kategorieë: Sukses en geld

Kanker, geld en jou verlof

Gratis ingebou in jou werkspakket

Elke werknemer – van die junior tot hoofvrou oor honderd – het hierdie wetsbeskermde regte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Jou 36 dae siekteverlof

Vir die eerste ses maande by ’n nuwe werk kwalifiseer jy vir net een dag betaalde siekte verlof per maand gewerk, verduidelik JP Nel van Nel Consult. “Eers daarna kry jy 36 dae oor drie jaar. Dié dae loop nie soos jou verlof maand vir maand op nie. Jy kry jy die volle 36 dae dadelik. Maar jy kan nie ongebruikte siekteverlof na jou volgendesiklus van drie jaar oordra nie – en ook nie na ’n volgende werkgewer as jy van werk verander nie. “Teen die tyd dat jy so siek is dat jy 36 dae nodig het, het jy waarskynlik al jou siekteverlof gebruik. Verdere dae is onbetaald. Maar jy kan jou gewone verlof gebruik.” Nog ’n plan van JP: Onderhandel met jou werkgewer oor voldae en halfdae, om so jou betaalde siekteverlof te rek. Jy kan dalk soggens werk en smiddae vir terapie gaan, of net sekere dae werk. Maak ’n billike voorstel en kyk wat gebeur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2 Tydelike ongeskiktheidsverlof

Min werknemers weet van dié reg. As jy enigiets langer as ’n maand siek gaan wees, kan jy jou aftreefonds vra om jou tydelik ongeskik te verklaar. Ongelukkig kwalifiseer jy hiervoor eers ná al jou siekteverlof en jou vakansieverlof deur jou siekte opgeslurp is, sê JP. “Pleks van heeltemal sonder inkomste op onbetaalde verlof te wees, kry jy darem 75% van jou vol salaris terwyl jy tuis bly. Jou pensioen gaan voort, sonder onderbreking, omdat jy en jou werkgewer steeds bydra.” Hoeveel tydelike ongeskiktheidsverlof kan jy kry? “Dit kan tot elf maande wees, maar dit hang af van die redes waarom jy nie kan werk nie en van die reëls van jou aftreefonds. Gewoonlik moet jou aansoek deur ’n dokter, arbeidsterapeut, sielkundige of soortgelyke persoon gemotiveer word.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3 Permanente ongeskiktheid

“Dit is die groot een, en glo my as jy hiervoor kwalifiseer, sal jy uit die diepte van jou hart wens dat jy maar net gewoonweg kon bly werk. Dit is ’n hele proses om medies ongeskik verklaar te word, met reëls wat verskil tussen werkgewers, aftreefondse en hul versekeraars. “Moenie dink permanente ongeskiktheid is noodwendig permanent nie. Die reëls word deur jou soort aftreefonds bepaal.

As jy aan ’n pensioenfonds behoort, word jy gereeld geëvalueer, en as hulle bevind jy is ná ’n jaar of tien so goed soos nuut, word jy in jou pos heraangestel en moet jy weer jou brood in die Bybelse sweet van jou aanskyn verdien. Ek moes al ’n persoon ná tien jaar heraanstel – wat ’n ewe groot verrassing vir hom én sy vorige werkgewer was.” En wat as jy ’n voorsorgfonds vir aftrede het en ongeskik verklaar word?

“Dan het jou latere gesondheid geen effek nie. Jy ontvang met werksongeskiktheidsverklaring ’n eenmalige bedrag, en jou en jou werkgewer se paadjies skei finaal.”

Koop self ekstra voorsiening

Elkeen van die groot finansiële instellings het inkomstebeskerming en ekstra dekking teen gevreesde siektes. Jou premie en uitbetaling word bepaal deur hoe jonk en gesond jy is op die dag dat jy begin. Jy kan dus nie verwag om op 50 net R500 per maand te betaal en daarvoor R5 miljoen per jaar te kry nie. Ons gebruik die opsies van Discovery Life, maar Sanlam, Mutual en die banke bied almal soortgelyke dekking aan. Die tipiese reeks opsies lyk so:

4 Inkomstebeskerming

Waarvoor is dit? Dit vervang jou inkomste as jy nie kan werk nie. Jy trek as ’t ware ’n salaris. Het jy dit nodig? As jy vir jouself werk, beslis. En as jy ’n salaristrekker is? Dink aan die volgende: As jy ná jou herstel nie meer dieselfde kan doen as tevore nie, het jou werkgewer die volste reg om jou ná konsultasie in ’n pos met ’n ligter lading en teen ’n kleiner salaris te plaas, of jou ’n pakket aan te bied, sê JP.

