kategorieë: Nuut & NouKos

Kantonese-eendborsies met lietsjie-en-brandewyn-pansous

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• 4 eendborsies
• growwe sout
• 30 ml (2 e) botter
• 2 gekapte salotte
• 1 blikkie (400 g) gedreineerde lietsjies, gekap
• 125 ml (1/2 k) brandewyn
• 125 ml (1/2 k) hoenderaftreksel
• Chinese 5 speserye, gemaal
• 30 ml (2 e) Hoisinsous
• sprietuie, in dun repies gesny
• koljander

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Vir die eendborsies, maak vlak kepe in die vel, maar wees versigtig om nie deur die vel te sny nie.
2. Lê die velkant na onder op ’n lagie growwe sout, met ’n gewig op die vleis, vir 20 min. Verwyder van die sout en gooi die sout weg.
3. Gooi ys in ’n skinkbord en bedek met kleefplastiek.
4. Plaas die eend, velkant na onder, met ’n gewig op die vleis, op ys vir 15 min.
5. Droog die eendborsies goed af met papierhanddoek. Vryf die Chinese 5 speserye poeier op die vel.
6. Sit die eendbors velkant na onder in ’n koue pan, en verhit stadig oor ’n lae hitte.
7. Skep die vet af en hou eenkant. Draai eers om wanneer die vel al die vet vrygestel het. Kook die ander kant vir 5 minute.
8. Plaas in ’n koel oond (140 °C) vir 10 tot 20 min. Die eendborsies moet nie oorgaar wees nie, dit moet nog ligpienk binne wees. Laat rus vir sowat 10 min. voor dit op die skuinste in repies gesny word.

Vir die pansous:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Voeg botter, gekap salotte (of rooi uie) in diselfde pan en karameliseer.
2. Voeg die gekapte en gedreineerde lietsjies by.
3. Voeg nog 5 ml (1 t) Chinese 5 Speserye-poeier, Hoisinsous en vars gemaalde swartpeper by.
4. Voeg die brandewyn en hoenderaftreksel by, verminder met ten minste die helfte en bedien saam met die eend.

Sumsaré

Proenotas
• Gedroogde perskes en appelkose, sitrus en pynappel op die neus, bedek met vanielje. ’n Diep en komplekse geur wat op die palet agterbly met ’n droë nasmaak wat aan ’n goeie Cognac herinner.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

15 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.