kategorieë: TrendsMode

Kies skoene vir Vadersdag

Kennith Barlow

Wat is op die oomblik die moet-hê styl van formele skoene vir mans?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die monnik band is hierdie seisoen groot mode. Dis ’n dubbele band met gespes. Die Derby-styl skoene (sonder enige detail op die toon) en skoene met ’n afronding op die toon, is altyd gunstelinge.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

En vir gemaklike skoene?

Die Brogue-stewel is hierdie seisoen beslis ’n moet-hê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waar kom die gewilde brogue-styl vandaan?

Die Brogue-skoen is van Ierland afkomstig. Die geperforeerde gate het toegelaat dat die water van die nat terrein kon dreineer en toe het dit later ’n mode-item geword.

Moet jou skoene en gordel altyd dieselfde kleur wees?

Beslis, veral wanneer jou uitrusting ’n bietjie meer formeel is. Dit dui aan dat die persoon ’n bietjie oor sy uitrusting nagedink het en dat hy aandag gee aan detail.

Watter kleur skoen, na jou mening, pas die beste by ’n vlootblou pak?

Ek sou sê ’n tan-kleur, maar die meer konserwatiewe man sal waarskynlik meer gemaklik met donkerbruin of sjokolade-kleur skoene wees.

Wat is die verskil tussen ’n loafer en ’n Moccasin?

’n Ware Moccasin is verskaf uit een stuk van die boonste materiaal. Die konstruksie van die skoen bestaan uit die boonste leer wat heeltemaal toegedraai word tot onder, rondom die kante van die voet. Moccasins is uiters gemaklik, sag en liggewig.

Loafers is basies aanglip- of plat skoene sonder veters. ’n Maklike manier om te onderskei tussen die twee is ’n loafer het ’n hak, terwyl die Moccasin nooit een het nie.

Watter skoen is die perfekte kopie vir Vadersdag ?

Elke pa is uniek en het sy eie persoonlike smaak. ’n Mens kry alles: van die konserwatiewe pa tot die modebewuste pa. Wanneer jy twyfel, is ’n geskenkbewys ’n baie goeie manier om vir hom die keuse te gee.

Wat is die belangrikste reël om jou skoene behoorlike te versorg?

Die 3 C ‘s in Engels – clean, coat and condition. Maak skoon, bedek en poets. Dit sal beslis die lewensduur van jou leerskoene verleng.

Stewelstyle – wat is in en wat is uit?

Jou tradisionele Chelsea, Desert en Brogue-stewels is almal in die mode. Die Brogue-stewel is beslis die stewel van die seisoen . Dit is ’n maklike dra-styl wat jy informeel of formeel kan dra.

Moet jou sokkies by  jou broek of skoene pas?

Deesdae hoef jou sokkies nie by jou skoene of broek te pas nie, maar dit net komplimenteer. Gebruik sokkies om jou uitrusting ’n blertsie kleur te gee en kies ’n paar sokkies met persoonlikheid wat ’n patroon of bedrukking bevat.

Deel
Gepubliseer deur
Daniela du Toit

Onlangse plasings

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

4 hours Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

1 day Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.