kategorieë: Bekendes

June van Merch & Lee-Ann van Rooi oor Sara se Geheim

Sara se Geheim is ’n dramareeks van 13 episodes wat in Kaapstad afspeel en twee verhale wat hand-aan-hand loop – dié van ’n familie in Durbanville en dié van ’n familie in Athlone. Hierdie families se lewens is oënskynlik wêrelde van mekaar verwyder, maar een leuen verbind hulle: ’n leuen wat reeds 35 jaar lank geheim gehou word …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Tog is die reeks nie net donker en dramaties nie. Die temas word ook gejukstaponeer teenoor die ligter, meer humoristiese gevolge van leuens en geheime in die daaglikse bestaan van die karakters.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

June van Merch

Jy speel die rol van Sara Abrahams in die nuwe dramareeks Sara se Geheim. Soos ons verstaan is sy die persoon in die reeks wat al drie die gesinne saambind. Vertel vir ons meer oor die verbinding en die karakter.

Sara is die stammoeder van al drie gesinne. Sy is die spil waarom alles draai in haar drie kinders se emosionele lewe. Hulle verhouding met hulle onderskeie gades word beïnvloed deur Sara se geslotenheid en hardnekkige geheimhouding oor haar weeklike “shopping dag”. Sy kan dus nie heeltemal oop kaarte speel en in waarheid omgaan met haar gesin nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sara dra swaar aan die diep, donker geheim – sy moes die leuen vertel om haar oudste seun (Johnny) se lewe te red. Vertel vir ons meer van die ma-en-seun-verhouding tussen Sara en Johnny.

Sara sal alles doen om Johnny tevrede te stel. Die “shopping dag” word deur niks gestuit nie. Nie deur enige belangrike dae in haar ander kinders of kleinkinders se lewens nie. Sy grens amper aan obsessief. Of Johnny dit waardeer sal ons maar moet uitvind.

Hoekom vind Sara dit nodig om haar kinders se geheime te bewaar? Dit is mos hul eie plig om hul probleme in die gesig te staar, of hoe?

Plig of nie plig nie. Sara word oorheers deur ’n gevoel van ‘come hell or high water!’ – as die geheim uitkom sal haar hele gesin uitmekaar spat en haar bestaan gebaseer op een groot leuen haar status as matriarg verwoes. Sy aanskou hoe haar jongste dogter vrot keuses maak in haar lewensmaat Danny, hoewel sy daarin slaag om hom te uitoorlê. Sy beskerm dus haar kinders maar of haar aksies hulle bemagtig in hul algehele verhoudings is te bevraagteken.

Maggie Cloete (gespeel deur Lee-Ann van Rooi) is Sara se dogter. Vertel vir ons van die ma-en-dogter-verhouding tussen julle.

Maggie is Sara se “control freak”-kind en die leuen oor Johnny wat “dood” is wek groot spanning. Maggie was baie na aan Johnny en verwys graag na hom met liefdevolle deernis. Daar is nie ’n werklike vertrouensverhouding tussen die twee nie. Sara se genadelose geslotenheid dra by tot die miskommunikasie.

Wat dink jy gaan jou karakter vir kykers beteken?

Ons weet dat ons almal eintlik deel is van mekaar en dat ons almal met mekaar se bloedlyne op een of ander manier verbind. Sara is een van daai bloedlyne.

Hoe is dit om op stel saam met mekaar te werk en lewe te gee aan die storie?

Ons was almal baie ondersteunend en het lekker ordentlike professionele dissipline gehad. Baie humor veral met Quanita Adams wat Sara se jongste dogter speel.

Wat is die boodskap wat jy graag wil hê oorgedra word?

Cheesy, maar ons almal behoort aan mekaar!

Foto: kykNET

Lee-Ann van Rooi

Jou karakter, Maggie Cloete, word die meeste geraak deur Johnny (gespeel deur Dawid Minnaar) se verdwyning. Hoekom?

Hy was haar boeta. Sy het altyd na hom toe gegaan met enige probleem. Hulle het baie goed oor die weg gekom. En net so, eendag, het hy verdwyn, now presumed dead. Maar sy sukkel nog daarmee, en kyk nog steeds uit vir hom, of verbeel haarself sy sien hom nog.

Vertel vir ons meer oor Maggie en Johnny se broer-en-suster-verhouding. Soos ons verstaan het jou karakter Johnny verafgod.

Oudste broer, jongste sussie, ma moes gaan werk. Hulle het baie tyd saam spandeer voor die baba, Lizzie (Quanita Adams) gebore is. Hy het haar baie dinge geleer.

Brendon Daniels speel die ongure Ricky. Vertel  vir ons meer van sy karkater en die sterk verhouding wat die twee van julle aanknoop.

Toe Johnny weg is, het sy betrokke geraak met die vekeerde tjommies. Sy het Ricky ontmoet en hulle het vir mekaar geval, maar hulle was doomed van die begin af … wrong side of the tracks. Een aand het iets gebeur en Ricky het betaal, met tronkstraf, maar hy het haar nog lief. Sy wou egter meer uit haar lewe gehad het.

Is Maggie werklik lief vir Ricky? Of is hy net ’n manier om die aandag van Johnny af te trek?

Sy was. En is miskien op ’n manier, maar dit is baie moeilik vir haar om enige iemand regtig lief te hê. Net met haar jongste seun maak sy haarself meer oop.

Maggie aanvaar later ’n trouaanbod van Virgil Cloete (Charlton Lee George). Hoekom het sy die aanbod aanvaar?

Survival of the fittest. Sy sal enigiets doen om te wen. Sy sluit haar emosies toe, en doen wat sy moet om ’n beter lewe vir haarself te skep. Sy het jonk reeds geleer: om vir iemand of iets om te gee, is nie die moeite werd nie.

Maggie is ’n moeilike karakter om te vertolk. Hoe het jy dit ervaar om deur al die diep, donker leuens en emosies te gaan?

Ná 45 jaar op dees aarde, is daar goed wat niemand jou kan leer nie. Ek was al baie keer in ’n donker plek.

Wat hoop jy leer die kyker by Maggie?

Komunikeer met die mense in jou lewe. Lewe.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

13 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

19 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

21 hours Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

22 hours Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 day Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.