kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Jy kan jou eie blyplek koop

Vroue koop deesdae huis. In 2009 was net een uit elke drie eerstekopers ’n vrou. Nou is ons die helfte. En ons is jonk – gemiddeld 31 jaar oud.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

’n Mens hoor lenings word maklik afgekeur. Toni Fritz, senior bestuurder: huislenings by Standard Bank, sê jy sál suksesvol wees as jy kan bewys dat jy hul vertroue verdien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dink so daaroor: jy wil hê die bank moet jou sowat ’n halfmiljoen rand gee. Net so. Net op jou belofte dat jy sal terugbetaal. Vanselfsprekend wil die bank so baie geld in die beste hande sit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe koop jy jou droomplek? Gebruik ons aftiklys vir al die papierwerk en voorbereiding. Dit ís lank maar hiermee kan jy vanjaar nog saans jou eie voordeur toesluit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

10 goed wat jy móét regkry

1 Kwalifiseer jy?

Dit is die lekkerste eerste stap van jou droom: daardie intik van jou besonderhede op die bank se leningberekenaar op hul webwerf, met die terugvoer: jy kan sowaar Rxxx leen!

Geniet dié oomblik voluit. Bel die agente, werk die eiendomstydskrifte deur en boer op die Internet. Maar neem die bedrag met ’n gróót knyp sout, want banke kyk baie dieper.

2 Kry bewyse vir jou inkomste bymekaar

Die bank wil weet jy bring konsekwent genoeg geld in vir élke maand se paaiement. Dit is maklik as jy vir ’n maatskappy werk: kry net jou salarisstrokies vir die afgelope ses maande. As jy byverdien, of ’n rente-inkomste het, sit bewyse daarvan ook by.

As jy op kontrak werk, dien afskrifte van jou kontrakte in en vra jou groot klante om amptelike briewe wat jou inkomste vir die afgelope jaar bevestig.

Werk jy vir jouself? Stel dan ’n oortuigende inkomsteprofiel so saam:
• Lê jou bankstate vir die afgelope 18 – 36 maande voor (daarom dat jy hulle moes hou. Jy kan hulle terugwerkend trek, maar net die laaste ses maande s’n is gratis).
• Laat jou boekhouer ’n staat van jou inkomste en uitgawes opstel, wat die bank jou bruto wins wys. Langer rekords maak jou saak sterker.
• Bewys hoeveel geld vorentoe wag. Lê afskrifte voor van kontrakte wat reeds aangegaan is en uitstaande bedrae wat jou klante in die volgende paar maande sal betaal.

3 Jy weet wat jy kan bekostig

Blyplek kos meer as die paaiement: water en krag, heffings, munisipale belasting, parkeerhuur, onderhoud en DSTV kan jou maklik nog R1 500 en baie meer kos.

4 Bewys jy het geld vir die paaiement

Maak ’n lys van jou maanduitgawes teenoor jou inkomste sodat die bank sien daar is geld oor. Moenie items weglaat nie, want hulle toets of jy realisties is. As jy ’n tipiese uitgawe uitlaat (soos petrol of die motorpaaiement, want jou man dra dit), wys dit spesifiek uit.

5 Kry ’n Plan B

Dit skep vertroue by die bank as jy ’n geldmarkrekening of effektetrusts vir sowat drie maande se paaiemente het, veral as jy vir jouself werk en swaar maande kan tref.

6 Bou ’n deposito op

Die feit dat jy ’n deposito opbou, beteken dat jy in effek reeds ’n paaiement betaal én die finansiële vermoë en dissipline het om dit te doen. Vir die bank klink dit briljant.

Dalk kry jy in elk geval net 80% – 90% van die koopsom – R50 000 op ’n koopsom van R500 000 -R600 000.

7 Jy is reg vir transaksiekoste

Maak reg vir minstens R15 000, plus sowat 8% van die koopprys as jy bo R600 000 koop om die prokureursgeld, oordragkoste en aktekantoor se bedrag te dek.

8 Monitor jou kredietprofiel

Bly jy weg van skuld? Dit is ’n fout, want daarsonder bou jy nie kredietwaar-digheidsgeskiedenis nie. Dus: kry ’n kredietkaart en gebruik dit, of maak ’n klererekening oop, kry ’n selfoon op kontrak, of huurkoop ’n TV of motor. Maar oppas: die bank gaan jou nie ’n sent leen as jy klaar in die skuld verdrink nie. Die geheim is skuld, min daarvan en baie getroue terugbetaling.

9 Gebruik die kredietburo’s se geskenk

Hulle gee vir jou jaarliks ’n gratis kredietverslag in jou verjaardagmaand. Dit is ’n kosbare geskenk, want dit gee jou die kans om seker te maak jou kredietprofiel is skoon én om skuld af te betaal voor die bank dit opspoor en jou gevolglik afkeur.

10 Rotsvas en stabiel

Dit tel as jy minstens twee jaar op een plek woon, by een maatskappy werk, of konsekwent bevordering kry of groeiende inkomste kan bewys.

Jou eerste bankkontak

11 Vir hoeveel kan jy soek?

Jy kan die Internet- leningberekenaar glo en gaan huis soek. Maar dit is net ’n breë riglyn, en jy kan te duur mik. Of jy kan die bank om ’n akkurater leningswaarborg (pledge) vra.

12 Makelaar of direk?

Leningsmakelaars (bond originators) soos ooba is gerieflik. Hulle kos jou niks nie, aangesien banke hulle ’n vindersbedrag betaal. Hulle sal jou ’n goeie aanduiding gee van waarvoor jy kwalifiseer en jou hele leningsaansoek hanteer.

