kategorieë: Leef gesondGesondheid

Kan jy siek word as jou kat jou krap?

Kan jy siek word as jou kat jou krap?  deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As kiet jou krap

Katte kan té woes speel. Hul vlymskerp naels en tande is oortrek met organismes, waarvan sommige werklik gevaarlik is, soos die Bartonella-spesie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Gevallestudie in ’n 2018-uitgawe van die SA Medical Journal vertel die geskiedenis van ’n gesonde, dertigjarige man wat hartpyn en koors ontwikkel het. Ná vele ondersoeke is  hartklepinfeksie by hom gediagnoseer, met soveel skade dat sy een hartklep uiteindelik vervang is – ’n duur operasie wat jou vier tot ses weke kan neem om behoorlik te herstel.

Die oorsaak? Bartonella – ’n organisme moontlik afkomstig van ’n kat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Hoekom spin katte?

iStock/sandergroffen

Volgens die NIH dra sowat die helfte van katte die organisme in hul bekke en onder hul naels. Aangesien katte ’n mens meestal aan die hande, arms of gesig krap of byt, kan hul lang, smal naels en tande hierdie en/of ander organismes tot naby die been en gewrigte dra.

Hierdie klein, diep wondjies seël baie gou sodat die oorgedraagde kieme diep binne die weefsel begin vermeerder. Dit kan selfs ontsteking van die naaste been of gewrig veroorsaak, of verder deur die liggaam beweeg.

Lees ook: Wat jy moet weet oor hondsdolheid

iStock/PeopleImages

Kan jy siek word as jou kat jou krap?

Al genees die meeste katskraapmerke oornag, moet jy liewer skraapmerke dophou as jou kat se aggressiewe speletjies jou laat bloei het. Maak so:

  1. Was die skraapmerk onder lopende soutwater.
  2. Laat die wond oop bly.
  3. Hou vir 24 uur dop vir rooiheid, swelling, pyn en koors. Maak ook seker dat die naaste gewrig lekker beweeglik bly.
  4. Indien die skraapmerk selfs 72 uur later steeds rooi, geswel of seer raak, laat jou dokter so gou moontlik daarna kyk.

iStock/kimeveruss

Lees ook: Almal is steeds hartseer oor Grumpy Cat

Feit of fiksie? Die waarheid oor ons troeteldiere

Kry katte en honde ook Alzheimersiekte

Mense met troeteldiere is gesonder!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.