kategorieë: VelsorgSkoonheid

Justine Tissue Oil Active Repair – ’n Nuwe, innoverende weefselolie vir ’n aktiewe leefstyl

Presies 50 jaar gelede het Justine Suid-Afrikaanse skoonheidsorg radikaal kom verander toe hulle in 1973 hul ikoniese weefselolie bekendgestel het. Om hierdie mylpaal te vier, het hierdie gerekende handelsmerk van persoonlike sorg, skoonheidsmiddels en geure iets nuuts tot hul weefselolie- portefeulje gevoeg, wat veral daarop gemik is om verbruikers met aktiewe leefstyle te komplementeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die nuwe Justine Tissue Oil Active Repair is vir fiksheidsgeesdriftiges geskik, wat stywe spiere na ’n oefensessie ervaar én vir mense wat as gevolg van stres, swak postuur en te lank in een posisie sit met seer spiere sukkel. Dit streel pynlike spiere en kondisioneer die vel danksy ’n uniek saamgestelde weefselolie wat vinnig help om spierpyn en spanning te verlig terwyl dit ook jou vel voed en herstel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Oor die jare het Suid-Afrikaners se belangstelling in fiksheid en gesondheid al hoe meer gegroei. Hulle bring ook baie tyd voor skootrekenaarskerms en ander toestelle deur. Dit is ons mikpunt om die effek van ’n oefensessie en die spierpyn wat ons verbruikers ervaar te verlig,” sê Edwin Kodinye, hoof van die skoonheidskategorie by Justine. “Wanneer dit in die spiere in gemasseer word, help die Tissue Oil Active Repair om die inspanning ná oefening te verlig terwyl dit ook bloedsirkulasie verbeter. Dit kan ook voor oefening gebruik word om die sintuie te stimuleer, aan te wakker en te verfris terwyl dit die spiere van pyn, spanning en druk verlig.”

Die Tissue Oil Active Repair het dieselfde kragtige uitwerking as wat die oorspronklike weefselolie het, maar word verder versterk met ’n natuurlike mengsel van mentol-, kruisement- en bloekomolies wat ’n unieke verwarmingseffek het om spanning te streel en die vel se kondisionerende funksie te verbeter.

Wees een van die eerstes om hierdie baanbrekersproduk, Justine Tissue Oil Active Repair, te gebruik. Jy kan nou joune op Justine se webwerf (my.justine.co.za) of deur enige Justine-konsultant landwyd vir net R169 bestel.

*Op kliniese studies gegrond

Lees ook: Die 5 beste oefeninge vir ’n ferm agterstewe

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

22 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.