kategorieë: Blogs

Reis na Indië

Shireen Louw, stigter van www.inspiredwomen.co.za gebruik haar diploma in  Publieke Verhoudings saam met haar 10 jaarlange ondervinding as fotograaf en videograaf om seker te maak dat Inspired women altyd pragtig vertoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sue Duminy, mederedakteur van www.inspiredwomen.co.za en styl/skoonheidskenner gebruik haar BCS-graad in Klere Bestuur om seker te maak die modes en produkte wat op die blog verskyn is altyd perfek afgerond.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Delhi, Indië

Indien Indië nog nooit op jou lysie was van plekke waarheen jy nog wil reis nie, is dit nou die tyd om ’n nota te maak. Indië is ’n plek van vele wonders, eeu-oue kulture en besienswaardighede.

Toe ons besluit het om ons reisblog af te skop deur Indië te besoek, kon niks ons regtig voorberei op die feit dat dit jou werklik met ander oë na die wêreld laat kyk nie. Ons het almal al foto’s en video’s gesien van Indië, maar niks kan jou voorberei vir die ondervinding deur jouself daar te bevind nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons eerste stop in Indië was Delhi, en wat ’n ongelooflike plek is dit nie. Delhi is die hoofstad van Indië met ’n bevolking van 18,6 miljoen mense.

Ons was by die Humayun Tomb. Dit is as ’n Wêreld Erfenis-gebied verklaar en moet op jou lysie wees om te gaan besigtig. Die gronde is redelik groot so jy kan jou tyd neem om alles te bekyk. Die Humayun Tomb het ’n ryk geskiedenis, maar die een groot faktor waaroor almal praat, is die feit dat dit ’n opvallende ooreenkoms het met die wêreldbekende Taj Mahal wat gebou is na die Humayun Tomb. Die argitektuur is onmiskenbaar dieselfde.

Dit kos 500 Rupees om die Humayun Tomb te besoek en jy kan so lank as wat jy wil daar vertoef.

Chandi Chowk Market

Wow! Daar is min dinge in die lewe wat mens so sprakeloos laat soos die Chandi Chowk Mark in Ou Delhi. Dit is een van die grootstes en besigste markte in Delhi (en as ek sê dit is besig, dan bedoel ek dit is vyf keer erger as spitsverkeer op ’n Vrydagmiddag), daar is min dinge wat ek al beleef het wat my so oorweldig het. Vreemde en deurmekaar reuke en klanke tref jou alles op een slag. Dit is omtrent ’n warboel van goed wat alles tegelykertyd by die mark gebeur.

Daar is duisende mense wat soos miere heen en weer stap, trapfietse, scooters, tuk-tuks wat met mekaar kommunikeer deur toeter te blaas, mense wat skree en goed probeer verkoop, honde wat blaf, straatverkopers wat kos langs die pad braai en bak – dit alles terwyl jy oor mense moet klim  wat op die vuil straat lê en slaap.

Wat baie treffend en ongelukkig baie opvallend was, was die absolute armoede wat in Indië heers en in die Chandi Chowk Mark is dit amper oorweldigend. Dit maak mens ontsettend dankbaar vir wat jy in die lewe het as jy sien hoe ander mense sukkel om ’n bestaan te maak.

Ons het daar weg gestap, nie heeltemal seker hoe om die massas mense te help wat bedel om aan die lewe te bly, die siekes wat dringend mediese hulp kort of die straathonde wat oral loop en snuffel vir ’n krummeltjie nie. Mens stap weg, heeltemal oorweldig oor alles wat mens sien en beleef.

Daar is ’n spesery-mark wat ook deel is van die Chandi Chowk Mark. Maak seker jy besoek dit vir ’n onvergeetlike ervaring.

Onthou: Wanneer jy na die Chandi Chowk Mark wil gaan, wees bedag dat daar ’n sentrale aflaaipunt is want geen kar of taxi mag in die mark gaan nie. Huur ’n fiets of tuk tuk tussen 200 en 500 Rupees om jou heen en weer te karwei.

Die Red Fort

Die Red Fort is geleë oorkant die Chandi Chowk Mark en is ook ’n Wêreld Erfenis-gebied. Dit is redelik groot wanneer mens die gronde betree, en jy het ten minste ’n uur en meer nodig om alles behoorlik te bekyk.

Die Red Fort het pragtige argitektuur en groen grasperke waar jy lekker kan uitrus indien jy sou wou. Maak seker jy neem ’n bottel water saam met jou aangesien ons nêrens plekke gesien het waar jy wel sou kon water koop nie.

Daar is klein winkeltjies wat plaaslike handgemaakte goedere verkoop vir ’n ietsie om saam te neem huis toe.

Foto’s: www.shireenlouw.com. Besoek ook www.inspiredwomen.co.za vir meer besonderhede.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.