kategorieë: WenkeSkoonheid

Clare Wiese-Wentzel se beste “mooimaak”-wenke

Deur: Suzanne Kotzé. Hooffoto: Leana Clunies-Ross

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Clare se gunsteling-produkte

Ek gebruik elke dag SPF50 sonskerm; Lamelle Helase 50 (R500 vir 50ml,by uitgesoekte medi-spa’s soos Skin Renewal)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek hou baie van Dermalogica Daily Microfoliant (R1 029).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek glo ook vas in nie-indringende, relatiewe “sagte” behandelings soos Laser Genesis, wat nuwe kollageen stimuleer en die produkte wat ek  reeds gebruik aan te vul. Dit kan mens by Skin Renewal laat doen en dis regtig effektief.

My beste velsorg-raad

Dit help nie jy gebruik die duurste produkte as jy elke somer in die son bak, te min slaap of baie suiker eet nie. Sien velsorg as ’n deel van jou algehele gesondheidsroetine – mens kan die twee nie skei nie. Hoe gesonder jou liggaam is, hoe mooier sal jou vel wees. Moet beslis nie die rol van ’n diëet gevul met “whole foods“, groente en gesonde vette (soos avokado en olyfolie) onderskat nie.

“Sien velsorg as deel van jou algehele gesondheidsroetine – mens kan die twee nie skei nie.”

My gunsteling-grimeervoorkoms

Ek is gaande oor rokerige oë (dramaties of sag) en ’n sagte pienk, natuurlike lipkleur. Ek voel soos ’n vaal muis met “kaal” oë.

Grimering lyk natuurlik altyd mooier as mens genoeg slaap gekry het die aand vantevore en jou vel goed gehidreer en douagtig  (“dewy“) is.

Die een grimeerproduk waarsonder ek nie kan leef nie: Maybelline Collosal Big Shot Volume & Length Mascara (R139,95)

Dit het ek tydens Mooimaak geleer en wat ek graag wil hê vrouens moet besef

  1. Dis nooit te laat om oor te begin nie. Daar is altyd hoop vir ’n mooier toekoms, maak nie saak wat jou omstandighede is nie.
  2. Vrouens plaas dikwels hulle mans, werk of kinders voor hulself. Maar daar is niks om oor sleg of skaam te voel as jy vir ’n slag jouself wil bederf nie. Maak jou eie gesondheid en jou geluk ’n prioriteit. Niemand anders gaan dit vir jou doen nie. Dis eers wanneer jy gelukkig binne jouself is, wat jy werklik na ander kan omsien.
  3. Wanneer vrouens saam staan en mekaar ondersteun, gebeur wonderlike dinge en maak dit soveel moontlikhede oop! Omring jouself met mense wat jou inspireer en aanmoedig en nie afkraak nie. Die lewe is te kort – wees kieskeurig.
  4. Maak werk daarvan om te ontspan! Dis nie net lekker om te ontspan nie: Dit is uiters belangrik, vir jou geestes- en fisiese gesondheid, wat albei direk beïnvloed word deur te veel spanning. Ons leef in ’n wêreld waar ons nooit regtig afskakel nie. Om in ’n konstante toestand van “veg of vlug” te verkeer, laat jou vinniger oud word en verlaag jou liggaam se natuurlike weerstand teen ernstige siektes wat oor ’n tydperk onstaan. Gaan stap drie keer ’n week, doen joga of leer ’n vorm van meditasie.
  5. Al voel jy nie die dag lus nie of al gaan jy deur ’n baie moeilike tyd, trek vir jou mooi aan en sit ’n bietjie lipstiffie aan. Al voel jy nie vol selfvertroue nie, stuur dit die boodskap aan jou en ander dat jy omgee oor jouself. Sê dit ook vir jouself hardop; dis ’n “fake it till you make it”-ding.

Kyk ook: Agter die skerms met Clare Wiese-Wentzel

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

22 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.