As een van Suid-Afrika se mees ikoniese en geliefde juweliersontwerpers, het Clifford wêreldwyd bekendheid verwerf vir haar unieke skeppings, maar ook vir haar buitengewone gees van liefde, omgee en mentorskap. Haar dogters beskryf haar as “charismaties, uniek, liefdevol, vrygewig en dapper”.
“Ons ma was ’n ikoon, mentor, vriendin en held vir soveel mense. Haar grootste nalatenskap is een van vreugdevolle gee – sy het altyd vrylik en sonder huiwering gegee: haar tyd, haar idees, haar liefde,” lui die verklaring.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('Clifford het haar lewe aan die ondersteuning van ander gewy en was passievol daaroor om mense te help om hul volle potensiaal te bereik. “Sy was op haar gelukkigste wanneer sy ander kon help om hul drome te verwesenlik,” sê haar dogters.
Haar bekende handelsmerk, Jenna Clifford, sal voortbestaan onder die sorg van haar familie. “Ons is toegewy daaraan om op die stewige fondament wat sy gelê het, voort te bou en die merkwaardige Jenna Clifford-verhaal voort te sit.”
Foto: David Dodds