kategorieë: Nuut & NouKos

Vichyssoise-sop met chorizo

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• 500 ml (2 k) aartappels, geskil en in blokkies gesny
• 60 ml (4 e) botter
• 6 preie, gewas en in 1 duim-lengte stukke gesny
• 1 ui, gekap
• 750 ml (3 k) hoenderaftreksel
• 80 ml (1/3 k) brandewyn
• 5 ml (1 t) sout
• 2,5 ml (½ t) swartpeper
• knippie vars tiemie
• 500 ml (2 k) crème fraîche
• 1 chorizo-wors, op die skuinste gesny

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Smelt die botter in ’n middelslag kastrol en braai die preie, uie en tiemie tot sag. Voeg die brandewyn by en kook dit af.
2. Voeg die aartappels by en braai dit liggies vir 8-10 min.
3. Voeg hoenderaftreksel by en prut vir 20 min, totdat aartappels sag is.
4. Geur na smaak met sout, peper en ’n tikkie neutmuskaat.
5. Voeg die creme fraîche by (hou ’n bietjie vir opdiening) en prut vir 5 min.
6. Skep die helfte van die mengsel in ’n voedselwerwerker of gebruik ’n stokmenger, en meng tot glad. Herhaal met die res van die sop.
7. Braai die gesnyde chorizo in ’n liggies ge-oliede pan. Skep die sop op in sopbakkies en sprinkel van die chorizo skyfies bo-oor eindig met ’n skeppie creme fraiche.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Blaauwklippen 8 Jaar

Proenotas
• ’n Diep oranje-kleur met trekke van droëvrugte, vanielje, rokerigheid en wit sjokolade perfek gebalanseer met subtiele hout, speserye en neut-geure.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.