kategorieë: FiksheidGesondheid

Jy kan in net ses minute per dag tydens “lockdown” goeie oefening kry

Jy kan in ses minute per dag tydens “lockdown” goeie oefening kry deur Anet Schoeman. Hooffoto: iStock/PeopleImages

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jy kan in net ses minute per dag tydens “lockdown” goeie oefening kry

‘n Vriendin vra onlangs of mens bedsere van ‘n Lazy Boy kan kry, want dis waar haar man die hele dag sit. Behalwe wanneer hy opstaan om die yskas oop te maak.

Het jy ook in ‘n rusbanksitter verander tydens die inperking?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die geheim is dat enigiets beter as niks is.

En sodra jy dit elke dag doen sal jy agterkom hoeveel beter jy voel.

Lees ook: Die vyf maklike oefeninge wat jy elke dag by die huis moet doen

Hoekom jy nie moet oefen as jy griep of verkoue het nie

Begin klein

Marc Fourie is ‘n fiksheidafrigter by Ignite Bike Coaching in Sandton en hy glo dat matige oefening ‘n wonderlike manier is om al die voordele uit oefening te kry.

Dis ook nou die ideale geleentheid om ‘n oefenroetine te vestig voor die winter begin en vele mense nie kans sien om buite te oefen nie.

Boonop kan verpligte sosiale afstand veroorsaak dat gims nie gou sal kan oopmaak nie, al word inperkings verslap.

Lees ook: Kry motivering om in die winter te oefen

Die voordele van oefening

Oefening stel endorfiene in ons brein vry wat ons laat goed voel en dit geld enige oefening. Jy voel goed, slaap beter en lyk beter. Voorwaar die moeite werd!

Jy hoef nie vir ‘n Ysterman te oefen om die voordele te kry nie.

Intense oefening moet baie fyn bestuur word om te verhoed dat jy te veel oefen en spiere afbreek eerder as bou. Dus is matige oefening perfek vir diegene wat wil begin en volhou.

Dit hou ook geen voordele in as jy een intense sessie van ‘n uur doen en dan die volgende dag so styf is dat jy nie kan beweeg nie. En dan jou oefenplan laat vaar … Hou eerder by ’n oefenplan wat vir jou haalbaar is en wat jy elke dag kan volhou.

Lees ook: Kan oefening jou regtig gelukkig maak?

Jy kan in net ses minute per dag tydens “lockdown” goeie oefening kry

Stel jou wekker

Marc sê dis ‘n goeie plan om met klein treëtjies te begin.

Stel jou selfoonwekker om elke uur af te gaan en doen dan vyf “star jumps” (Spring op met jou arms en bene na die kante sodat jy soos ‘n ster lyk).

Of doen tien opstote teen jou toonbank (staan so ‘n meter weg van die toonbank of jou lessenaar met jou voete bymekaar. Leun vorentoe met jou hande op die toonbank en stoot terug soos met ‘n “push up”).

Lees ook: Oefen lekker en voel sommer baie beter hierdie winter

Neem jouself voor om elke keer wat jy die ketel vir koffie of tee kook ook 30 sekondes te “plank”. Of tien “squats” te doen.

Soos jy beter raak, kan jy meer oefeninge byvoeg en meer herhalings van die bestaandes doen. Stap dan in jou middagete vyf minute in jou tuin of op en af in die oprit as jy kan.

Jy kan ook touspring vir vyf na tien minute. Dit kan jy selfs op ‘n balkon doen.

Lees ook: Die 5 beste oefeninge vir ’n ferm agterstewe wat jy sonder enige gereedskap kan doen

Gratis oefeninge wat jy aanlyn kan vind

Hier is oulike oefenprogramme wat aanlyn beskikbaar is. PLUS dis gratis!

Joga

Doen ’n soektog vir “Free Online Yoga Classes YouTube” vir ‘n groot verskeidenheid jogaklassa wat jy gratis kan aflaai. Yoga with Adriene is byvoorbeeld baie oulik.

Mooi arms

Loer hier vir vier minuut-oefeninge per dag vir mooi arms:

Mooi boude

Loer hier vir die 5 beste oefeninge wat jy vir ’n ferm agterstewe kan doen – klik hier

As jy net ses minute het

… het jy tyd om te oefen! Kyk na hierdie ses minuut-oefeninge van die New York Times. Klik hier

Laai hul gratis interaktiewe gids af. Klik hier

Oefen voor jou rekenaar!

Ja, dis moontlik om sommer daar waar jy sit te oefen! Klik hier  vir lekker oefeninge

Waarvoor wag jy? Dis tyd om fiks te raak!

Jy kan in net ses minute per dag tydens “lockdown” goeie oefening kry

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.