Margaret se Wêreld: Swede en New York, Dag 5

Deur Margaret Gardiner

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

My oë is al vieruur oop. Ek probeer slaap, maar vergeefs. Ek kan netsowel die tyd gebruik. Ek trek my oefenklere aan en gaan gimnasium toe. Ek loop ’n man raak wat ook daarheen op pad is. Ek het gedink ek sou die enigste een wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ná ’n halfuur van kardio begin meer mense arriveer. Ek probeer lae gewigte, maar ek sukkel nog met ’n besering. My elmboog, voorarm en gewrig gee my steeds probleme ná ’n besering in Februarie in Londen. Die herstelproses was frustrerend stadig en rus maak nie ’n verskil nie. As ek terug is in LA moet ek dit regstel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek doen strekoefeninge en kies koers strate toe om New York te ervaar terwyl sy wakker word. Ek loop verby modewinkels soos Lord and Taylor en Sachs 5th Avenue voor ek terugkeer na my kamer vir nog navorsing en om my vrae voor te berei. Ek pak, eet ontbyt en begin met die onderhoude.

Mans se broeke het die afgelope paar seisoene al hoe korter geraak. Die knaap aan die regterkant het sy broekspype opgerol dat mens ’n kaal enkel kan sien! 😉

Susanna Fogel, vroueregisseur van The Spy Who Dumped Me, vertel die #MeToo-beweging het die klimaat vir vroue agter die kamera verander. Sy het Sam Heughan vanweë sy oudisie gekies sonder dat sy een episode van Outlander gesien het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sam Heughan. Foto: Magnus Sundholm vir die HFPA.

Ek glip uit en maak ’n video vir die HFPA-webtuiste en gaan terug vir die onderhoud met Sam. Sy aanhangers is passievol en ek het hulle gevra watter vrae ek kan vra. Die een waarvan ek die meeste hou, is: Watter geur sou hy wou wees? Ek vra die groot ou van Skotland en hy kry skaam. Ek verduidelik dit is ’n vraag van ’n aanhanger en hy knik sy kop. Hy kyk met skrefiesoë na die vensters terwyl hy dink. “As ek van ’n geur praat, dink ek aan tjips, so ek sal sout-en-asyn-geur wees.”

Goeie antwoord.

Hy kom eersdaags na Suid-Afrika vir ’n fliek. Nadat ons vir foto’s geposeer het doen ek ’n onderhoud vir die HFPA-webwerf.

Mila Kunis lyk so sjiek

Daarna gesels ek met Mila Kunis. Sy lyk so sjiek! In ’n gestreepte broek, rooi skoene en ’n swart T-hemp. Eenvoudig en afgerond. Haar oë is groot, ’n mens kan daarin verdrink.

Haar antwoorde is styf. Sy praat oor haar huwelik met Ashton Kutcher, moederskap en om saam met die wêreld se snaaksste vrou, Kate McKinnon van Saturday Night Live, te werk. Sy kom so laat dat ons afsluit met Katherine Heigl. Sy gesels oor haar rol in Suits, hoe om ’n sterk vrou te wees en om veertig te word. Ek glip uit en doen ’n onderhoud met Sam vir my Youtube-kanaal.

Hy het pas ’n peperment in sy mond gesit en kom eers halfpad deur die onderhoud agter dat dit sy spraak belemmer. Ons lag lekker terwyl hy die lekker fyn kou en aangaan met die onderhoud.

Kate is volgende en ek raak paniekbevange. Ek is op ’n 16:20 vlug na LA bespreek. Dit is Vrydag die 13de en om te probeer om uit New York te kom, is ’n nagmerrie.

Ek probeer so hard ek kan om Kate in te sluit en verlaat die hotel laat. Ek kom by die lughawe aan vyf minute nadat mense reeds aan boord begin gaan het.

Ek moet deur sekuriteit en dan aan die verste kant van die lughawe kom. Ek het tien minute voor hulle die deure sluit. Ek begin hardloop met my wielietjiestas en my outydse sirkelromp. Ek maak stadige vordering deur die massa mense. Ek raak desperaat. Dit was vyf heerlike dae, maar ek wil huis toe gaan!

Ek sien ’n gholfkarretjie verbygaan en daar is nog ’n sitplek oop. Ek hardloop langsaan en verduidelik my situasie. Kan ek asseblief saamry? Die ouer vrou met die kierie dring daarop aan dat ek saamry. Ek spring op en hulle neem my so na as moontlik aan my hek. Ek is steeds ’n paar hekke ver. Ek hardloop met my tas na die hek. Dit is leeg, maar die deure is nog nie gesluit nie. Ek spring in die vliegtuig, bêre my tas en maak my gereed vir die vlug van vyf uur. Die deure maak toe en ek raak aan die slaap. Ek word eers wakker toe die sitplekgordelliggies aankom vir die landing. Ek het nie gereël dat my normale drywer my oplaai nie en ek haal ’n Uber. Op pad huis toe sak die son.

Vyf pretdae vol avontuur, fassinerende onderhoude en om die lewe aan te gryp. Volgende week gaan ek San Francisco toe om Suid-Afrika te ondersteun in die Sewe Nasies Wêreldrugbytoernooi.

Kan iemand sê “Boerewors”? Ek kan nie wag nie.

Die son sak in LA en ek is bly om weer tuis te wees.

Lees ook: Margaret in Swede Dag 1

Margaret in Swede Dag 2

Dag 3: Totsiens Swede, Hallo New York!

Dag 4: New York

Volg Margaret gerus op facebook en Instagram om op hoogte te bly met haar glansryke lewe.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck
Tags: blogs

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.