kategorieë: Ontspanning

Kankermaand 2012

2012 ghd Style-A-Thon

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die 2012 ghd style-A-Thon is soortgelyk aan KANSA se Shavathon waar lede van die publiek die kans gegun word om hul hare af te skeer om geld vir kankerbewustheid in te samel. Met die ghd style-A-thon kry vrywilligers die geleentheid om hul hare deur professionele haarstiliste te laat stileer. Die style-A-thon word vanjaar vir die tweede keer aangebied en alle geld gaan aan KANSA.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Waar en wanneer vind die ghd style-A-thon plaas?
Saterdag 27 Oktober, en Sondag 28 Oktober by winkelsentrums in Johannesburg, Durban en Kaapstad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Cancer.vive

Cancer.vive is ’n kankerbewustheid- en opvoedkundige inisiatief wat deel vorm van die organisasie PLWC (People Living With Cancer). Die hoofdoel van hierdie organisasie is om jaarliks 30 000 mense deur verskeie veldtogte en projekte te bereik. Een van hierdie veldtogte is ’n motorfietsrit wat vrywilligers spesifiek vir liefdadigheid aanpak. Die veldtog fokus daarop om veral mense in landelike gemeenskappe en klein dorpies van die sogenaamde “skaam” kankers (bors, ovariaal, testikulêr, prostaat en kolorektaal) bewus te maak.

’n Skokkende feit is dat meer mense wêreldwyd aan kanker sterf as aan HIV/vigs, TB en malaria tesaam. Hoewel nie alle kankers beheer kan word nie, kan 30% kankers voorkom of behandel word indien dit vroegtydig gediagnoseer word. Dit is onder andere die boodskap wat Cancer.vive aan diegene wil oordra wat oningelig is oor die siekte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die motorfietsrit word deur individue ondersteun wat kanker oorleef het en vanjaar sal meer as vyftig mense die rit na plekke soos Soweto, Witbank, Sabie, Nelspruit en Mantongomane aanpak.

Die Cancer.vive motorfietsrit vind plaas tussen 22 en 28 September 2012.

Foto’s van verlede jaar se Cancer.vive motorfietsrit

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

9 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.