kategorieë: Bekendes

Prins Philip tree uit sy openbare rol

Prins Philip (96) het gister (2 Augustus 2017) sy laaste amptelike openbare verskyning by ’n geleentheid vir die Britse Vloot by Buckingham-Paleis gemaak. Dit was ’n bedankingseremonie vir lede van die Vloot wat deelgeneem het aan die 1664 Global Challenge, wat gehou is om fondse in te samel en om bewustheid te skep vir die Vloot.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hy sal steeds vir Koningin Elizabeth (91) by sekere funksies vergesel, maar hy sal nie meer alleen by openbare geleenthede verskyn nie en hy gee sy verantwoordelikhede as sulks op.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Die Prins, wat 70 jaar lank die amptelike metgesel van Koningin Elizabeth was, het vir 65 jaar sy verpligtinge as die Koningin se gemaal nagekom sedert sy in 1952 gekroon is. Die koninklike paartjie was in Kenya toe haar pa, Koning George VI te sterwe gekom het en sy, op die ouderdom van 25, die koninklike funksies moes oorneem. Hy is die langste dienende gemaal en het al, saam met gister se funksie, 22 219 funksies alleen bygewoon as ’n verteenwoordiger van die Koninklike Familie. Daarby het hy al 637 kere oorsee op sy eie gereis om 143 lande te besoek. Hy het 5 496 toesprake gegee, 14 boeke geskryf, en is aangestel as beskermheer oor 785 organisasies deur sy loopbaan.

Prins Philip het redelik gemengde gevoelens onder die pers en die openbaar ontlok. Hy het al ’n paar keer ongemaklike situasies veroorsaak vir homself en die Koningin deur ongepaste opmerkings te maak. Aan die ander kant het mense sy sin vir humor geniet, veral omdat hy homself kon spot. Hy en Koningin Elizabeth was ook die eerste paartjie in die geskiedenis van die Koninklike Familie wat die media meer toegang gegee het tot hul familie – iets wat Prins Charles en Diana en nou Prins William en Catherine ook toelaat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.