kategorieë: DekorLeefstyl

Jy kan ’n plastiekvrye badkamer skep

Jy kan ’n plastiekvrye badkamer skep deur Cornel Dunn. Hooffoto deur Pixabay.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bioafbreekbare plastiekvrye wattestokkies

Wattestokkies is van die toptien-rommelitems wat op ons strande rondlê en kan die seelewe benadeel. Mense is ook geneig om hierdie stokkies in die toilet af te spoel. Gebruik eerder hierdie bioafbreekbare stokkies om te verseker dat hulle nie jou omgewing benadeel nie.

Lees ook: 9 maniere om plastiekvry te lewe

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Koekies seep

Bly weg van vloeibare seep, want dan vermy jy die plastiekbotteltjies en -sakkies waarin hulle voorkom. Verder bevat koekies seep nie soveel water soos vloeibare seep nie en is hulle boonop kostedoeltreffend.

#rrWenke:

Kies seep met die minimum verpakking. Gaan soek by zero waste-winkels, markte en ander winkels wat los koekies seep sal verkoop.

Gebruik natuurlike seep sonder chemiese bestanddele, dis beter vir jou vel en vir die omgewing.

Vermy seep met palmolie. Laasgenoemde is baie skadelik vir die omgewing en die diereryk.

Lees ook: 10 stappe nader aan ’n zero waste leefstyl

Plastiekvrye sjampoe en opknapper

Hierdie haarprodukte is nou in ’n koekievorm beskikbaar! Buiten die voordele vir die omgewing en die feit dat jy nie meer honderde leë plastiekbotteljies sal weggooi nie, is  die meeste van hierdie produkte ook sulfaatvry, wat beter is vir jou hare.

Lees ook: Maak jou kind “groen” groot – dis makliker as wat jy dink!

Vermy plastiektandeborsels

In Amerika word jaarliks 22 000 000 kg tandeborsels weggegooi. Gebruik eerder ’n bioafbreekbare bamboes- of houttandeborsel. Omdat die haartjies steeds sinteties is, moet dit verwyder word wanneer jy die tandeborsel weggooi.

Lees ook: Dink voor jy weggooi: Slim wenke vir herwinning

Skoonmaakmiddels

As jy bleikmiddels gebruik om jou badkamer skoon te maak, kies die omgewingsvriendelike weergawe.

The Apothecary Oxygen-bleikmiddel (vanaf R49) Faithful to Nature

Lees ook: 8 van ons gunsteling-skoonmaakprodukte

Reukweerder

Veral reukweerder in sproeivorm is skadelik vir die omgewing. Gebruik eerder rome en olies met natuurlike produkte.

Natural Yogi Frankincense reukweerder (R82) Shop zero

Verskaffers:

Takealot |www.takealot.com

Rain | www.rainafrica.com

Shop Zero | www.shopzero.co.za

Dis-Chem | www.dischem.co.za

Lush | www.lush.com

Faithful to Nature | www.faithfultonature.co.za

Unicorn Café | www.unicorncafe.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

24 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.