kategorieë: In die nuusJou lewe

Maklike waterspaarwenke

Water is ’n onderwaardeerde wonderwerk. Dink net: water kan ’n skip laat dryf én deur jou vingers glip. Dit kook aartappels sag, en eiers hard. Daar is ’n oseaan vol water, en tog is skaarste ’n probleem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vandat klimaatverandering en ernstige waterbeperking ons in die gesig staar, besef ’n mens hoe kosbaar hierdie bron werklik is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Afgesien daarvan dat waterbesparing die groen keuse is, spreek enige vorm van watervermorsing vandag van kortsigtigheid, oningeligtheid en ongesofistikeerdheid. Om water te bespaar, is die enigste vooruitdenkende opsie. Gelukkig is daar talle opsies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As jy enige van die volgende doen, bring jy reeds jou kant:

Jy tap badwater 15 cm diep Jy gebruik 180 liter water
Jy tap badwater 10 cm diep Jy gebruik 60 liter water
Jy stort 7 minute lank, krane heeltemal oop Jy gebruik 105 liter water
Jy stort 4 minute lank, krane toe terwyl jy inseep Jy gebruik 24 liter water
Jy gebruik die volspoel-toiletknoppie Jy gebruik 15 liter water
Jy gebruik die halfspoel-toiletknoppie Jy gebruik 9 liter water
Jy gebruik ’n gewone skottelgoedwasser Jy gebruik 40 liter water
Jy gebruik ’n waterwys-skottelgoedwasser Jy gebruik 12-20 liter water
Jy was self op en gebruik minder water, sonder spoel Jy gebruik 20 liter water
Jy tap die ketel vol as jy net vir jouself tee/koffie maak Jy vermors 1,75 liter water
Jy tap 1-2 koppies water in die ketel Jy vermors 0,25 liter water
Jy gooi ekstra kookwater in ’n warmfles Jy vermors 0 liter water

Nog maniere om water te bespaar

  • Jou krane het aeriators of kleppe om vloei te beheer.
  • Daar is geen druppende krane in jou huis nie.
  • Jy draai die kraan toe terwyl jy jou tande borsel.
  • Jy skeer en was nie jou hare met ’n lopende kraan nie. Jy spoel net af in lopende water.
  • Jy het ’n waterspaar-toilet of ’n halfliter bottel water in die tenk om minder water te gebruik.
  • Jy gaan jou toilet gereeld na om te verseker dat dit nie water lek nie. (Hoe? Sit ’n bietjie kleursel in die tenk, en kyk of dit na onder toe uitloop. Maak die seël reg as dit water lek.)
  • Jy spoel jou slaai en groente in ’n bak af en gooi die water in jou tuin of op jou potplante.
  • Jy het ’n voorlaaier-wasmasjien omdat dit minder water gebruik as ’n dubbelbalie of toplaaier. Of jy gebruik ’n waterspaar-siklus of ’n masjien met ’n ladingsensor wat die watergebruik outomaties aanpas by die hoeveelheid water in die masjien.
  • Jy het ’n watertenk vir reënwater.
  • Jy het waterwys plante.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Volpunte vir hierdie twee

  • Jy plaas bakkies onder jou geutaflooppype en vang douwater van jou dak af, vir potplante.
  • Jy dra jou badwater tuin toe. Of jy staan in ’n skottel as jy stort, om die water vir jou tuin op te vang.

Lees ook: Plant slim, bespaar water

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.