“Arbeidswetgewing bepaal net dat jou pakket gelyk aan een week se salaris per jaar diens moet wees – ’n baie dun stapeltjie note as jy nog net ’n jaar of twee diens het. Jy moet dan as ’n minder gesonde mens op die oop mark meeding om iewers werk te kry.” Gareth Friedlander, hoof van navorsing en ontwikkeling by Discovery Life, sê hulle kry die meeste eise om inkomste te vervang van eienaars en direkteure van kleinsakeondernemings (16%); dokters (10%) en fisioterapeute (4%).

En die redes vir swak gesondheid? “Dink beslis aan hierdie soort dekking as jou werk een of ander risiko inhou, soos rugpyn of spierooreising as jy ’n fisioterapeut is, of jou hande as jy ’n musiekonderwyser of tandarts is, of as baiemense in jou beroep tot depressie of enige ander siekte neig. Dink ook aan inkomstebeskerming as jy ’n roker is, want dit stoot jou risiko’s vir hartsiektes en kanker met 30%-50% op.

As diabetes, kanker en hartkwale dik in jou gene loop, is jou langtermynrisiko ook hoër om vroeër of later ’n tyd lank buite aksie te wees.”

• Jou inkomste en verpligtings neem elke jaar toe. Moenie vergeet om jou dekking daarby aan te pas nie.
• Maak seker jou dekking stel jou in staat om later weer te eis. As jou rug een keer so seer was dat jy ses maande lank moes rus, kan jy verwag dat jou rug ’n paar jaar later weer kan lol. Discovery sê sowat 80% van eisers stel ’n tweede eis in.

5 Gevreesde siektevoordele

Waarvoor is dit? Hierdie eenmalige uitbetaling is bedoel om al jou ekstra uitgawes te dek as een van die gevreesde siektes soos kanker of hartkwale toeslaan. Jy kan eis vir tuissorg en al die aanverwante uitgawes weens jou siekte, soos om jou huis rolstoelvriendelik te maak. Party van die soort dekkings betaal die uitgekontrakteerde deel van mediese uitgawes wat nie deur die gewone mediese fonds gedek word nie, soos genetiese toetsing.

Het jy dit nodig? Dit is baie nuttig as jy ’n salaristrekker is wat nie sommer toegang tot groot bedrae ekstra geld het nie. Dit is interessant om te kyk waarvoor Discovery Life die meeste uitbetaal. Gareth sê onder hul lede is kanker, en veral borskanker, die hoofrede vir eise van vroue.

“Onder vroue tussen 31 en 40 is 42% van die eise vir gevreesde siektes vir borskanker. In die 51-60 jaar groep styg dit tot 57%. Dit daal tot 27% in dié bo sestig. Vroue onder dertig eis selde vir borskanker – onder hulle is die algemeenste gevreesde siekte (25% van ons eise) vir velkanker. Mans se eise was om die helfte vir hartsiektes (35%) en kanker (30%), en veral vir bloed- en testikulêre kanker.”

6 Onkostedekking

Waarvoor is dit? Die bedoeling is om al jou uitstaande skuld te delg, soos jou huislening of motorpaaiement sodat jy nie jou blyplek en vervoermiddel saam met jou inkomste verloor nie. Vra verskillende maatskappye om kwotasies sodat jy die aanbiedings kan vergelyk. Let op hoe lank jy siek moet wees voor die dekking inskop. Dit kan maande neem voor jy werklik ongeskik verklaar word en jy dus sonder inkomste sit. Party soos Discovery se Capital Disability Benefit sal ná elke vier maande waarin jy minstens 80% van jou inkomste verloor, vir jou 2,5%van die versekerde bedrag uitbetaal sodat jy ten minste iets kry.

“Vra ook uit of die dekking oorskakel na ’n Gevreesde Siektevoordeel sodra jy 65 is, sonder dat jy eers weer vir ’n gesondheidsklaring hoef te gaan. Dit is ’n groot voordeel, want ná 65 slaan een van die gevreesde siektes vroeër of later toe,” sê Gareth.

Het jy dit nodig? Dit hang af hoeveel jy skuld. As jy min skuld, is dit nie nodig nie.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.