kategorieë: WenkeMode

Jy en jou bra: 5 algemene wanopvattings

Versorg deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: tolgart/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1. Jy bly by een grootte bra

Jou borste verander nes jou liggaam, indien nie meer dikwels nie. Faktore soos hormone, gewigsverandering en swangerskap beïnvloed die grootte en vorm van jou bors. Meet gedurig jou borste en evalueer hoe jou liggaam verander het. Let op dat verskillende bra-handelsname en -tipes ook ’n invloed op jou koppiegrootte gaan hê: Jy kan tot meer as een koppiegrootte wissel as dit kom by verskillende bra’s.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2. Jy dra een bra vir ’n leeftyd

Jou bra is seker een van die items in jou klerekas wat die meeste stremming ondergaan – sweet, vogtigheid, verwringing en wasse kan jou bra verweer. Die standaard-kwaliteitbra verduur ongeveer 95 handwasse voor dit uitrek en vervang moet word. Kyk na die rekbaarheid van jou bra, omdat dit ’n groot rol speel in die gemak. Dit is ook belangrik om meer as een bra terselfdertyd te besit sodat jy in ’n siklus kan wissel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3. Jy weet nie wat jou grootte is nie

Een van die grootste foute wat vroue maak is om nie te weet wat hul bra- en koppie-grootte is nie en is te skaam om hulp te vra. Winkelassistente is daar vir ’n doel en is dikwels opgelei om jou met mates en style te help. Moenie skaam wees om hulp te vra of te erken as jy nie weet hoe om jou mates te neem nie. As jy wel self jou mates neem, maak seker jy meet met die korrekte toerusting.

4. Jy sê “alle bra’s het dieselfde doel…”

Hoewel die bra se hoofdoel ondersteuning is, is daar verskeie ander onderafdelings waarin verskillende bra’s geklassifiseer kan word. Opstoot, sportsnit, draadloos, soomloos … Identifiseer jou liggaamstipe en kies die beste snit en styl vir jou. Jy kan ’n bra vir spesiale geleenthede hou, soos ’n glansgeleentheid waar jy ’n rok met ’n unieke hals dra, of een sonder bandjies as jou skouers oop is, maar jou daaglikse bra’s moet so gemaklik sit dat jy daarvan kan vergeet.

5. Jou bra het te veel draadwerk

As jy groter borste het, beteken dit nie jy móét ’n bra dra met draadondersteuning nie. Baie vroue vind dat hoewel die draad meer ondersteuning bied, maak sommige snitte hul dikwels seerder en dus verkies hulle ’n sagter styl. Sommige draadlose bra’s behels koppies met spesifieke sponstegnologie wat ’n soortgelyke ondersteuning as die onderkant van jou bra bied. As jy wel ’n draadondersteuning verkies, hou die volgende in gedagte:

  • Maak seker die draad het ’n effense kurwe wat die vorm van jou borskas aanneem – onthou jou bors is nie plankplat nie! Dit sal ook help dat die draadente nie jou ribbes deurboor nie.
  • Maak seker die draad behels ’n mate van buigbaarheid om saam met jou liggaam te beweeg en volle ondersteuning en gemak bied.

Bronne:

Stephen van Niekerk, Anita-verspreider in Suid-Afrika

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

22 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.