kategorieë: KosJy kan

Jy kan kalkoen gaarmaak

Kies ’n vars kalkoen wat verkieslik nie met ’n soutoplossing ingespuit is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kalkoene wat van Amerika ingevoer word, word met ’n soutoplossing ingespuit om droogheid te voorkom, maar kan te sout wees. Ontvries die kalkoen geleidelik en maak so gou moontlik gaar. ’n Ontvriesde kalkoen moet liefs nie vir langer as twee dae in die yskas gehou word nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Kalkoen met gegeurde botter en lemoensalsa

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Voorbereiding

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1 Verwyder die sakkie met die binnegoed. Was die kalkoen met koue water uit en druk droog met kombuispapier.

Om te vul

2 Skep die vulsel net in die nekgedeelte van die kalkoen – sonder om dit in te druk – sodat die hitte eweredig versprei. Sowat 225 g vulsel vir elke 2,3 kg kalkoen is voldoende.
3 Moenie die kalkoen met die vulsel vries nie. Die vulsel sal nie genoegsaam vries om die vorming van bakterieë te voorkom nie. Vou die nekvel terug sodat die vulsel nie uitbak nie.

Opbind

Stap vir stap – Die kalkoen word met kombuistou vasgebind om die vulsel binne te hou. Dit hou die kalkoen ook netjies bymekaar sodat dit nie oneweredig bak nie.

1 Verwyder die wensbeentjie met ’n mes.
2 Sit die kalkoen op sy rugkant neer.
3 Knip ’n stuk kombuistou van sowat 1,2 m lank. Sit die tou onder die kalkoen se skouers.
4 Trek die tou in die lug op en bind die punte van die vlerke vas.
5 Bring die tou na die nek en trek onderdeur na die stertjie toe.
6 Trek die tou in die lug op, kruis en bind die kneukels vas.

Kerf dit so

Stap vir stap –

1 Sit die kalkoen op sy rugkant neer. Verwyder die kombuistou en druk die kalkoen stewig met ’n vurk vas.
2 Sny die vel tussen die boudjies en die borsies deur. Sny die vlerkies horisontaal af.
3 Sny die borsies in diagonale skywe af tot by die vulsel by die nekgedeelte, werk na die ribbekas toe.
4 Om die boudjies te verwyder: Trek die boudjie en sny deur die kraakbeen. Sny die vleis gelyk met die been van die boudjies af. Sny die dytjie ook in skywe.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

23 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.