kategorieë: Gesondheid

Jy vra: Hoekom is medisyne geskeduleer?

Dit werk so:

Skedule 0
Middels vir siektes wat jy maklik self diagnoseer; betreklik veilig; voorskrif onnodig; te koop in enige winkel. Voorbeelde: laesterkte-aspirien en parasetamol.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Skedule 1
Vir siektes wat jy self maklik diagnoseer; veilig mits korrek gebruik; voorskrif onnodig. Voorbeeld: verkouemiddels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Skedule 2
Vir kwale wat jy self maklik diagnoseer; klein risiko met verkeerde gebruik; klein risiko op gewoontevorming; voorskrif onnodig maar moet deur apteker verskaf word, saam met ’n verduideliking van korrekte gebruik. Rekord word gehou van gebruikers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Skedule 3 en 4
Vir siektes wat medies gediagnoseer en gereeld gemonitor moet word, soos hoë bloeddruk, diabetes en infeksies; slegs op voorskrif; herhaalvoorskrifte beperk tot ses maande; in ’n noodgeval kan die apteker eenmalig ’n medisyne verkoop, binne die riglyne van die oorspronklike voorskrif.

Skedule 5
Vir kwale wat medies gediagnoseer en gemonitor moet word; ’n klein tot matige potensiaal vir misbruik of gewoontevorming; pasiënte se voorraad word beheer; voorskrif noodsaaklik; herhaalvoorskrifte vir langer as ses maande moontlik, mits die voorraad noukeurig beheer word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Skedule 6
Vir toestande wat medies gediagnoseer en gereeld gemonitor moet word; matig tot uiters gewoontevormend; streng beheer oor gebruikers se voorraad, met net genoeg vir ’n maksimum van dertig dae; voorskrif noodsaaklik en geldig vir net dertig dae; geen herhalingvoorskrifte nie.

Skedule 7
Middels wat nie as medisyne erken word nie; baie hoë risiko op afhanklikheid en misbruik; onwettig om te gebruik tensy vir navorsingsdoeleindes. Voorbeeld: heroïen.

Skedule 8
Middels met ’n baie hoë risiko op afhanklikheid en misbruik maar met bewese geneeskundige waarde by die korrekte dosis; slegs op voorskrif; dokters doen aansoek by die direkteur-generaal van gesondheid om hierdie middels vir spesifieke toestande voor te skryf; net drie middels in hierdie klas, naamlik amfetamien en deksamfetamien (albei vir AAHS) en nabiloon (’n dagga gebaseerde medikasie vir naarheid, veral in geval van kankerterapie).

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

8 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.