ’n wêreld waarin sy haar emosies kan uitleef. Sy probeer ook ander genres soos Jazz en Country en is gelukkig genoeg om ’n mentor te hê wat haar ondersteun en in haar glo.

Van kleins af het Robyn op haar oupa se klavier begin speel en haar eie liedjies opgemaak. Nadat haar oupa vir haar gesê het sy het ’n mooi stem, het sy besluit om te begin sing. Mev. Elmarie van Aarde, wat musiek by die Pionierskool op Worcester gee, het vir Robyn die geleentheid gegee om by funksies en talent-aande te sing. Sy het dit baie geniet en besluit dit is wat sy eendag wil doen. Haar ouers het besluit om haar te ondersteun en nie druk op haar te plaas nie en haar pa het besluit dit moet Robyn se eie keuse wees as sy vir sanglesse wil gaan. Op die ouderdom van 12 het Robyn by Mev. Anchen Swart op Worcester begin lesse neem en ook begin deelneem aan plaaslike kompetisies, waarin sy toe baie goed gevaar het.

In 2014 het Robyn die Gemini-sangkompetisie gewen. Sy het ook in 2015 die geleentheid gekry om deel te wees van die RMB Starlight Classics, wat jaarliks by die Vergelegen Estate in Somerset Wes aangebied word. Sy kon toe saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes sing en het ook die geleentheid gekry om ’n duet saam met Nianell te sing. Robyn beskryf dit as ’n droom wat waar geword het. “Soos die lot dit wou hê, het ek my Opera Mentor Maudee Montierre ontmoet. Dit was bedoel om te wees. Sy verstaan my en het ongelooflik baie geduld met die uitdagings wat saam met my blindheid kom.”

Hier is die video van Robyn se optrede by WCOPA

Om die druk van kompetisies te beheer glo sy aan goeie voorbereiding. Sy glo ook, soos haar Mentor haar geleer het, om die storie agter die liedjie te verstaan sodat jy jou emosies kan gebruik wanneer jy daaroor sing, dit help haar ook om die woorde makliker te onthou, veral as dit in ’n ander taal is. By kompetisies lees of skryf sy sodat sy kalm kan bly. Robyn se uitkyk op die lewe is dat alles soveel makliker is as jy dit met liefde doen.

Robyn sal graag nog saam met Loyiso Bala wil sing en dan wil sy ook graag weer saam met die filharmoniese orkes optree. Twee internasionale sangers waarmee sy ook eendag die verhoog sal wil deel is Josh Groban en Andrea Bochelli.

Robyn gesels oor die tyd toe sy en haar ma saam in Los Angeles was:

“Dit was vir ons baie lekker om te dink ons is daar op die ‘4th of July.’ Ons het vuurwerke gaan kyk by die Queen Mary in Long Beach. Ons het tussen optredes ook ’n draai gaan maak by die Hollywood Walk of Fame, Dolby Theatre waar die Emmy’s toegeken word asook die Starlight Tours gedoen. Verder moes ons natuurlik Starbucks gaan probeer (ek is baie lief vir koffie!) Die enigste negatiewe ervaring was die kos. Hulle kos is nie so lekker soos Suid-Afrikaanse kos nie – hulle weet nie wat ‘slaptjips’ is nie. Op die laaste dag was ons in L.A. by Universal Studios. WOW! Ek sal almal aanraai om dit te doen. Ek was op elkeen van die ritte … om blind te wees het sy voordele. Dit was ongelooflik lekker. My ma is darem ’n bok vir sports en geniet dit net so baie.”

Robyn en haar ma, Zuzette by WCOPA

Zuzette is baie trots op haar dogter en alles wat sy al bereik het. Volgens haar is sy en Donavin, Robyn se pa, haar grootste ondersteuners. Sy vertel dat Robyn ongelooflike deursettingsvermoë het en baie hard werk vir wat sy wil bereik. Vir hulle is dit baie belangrik dat Robyn net geniet wat sy doen.

Die grootste uidaging met die reis na Los Angeles was die fondsinsameling. Robyn kon nie op haar eie gaan nie en moes iemand saamneem wat haar kon begelei, so dit het die koste verdubbel. Om geld in te samel het Robyn ’n CD gemaak met haar gunstelingliedjies wat sy verkoophet.

“Daar is gelukkig ook engele daar buite wat glo in my talent. Vir hulle moet ek dankie sê. Die geleenthede wat ek kry is te danke aan hulle en iets wat ek nooit vir myself sou kon droom nie.”

Robyn beskryf haar sangloopbaan as ’n “work in progress.” Sy sê sy het nog baie om te leer voordat sy ’n sukses daarvan kan maak. Sy is ook onlangs gekies om deel te wees van ’n TV-produksie deur Neil van Deventer (regiseur van Dis ek, Anna), waar hulle jong talent saam met die Afrikaanse groep Spoegwolf bekendstel. Hulle werk tans daaraan.

Robyn se storie is opnuut ’n bewys dat as jy in jouself en in jou drome glo, jy enigeiets kan bereik.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.