Maar jy kan sélf bank toe gaan. Die meeste banke reik net waarborge aan hul eie klante uit. Jy is dus tot een bank beperk, teenoor die spektrum van die leningsmakelaar.

13 Reg vir die verkennende afspraak

Moenie sommer net by die bank/makelaar opdaag nie: maak ’n afspraak. Dit skep vertroue dat jy jou sake verstandig bestuur. Bring alles wat jy in 1-10 reggesit het, plus jou ID en bewys van adres. Nou gaan jy die eerste pluksel vrugte van jou huiswerk oes.

Jy, die ernstige koper

14 Soek

Dis opwindend én frustrerend. Maak reg vir vele teleurstellings, soos om jou hart te verloor op ’n onbekostigbare plek, of een met té ernstige gebreke, of om ’n koop te verloor omdat jy wou dink. Iewers wag jou droom!

15 Jou eiselysie

Hoe lyk jou droomplek? Hmm … hy bestaan nie. Maar jy kan naby aan hom kom. Deel jou lysie in twee: jou dealbreakers en die lekker ekstras. Fokus op jou ononderhandelbare eise.

16 Jou adres

Watter gebiede werk vir jou? Ligging tel as jy eiendom as ’n belegging beskou. Sosio-kulturele aspekte is ewe belangrik – soos om naby skole te wees, tuis te voel in die omgewing, veiligheid, netjiese sypaadjies en die afstand van jou werk of openbare vervoer. Hoe lyk dit daar op ’n Saterdag? Voel jy gemaklik?

17 Verken wyd

Dit gee jou ’n aanvoeling vir billike kopies. Buiten eiendomsagente en -publikasies kyk op die Internet soos na banke se terugnemings, en op eiendomswebwerwe soos Go2Homes, met hul selfdoendiens wat jou aan kommissie spaar, en MyRoof.

Kry & koop

19 Reg of weg?

Sê gou ja maar teken stadig. Voor jy teken, vind alles wat jy kan oor jou kopie uit. Vra die munisipale stadsbeplanner omtrent beplande hersonerings vir die omgewing. Google die gebied saam met woorde soos “new regulations”, “safety”, en “problem” … en kyk op Google se vierde bladsy óók.

Kan jy die munisipale rekening, heffings, belasting, tipiese water en ligte en ander verpligte uitgawes per maand op die eiendom bekostig?

As jy ’n woonstel of deeltitel koop, vra die bestuursliggaam se jongste finansiële staat, jaarverslag en notule. Die notule verklap probleme in die kompleks. As hul finansies gesond is, sal daar ’n stewige banksaldo en geld vir onderhoud en versekering wees.

20 Stry die prys af

Die eienaar verwag nie volprys nie.

21 Ja dankie!

Jy en die eienaar skud hande. Nou kom jou aanbod. Dit word ’n koopkontrak sodra hy teken. Waar kry jy ’n aanbod/kontrak? Agentskappe verskaf standaardkontrakte. Of jou prokureur kan een opstel. Of kry ’n standaard Suid-Afrikaanse kontrak by CNA of op die Internet. Goeie kontrakte spesifiseer okkupasiehuur, as jy wil intrek voor die eiendom op jou naam is. ’n Billike bedrag beloop soveel as huur in die omgewing. Watter vaste items (fixtures & fittings) bly agter – van gordynrelings tot die stoof en skaars tuinplante? Aan watter voorwaardes is die koop onderhewig? Vra uit tot jy elke klousule verstaan.

Kry daardie lening

22 Vra reg

Jou voorbereiding gaan jou nou deurtrek. Sit die kontrak, al jou voorbereide papierwerk, ID en bewys van adres bymekaar en gee dit vir jou leningsmakelaar. Of stap daarmee onder die arm bank toe.

23 Die naelbyt wag

Dit neem tot drie weke voor jou aansoek goed- of afgekeur is.

24 Onderhandel

Lenings is gewoonlik teen primakoers plus ’n persentasie vir twintig jaar. Alles is onderhandelbaar – selfs as hulle jou afkeur. Vra of hulle jou sal oorweeg teen ’n bekostigbaarder langer afbetaaltyd? Vra die eienaar of hy sy prys sal verminder sodat jy minder kan leen.

As die bank ja sê, vra of jy kan leen teen laer as prima? As hulle meer as prima vra, vra waarom sodat jy kan kyk hoe jy jou leningsrisiko kan verbeter. Kyk wat gebeur as jy ’n vaste of wisselende rentekoers vra.

25 Teken weer

’n Prokureur, aangewys deur die bank, sal die leningskontrak (dit is ’n ander kontrak as die koopkontrak) met jou deurgaan.

Jóúne!

26 Skink die vonkelwyn

Maar eers ná jy deur die hele proses is, met ’n hele paar besoeke aan die prokureurs, vorms om te voltooi en so aan. Werk saam, vir ’n vlot, vinnige verloop.

27 Maak gereed vir jou eerste paaiement

Vra die registrasieprokureur hoe lank registrasies op die oomblik neem sodat jy weet wanneer dit sal wees.

Kies jou maandelikse paaiementdatum, soos net ná jou salarisdatum. As jy vir jouself werk, maak elke maand seker jou saldo op dié datum dek die paaiement. As jy vasbrand, bel die bank vooraf en tref ’n reëling vir watter dag die paaiement moet afgaan.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.