kategorieë: In die nuusJou lewe

Jou kar: Pasop vir seinblokkers

Saamgestel deur Anet Schoeman. Hooffoto: deepblue4you/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jy glo dit gebeur net met ander mense, want jy is oplettend en wakker. Tot jy op ’n dag ingedagte of moeg is en nie toets of jou voertuig wel gesluit is na jy die afstandbeheer gedruk het nie. En met jou terugkeer kom jy agter jou skootrekenaar is uit die kattebak gesteel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Seinblokkers of “jammers” blokkeer die sein wat van jou afstandbeheer gestuur word om jou voertuig te sluit. En dis verrassend maklik om dit reg te kry. Die meeste afstandskakelaars vir hekke werk op dieselfde frekwensie as dié vir jou voertuig. Al wat die seinblokker hoef te doen, is om terselfdertyd die hekafstandbeheer te druk sodra jy die voertuig per afstandbeheer sluit. Die heksein blokkeer dan die motorsein en siedaar! Die voertuig is nie gesluit nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Moenie bloot jou voertuig sluit en dan wegloop nie. Toets altyd by die handvatsel of jou motor werklik gesluit is. Indien dit nie gesluit is nie, klim in jou motor en ry weg. Dis heel moontlik dat die skelms jou van êrens naby dophou. Dis traumaties om ’n slagoffer van seinblokkers te wees en dit berokken ook groot skade.

Praat ook met jou versekeraar om te hoor presies wat jou eie polis dek. Voorheen het versekering net eise uitbetaal vir gesteelde goedere uit voertuie sonder insittendes as daar merkbare tekens van geforseerde ingang was. Weens die toename in diefstalle deur seinblokkers het van die versekeraars die regulasies verander en betaal nou ook uit al was daar nie merkbaar met die voertuig gepeuter nie. Tog is dit onderhewig aan bepalings en voorwaardes.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wenke

  1. Moet geen waardevolle items in jou motor los nie. As dit nie anders kan nie, maak seker dat jy dit in die kattebak toestluit waar niemand dit kan sien nie. Moet ook nie by die winkelsentrum uitklim en oop en bloot jou skootrekenaar in die kattebak toesluit nie. Sluit dit eerder in jou kattebak voor jy by die kantoor vertrek.
  2. Moenie alleenlik op die klank van jou afstandsluitskakelaar let nie. Kyk hoe die motor sluit en luister na die “biep” van die skakelaar.
  3. Toets of jou voertuig wel gesluit is deur die handvatsel te probeer.
  4. Parkeer so na as moontlik aan die ingang van die winkelsentrum omdat daar meer mense en voertuie is.
  5. Pas op. Wees op die uitkyk vir agterdogwekkende mense wat in die omgewing rondhang.

Hierdie inligting is verskaf deur Old Mutual

Lees ook: Wat om te doen as jy in ’n motorongeluk beland

Lees ook: Wees ’n geduldige bestuurder

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck
Tags: aktueelnews

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

23 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.